Egskeiding: Verstaan jou kind se hart deur Mila se oë – Jannine Bester

R60.00

Description

Egskeiding en die soeke na herstel en genesing is dikwels ‘n moeilike reis vir ouer én kind. Daar is  n verskil tussen om te cope met egskeiding en om suksesvol deur die verbrokkeling van ’n huwelik na genesing en ‘n nuwe lewe te groei. Die ouer is dikwels so uitgeput deur verantwoordelikhede en hantering van eie emosies dat dit moeilik is om tyd en energie te vind om die kind se belewenis en emosies ook nog aan te spreek. Baie ouers sukkel om ‘n aanknopingspunt te vind om met hulle kinders oor egskeiding, die gevolge daarvan asook die betrokke emosies te gesels. Dikwels word hierdie behoefte weens onkunde agterweë gelaat. Daarom het die boek EGSKEIDING – Verstaan jou kind se hart deur Mila se oë, ontstaan. Die boek bevat dertien lekkerleesstories oor alledaagse uitdagings, asook spesifieke uitdagings aan
egskeiding gekoppel. Stories is vir jonger én ouer kinders geskik omdat dit ‘n sekere emosie en uitdaging tydens die storie aanspreek. Hierdie boek is bedoel as ‘n hulpmiddel om kommunikasie tussen ouer en kind aan te moedig en te versterk, asook om onderdrukte emosies by die kind te ontkoppel. Die ontkoppeling van emosies kan vir die kind en ouer ontstellend wees, maar dit is nodig om aangespreek te word sodat die kind suksesvol deur die trauma van egskeiding tot genesing kan groei. Dit word sterk aanbeveel dat ouer en kind hierdie
boek saam sal lees, juis omdat dit emosie by die kind ontkoppel. Indien die boek doeltreffend gebruik word, kan dit vir die ouer en kind tot groot voordeel wees om uitdagings op ‘n emosionele en slim manier te hanteer en na genesing te groei.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui