SA’s se erkende proeflesers

Proeflesers wat voortaan op hierdie blad gebruik sal word, het almal ‘n proeflees kwalifikasie van Leoni Benghiat verwerf, en dit is regtig ‘n BAIE moeilike eksamen, glo my!
Dit is:
Elsabe de Beer               saskrywers.elsabe@gmail.com
Bets Koen                        bets.adminco@gmail.com
Driekie Grobler             driekiegrobler@gmail.com
Annette Odendaal         anode10@gmail.com
Ronel Marè Dunn          Roneldunn@gmail.com

TAALWENKE 13

 

13. Hoofletters
13.1. Algemeen
13.1.1. ʼn Woord wat met ʼn hoofletter begin, behou as woorddeel sy hoofletter na ʼn koppelteken.
Amper-Springbok, voor-BTW-prys, ultra-pro-Russies
13,1,2, Na ʼn dubbelpunt kom daar nie ʼn hoofletter in die normale aaneenlopende volgorde van ʼn sin nie, tensy die teks na die dubbelpunt met ʼn eienaam of ʼn volsin begin.
Ons het die volgende visgereedskap nodig katrolle, stokke, nette, hoeke en dobbers.
Drie van die beste spelers sal deelneem Morné Steyn, Schalk Burger en Victor Matfield.
Dit het lank geneem voor die Vulgaat aanvaar is Dit is eers in die 16e eeu as amptelike Bybel van die Rooms-Katolieke Ker erken.

13. 2. Eiename
13.2.1. Indien ʼn van uit drie los gekrewe dele bastaan, begin die eerste en die laaste deel met ʼn hoofletter, tensy ʼn voorletter of voornaam dit voorafgaan.
Van der Linde maar, Wouter van der Linde (W van der Linde)
De la Rey maar, Anita de la Rey ( A de la Rey)
dr Van der Merwe maar, dr J van der Merwe

Uitsonderings
Anel Janse van Vuuren ( A Janse van Vuuren)
Johan Gey van Pittius ( J Gey van Pittius)

13.2.2.
Vanne wat uit losgeskrewe dele bestaan en as voorname gebruik word, begin met ʼn hoofletter as die betrokke van as naam eerste of alleen voorkom. As só ʼn van na ander name of voorletters voorkom, begin die eerste deel daarvan egter met ʼn kleinletter en begin die laaste deel met ʼn hoofletter (AWS, reël 9.10 (a)
De la Rey Theron, Van Wyk Louw, De Wet Botha
Jan de la Rey Marais, NP van Wyk Louw, JH de W Botha, Frederick van Zyl Slabbert, Le Roux van der Westhuizen, PF de V Clüver, E de la H Hertzog.
LET WEL: Dit is dus die Frederik van Zyl Slabbert Instituut vir Leierskapsontwikkeling. Die naam word afgekort na FVZS Instituut vir Leierskapontwikkeling.
13.2.3. Name van departemente, afdelings, fakulteite en dergelike word gewoonlik met hoofletters geskryf. Wanneer dit ʼn algemene verwysing is, word dit egter met ʼn kleinletter geskryf.
Die Departement van Geskiedenis het ʼn seminaar gehou.
Hy is op pad na die Geskiedenis-departement toe.
Die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe is een van die beste fakulteite in die land.
13.2.4. ʼn Ampsbenaming wat na ʼn individu verwys, begin gewoonlik met ʼn hoofletter. Wanneer dit ʼn algemene verwysing is, word dit egter met ʼn kleinletter geskryf.
Die Rektor van die Universiteit van Stellenbosch sal sy toespraak lewer waarin hy die Universiteit se beleid oor navorsing bespreek. Die Rektor sal sy storie moet ken, want die rektore van vyf ander universiteite gaan ook teenwoordig wees.

13,2. 5. Name van vakke, disiplines, kultivars, diererasse, plantvariëte en landbouproduksoorte begin verkieslik met ʼn kleinletter. (AWS, reël 9.7 en die gepaardgaande opmerkings)

algemene taalwetenskap, fisiologie, hout-en metaalwerk, cabernet, hanepoot, raisin-blanc, kolli, jerseykoei, merino, valencia, hubbardpampoen, camembert, cheddar, roquefort.
LET WEL: Spesifieke modulename, byvoorbeeld ‘Chemiese Ingenieurswese 305’, is ʼn uitsondering op hierdie reël en word met aanvangshoofletters geskryf.

13.2.6. Die vertrekpunt wat betref name van siektes en sindrome is dat dit met ʼn kleinletter begin.
masels, rubella, vigs, diabetes, mellitus, muskulêre distrofie
Siektes en sindrome word wel met ʼn hoofletter geskryf wanneer die naam met ʼn akroniem of eienaam begin.
Duitse masels, MIV/vigs, die MI-virus, Alzheimer se siekte, Down se sindroom.
Waar die betrokke eienaam egter verbleek het ( die verband met die persoon met wie die saak waarmee die term oorspronklik verbind is, vervaag het), word die siekte of sindroom met ʼn kleinletter geskryf.
downsindroom, alzheimersiekte
(AWS, reël 9.25 (c), (d)
13.2.7
Die beginsel oor verbleiking soos in 13.2.6. gestel, geld ook in die geval van verbleekte handelsname.
tippex (vir enige korrigeervloeistof)
cutex ( vir enige naellak)
Waar verbleekte handelsname a werkwoord gebruik word, word die werkwoord ook met ʼn kleinletter geskryf.
gegoogle, gefacebook, getippex, gecutex
13.2.8
Afleidings wat uit eiename gevorm is en met die uitgange ‘-is’, ‘isme’, ‘-istiek’ en ‘-isties’ eindig kan met ʼn hoofletter of met ʼn kleinletter geskryf word. (Hoewel die AWS slegs die kleinletter-vorm in sy woordelys verskaf ( AWS reël 9.20)
-is: Boeddhis/boeddhis, Latinis/ latinis
-isme: Anglisisme/ anglisisme, anti-Semitisme/ anti-semitisme
-isties: Anglisisties/ anglisisties
– istiek: Germanistiek/ germanistiek

WENKE OM ‘N BLITSVERKOPER-KINDERBOEK TE SKRYF

Daar is sewe belangrike redes waarom daardie kinderboekmanuskrip wat jy met groot entoesiasme geskryf het nou in jou laai lê en vismotkos word. Hierdie sewe sleutels tot sukses as ‘n kinderboekskrywer is eenvoudig en eintlik heeltemal voor die hand liggend, maar baie skrywers vergeet daarvan in hul ywer om ‘n kinderboek te skryf. Plak hierdie paar wenke dus by jou lessenaar op sodat jy dit nooit uit die oog verloor nie.

WENK 1: Skep ‘n held met wie jou leser kan identifiseer.

Ondersoek jou teikenmark baie deeglik. Wie gaan jou boek lees? Net omdat jy dink jou hoofkarakter is snaaks, oulik en briljant, beteken dit nie dat jou leser daardie opinie deel nie. Hulle soek iemand wat soos ‘n ware mens is.

TAALWENKE 12

TAALSENTRUM UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH

GRAMMATIKA
12.1. Ontkennningsvorm
“Geen’ (of gʼn) of ‘geeneen’ word gewoonlik deur ʼn ‘nie’ aan die einde van die sin gevolg.
Geen aansoeke is ontvang nie,
Geeneen het geantwoord nie.
MAAR
Wie het geantwoord? Geeneen.
Dit het geen nut.

12.2. Byvoeglike naamwoorde met ‘-lik’
Byvoeglike naamwoorde wat op ‘-ig’ eindig, word net so as bywoord gebruik, sonder die agtervoegsel ‘-lik’.
Bloedig vererg (NIE: bloediglik)
Naarstig soek ( NIE: Naarstiglik)
Wettig verbind ( NIE: wettiglik)

12.3. Lidwoorde
‘Miljoen’, ‘miljard’ en ‘triljoen’ word deur ‘ ʼn ’ voorafgegaan, maar ‘duisend’, ‘honderd’ word daarsonder geskryf.
ʼn miljoen motors
ʼn miljard rand
ʼn triljoen sandkorrels
MAAR
Honderd motors
Duisend mense

12.4. Werkwoorde wat op ‘-eer’ eindig.
By werkwoorde wat met twee lettergrepe, met die klem op die tweede lettergreep, is daar ʼn keuse of die verledetydvorm van die werkwoord met of sonder die ‘ge-‘ geskryf word, tensy die werkwoord met ʼn voorvoegsel begin.
Hanteer of gehanteer
Studeer og gestudeer
Beseer ( NIE: gebeseer)
Vereer ( NIE: gevereer.
By werkwoorde met drie of meer lettergrepe, moet die verledetydvorm van die werkwoord met ‘ge-‘ geskryf word, tensy die werkwoord met die voorvoegsel ‘ver-‘ begin.
Geherstruktuereer
Geïgnoreer
Verkleineer ( NIE: geverkleineer.)

12. 5. Voltooide deelwoorde as byvoeglike naamwoorde
Wanneer ʼn voltooide deelwoord met ‘-eer’ as byvoeglike naamwoord gebruik word, moet dit met ‘ge-‘ geskryf word, tensy dit met ‘be-‘. ‘ont-‘, of ‘ver-‘ begin.
Gegroepeerde voorbeelde
Geïlustreerde bladsye
Verteerde kos (NIE: geverteerde kos)
Ontbeende vleis ( NIE: geontbeende vleis)

12. 6. Voornaamwoorde
12.6.1. Die uitsluitlike gebruik van die persoonlike voornaamwoord ‘hy’ ( of ‘sy’) of besitlike voornaamwoord ‘sy’ (of ‘haar’) wanneer ʼn persoon se geslag onbekend is, word as seksisties en misleidend beskou.
NIE: Daar word van ʼn bestuurder verwag om sy motor se vensters te was.
NIE: ʼn Kinderoppasser moet altyd betyds vir haar skof opdaag.
Die beste oplossing vir hierdie probleem is om die meervoudsvorm te gebruik.
Daar word van bestuurders verwag om hulle motors se vensters te was.
Kinderoppassers moet altyd betyds vir hulle skofte opdaag.

Indien die meervoudsvorm glad nie kan werk nie, kan ‘hy of sy’ en ‘sy en haar’ as laaste opsie gebruik word.
Help die pasiënt waar nodig. As hy of sy nie self kan loop nie, organiseer ʼn rolstoel.
ʼn Kinderoppasser moet altyd betyds vir sy of haar skof opdaag.
12.6.2. Die wederkerende voornaamwoord word dikwels verkeerdelik in plaas van die persoonlike voornaamwoord gebruik.
Die taak is deur my en die bestuur uitgecoer.
(NIE: Die taak is deur myself en die bestuur uitgevoer.)
Hy het hom bloedig vererg.
(NIE: Hy het homself bloedig vererg.)

WENK: Werkwoorde wat slegs wederkerend gebruik kan word, neem nie die wederkerende voornaamwoord nie, want uit die aard van die werkwoord is dit duidelik na wie verwys word. Byvoorbeeld: ‘bemoei’: ‘Ek gaan my nie daarmee bemoei nie.’ (NIE: Ek gaan myself nie daarmee bemoei nie,)
Werkwoorde wat wederkerend óf nie-wederkerend gebruik kan word, kan wel die wederkerende voornaamwoord neem om verwarring uit te skakel. Byvoorbeeld ‘gun’: ‘Ek gun myself ʼn dag verlof,’ of ‘Ek gun jou ʼn dag verlof.’

12.6. 3. Die gebruik van ‘hul’ en ‘hulle’.
Ons stel voor dat ‘hul’ slegs gebruik word waar ‘hulle’ ʼn tweede keer in ʼn sin sou voorkom, byvoorbeeld waar dit
as besitlike voornaamwoord gebruik word, of
as refleksiewe voornaamwoord gebruik word.
Studente word holisties ontwikkel, waartydens hulle die geleentheid kry ook hul intuïtiewe vaardighede te verfyn.
… waartydens hulle die geleentheid kry om nuwe dele van hulself te ontdek.

12.6.4. Maak seker dat dit altyd duidelik is waarna voornaamwoorde verwys. In die volgende sin is dit onduidelik waarna die voornaamwoord ‘dit’ verwys.
(NIE: Die maatskappy benodig akkurate data vir alle benamings. Dit is die taakspan se verantwoordelikheid.)
Ook die voornaamwoord ‘wat’ in die volgende sin werp geen lig nie.
NIE: Die maatskappy benodig akkurate data vir alle benamings, wat die taakspan se verantwoordelikheid is.

Die sin is duideliker as volg:
Die maatskapppy benodig akkurate data vir alle benamings. Die verskaffing van hierdie data is die taakspan se verantwoordelikheid.
12.7. Die gebruik van ‘byvoorbeeld’ en ‘ensovoorts’.
‘Byvoorbeeld’ en ‘ensovoorts’ word dikwels onnodig gebruik in sinne wat reeds ander woorde bevat wat in wese dieselfde beteken.
In die onderstaande voorbeeld word ‘ensovoorts’ oorbodig gebruik:
(NIE: By hierdie geleentheid sal die modelle van verskeie motorvervaardigers, byvoorbeeld Ford, Opel, BMW, ensovoorts, ten toon gestel word.)
Dit moet eerder as volg wees:
By hierdie geleentheid sal die modelle van verskeie motorvervaardigers, byvoorbeeld Ford, Opel en BMW, ten toon gestel word.
In die onderstaande sin kan óf ‘soos’ of ‘ byvoorbeeld’ weggelaat word:
(NIE: Ek haat groente soos byvoorbeeld uie, kool en pampoen.)

12.8. Parallelisme
Maak seker dat parallelle strukture in die dokument gebruik word.
In deel 1 van hierdie gids ondersoek ons die grondbeginsels van skryfwerk. In deel 2 sal ons die deugde van ʼn goeie skrywer bespreek.
(NIE: In deel 1 van hierdie gids ondersoek ons die grondbeginsels van skryfwerk, In die tweede deel sal ons die deugde van ʼn goeie skrywer bespreek.)

12.9. Telwoorde

‘Aantal’ verwys na ʼn onbepaalde hoeveelheid.
‘Getal’ verwys na ʼn bepaalde hoeveelheid wat getel is of getel kan word.
‘Hoeveelheid’ dui op iets ontelbaars.

Daar wa ʼn groot aantal mense op die strand. ʼn Klein getal mense het met strandballe gespeel. Die res het ʼn groot hoeveelheid kos verorber.

Skryf ‘n Kinderboek

Onthou jy hoe heerlik dit as kind was om met jou gunsteling boek op jou bed op te krul en jouself algeheel in die storie te verloor? Om die hele wêreld se sorge buite jou kamerdeur agter te laat terwyl jy bladsy na bladsy weggevoer word op ‘n verbeeldingsvlug?

Wel, deur middel van ons kinderboekskryfkursus kan jy daardie heerlike, sorgvrye dae nou weer herleef! Ja, regtig! Ons skryf nie net stories vir kinders om hulle die lesse te help leer wat ons geleer het, of om vir hulle bronne van vreugde en inspirasie te skep nie. Nee, ons skryf ook stories om weer vir ‘n rukkie daardie sluimerende kind wat in die matriekjaar agtergelaat is, te herontdek en te geniet.

Ons help jou stap-vir-stap met die skryf van jou kinderboek – van waar en hoe om ‘n idee te kry en te ontgin, totdat jy ‘n voltooide boekmanuskrip in die kinderboekgenre van jou keuse in jou hande kan vashou wat gereed is om aan ‘n uitgewer voorgelê te word.

Hierdie kursus is dus ideaal vir jou indien jy daarvan hou om stories te vertel, en baie stories hét om te vertel!

So waarvoor wag jy? Skryf sommer vandag nog in!

Kursusbesonderhede:

Duur: 10 maande

Modules: 10 modules

Kursusfooi: R4,000

Afbetalingsopsies:

R2,000 x 2 paaiemente

R1,335 x 3 paaiemente

R1,000 x 4 paaiemente

R800 x 5 paaiemente

Wat leer jy :

  • Die leeswêreld van die kind
  • Hoe skryf jy vir kinders en wat wil jy sê?
  • Ontgin jou kreatiwiteit
  • Verskillende genres: prenteboeke, grilstories, jeugboeke, fantasie, humor, spookstories, reeksboeke, nie-fiksie, poësie
  • Belangrikste elemente van ‘n kinderboek
  • Skep onvergeetlike 3D-karakters
  • Storielyne en hoe om hulle te ontwikkel
  • Gebruik van humor, morele waardes, opvoedkundigheid
  • Vertellers, perspektief, funksie van verteller
  • Dialoog en beskrywing
  • Spanning, aksie en klimaks
  • Illustrasies
  • Redigering van jou manuskrip
  • Publikasiemoontlikhede, -riglyne, –wenke
  • Skryfwenke

Volledige studiepakket

  • Omvattende kursusnotas (200 bladsye)
  • 10 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)
  • Hulpdokumente en riglyne om storielyne uit te werk
  • 1 Volledige, persklaar boekmanuskrip in die genre van jou keuse wat na afloop van die kursus aan ‘n uitgewer voorgelê kan word
  • ‘n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
  • Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair
  • Marktedatabasis
  • Spesiale verslag: Hoe om jouself as skrywer te bemark

Toelatingsvereistes

  • Goeie skryfvaardighede en ‘n lewendige verbeelding
  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang
  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

Slaagvereistes

Volledige boekmanuskrip in ‘n genre van jou keuse

Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

Stuur ‘n e-pos na info@savryskutskrywer.co.za om in te skryf of vir enige verdere inligting

 

 

Taalwenke (11)

ʼn Paar notas wat Elsabe vir haarself gemaak het terwyl sy geleer het vir haar proeflees kursus:
1. Grondwet – nie grondwet nie.

2. Goeie Vrydag – Die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae en feesgetye word met ʼn hoofletter geskryf.

3. Komma: – wanneer dit voor wat geplaas word, verander die konteks van die sin:

Die studente wat geslaag het, gaan universiteit toe. ( Slegs dié wat geslaag het.)

Die studente, wat geslaag het, gaan universiteit toe. ( al die studente het geslaag.)

4. Los of vas skryf:

Skeef loop – letterlik
Die man wat skeef loop.

Skeefloop – figuurlik
Planne wat skeefloop.

Wannneer dit nie duidelik is nie, skryf eerder vas.

Voornaamwoorde + self – los of vas
Ekself of ek self is albei korrek.

Ek het my gewas.
Ek het myself ( of my self) gewas. (Iemand anders het my nie gewas nie.)

5. Agtervoegsel van -s

As ʼn woord voorafgegaan word deur ‘iets” kry dit ʼn agtervoegsel -s
Iets moois
Iets ergs
Iets leliks
Iets ouds
Iets nuuts
Iets onbekends
Iets suurs

6. Wisselvorme:

Mexiko – Meksiko
E
Teweegbring – teweeg bring

7. Verlede tyd:
Woorde wat met be-, ge-, er- ont- en ver- begin, kry nie ʼn “ge” in die verlede tyd of die
geboë vorm nie.

NIE: gebegin, ge-ervaar, ge-onteer.

8. Wat ( b. nw.)
Mense, diere, dinge
Die deur wat klap.
Die hond wat blaf.

Wie: Waar besit ter sprake is, of saam met ʼn voorsetsel.

Die man vir (voorsetsel ) wie hy geld skuld.
Die vrou wie ( besit) se hoed afgeval het.
Wie/ oor wie/ deur wie vir mense
Waarvan/ waaroor/ waardeur vir dinge en abstrakke begrippe.

Die insittendes van die motor waarvan die band gebars het, is ernstig beseer.

Waarvoor nie vir wat nie.
Dadelik na s.nw.
“Die man waarvoor ek baklei.”

Werkwoord:
Altyd agter in die sin.
Hulle het alles wat hulle kon kry, gevat.

Was:
Hulle was onderdruk. X
Hulle is onderdruk. ѵ