Taalwenke – Elsabe de Beer

1.4. Anglisismes, clichés. Modewoorde en verouderde terme:
Dink mooi voordat jy dié woorde inspan:
Woord Byvoorbeeld Want.. Wat van…
aanspreek Die probleem aanspreek Anglisisme vir ‘address’ los ‘n probleem op,
meem ‘n saak in oënskou
ondersoek iets
roer/pak ‘n kwessie aan
asook amptenaaraans en ( waar moontlik)
Binne/binne-in Navorsing binne die departement Navorsing in die departement
daarstel ‘n eenheid sal daargestel word om dit te bedryf Modewoord
Verarmde taal skep
ontwikkel
opbou
instel
geskied Hierdie geleentheid geskied by Boekwoord (hang wel af van register) plaasvind
word gehou
opdateer Die stylgids opdateer Kom nie in die HAT (2005) of in die AWS (2009) voor nie, maar wel in die WAT
rondom Besprekings rondom
die probleem/saak/ tema modewoord bespreking oor/aangaande die probleem/saak/tema

1.5. Lastige-belangrike-detail:
1.5.1. Tyd word as volg aangedui:
06:30 (NIE: 6:30 of 6-30)
14:50 ( NIE: 14H50 0f 14-50)
17:00 (NIE: 5nm) (die gebruik van ‘vm’ en ‘nm’ is verouderd.
1.5.2. Punte word nie by titels, graadname en opskrifte gebruik nie:
Mnr van Heerden en prof Strauss het die toekenning gedeel.
Bcomm
BSc
Sy het by verskeie universiteite aansoek gedoen ( bv. UP,UJ en NWU)
1.5.3. Hantering van titels van werke:
1. Kursiveer die volgende soorte titels in enige taal;
Boeke: The Girl with the Dragon, Die Ambassadeur.
CD’s: Automatic for the People, Hot Gates.
Koerante, tydskrifte en radioprogramme: Die Burger, The Big Issue; Tjailatyd.
Televisieprogramme, -reekse en rolprente: 7de Laan; Game of Thrones; The Artist.
1. Plaas die volgende soorte titels in dubbelaanhalingstekens;
Ongepubliseerde werke, hetsy ‘n ongepubliseerde tesis of verhandeling, referaat of akademiese artikel: “Alfa en Omega: ‘m studie van die trinitariese denke van Robert Jenson.”

Berigte in koerante: “Pussy Riot-lede vlug uit Rusland” in Die Burger.

Brosjures en pamflette: “Sterrekunde-inligtingstuk.”

Hoofstukke in handboeke of ander nie-fiksie publikasies: “Taalnorme:’n algemene perspektief” in Norme vir Afrikaans.

Toesprake, lesings en werksessies: “Academische taal-en vertaalopleidingen in Europa.”

Taalwenke 2

1.4. Anglisismes, clichés. Modewoorde en verouderde terme:
Dink mooi voordat jy dié woorde inspan:
Woord Byvoorbeeld Want.. Wat van…

aanspreek Die probleem aanspreek Anglisisme vir ‘address’ – los ‘n probleem op,
meem ‘n saak in oënskou
ondersoek iets
roer/pak ‘n kwessie aan
asook amptenaaraans en ( waar moontlik)

Binne/binne-in Navorsing binne die departement Navorsing in die departement
daarstel ‘n eenheid sal daargestel word om dit te bedryf
Modewoord
Verarmde taal skep
ontwikkel
opbou
instel

geskied Hierdie geleentheid geskied by Boekwoord (hang wel af van register) plaasvind
word gehou

opdateer Die stylgids opdateer Kom nie in die HAT (2005) of in die AWS (2009) voor nie, maar wel in die WAT
rondom Besprekings rondom
die probleem/saak/ tema modewoord bespreking oor/aangaande die probleem/saak/tema

1.5. Lastige-belangrike-detail:
1.5.1. Tyd word as volg aangedui:
06:30 (NIE: 6:30 of 6-30)
14:50 ( NIE: 14H50 0f 14-50)
17:00 (NIE: 5nm) (die gebruik van ‘vm’ en ‘nm’ is verouderd.

1.5.2. Punte word nie by titels, graadname en opskrifte gebruik nie:
Mnr van Heerden en prof Strauss het die toekenning gedeel.
Bcomm
BSc
Sy het by verskeie universiteite aansoek gedoen ( bv. UP,UJ en NWU)

1.5.3. Hantering van titels van werke:
1. Kursiveer die volgende soorte titels in enige taal;
Boeke: The Girl with the Dragon, Die Ambassadeur.
CD’s: Automatic for the People, Hot Gates.
Koerante, tydskrifte en radioprogramme: Die Burger, The Big Issue; Tjailatyd.
Televisieprogramme, -reekse en rolprente: 7de Laan; Game of Thrones; The Artist.

1. Plaas die volgende soorte titels in dubbelaanhalingstekens;
Ongepubliseerde werke, hetsy ‘n ongepubliseerde tesis of verhandeling, referaat of akademiese artikel: “Alfa en Omega: ‘n studie van die trinitariese denke van Robert Jenson.”

Berigte in koerante: “Pussy Riot-lede vlug uit Rusland” in Die Burger.

Brosjures en pamflette: “Sterrekunde-inligtingstuk.”

Hoofstukke in handboeke of ander nie-fiksie publikasies: “Taalnorme:’n algemene perspektief” in Norme vir Afrikaans.

Toesprake, lesings en werksessies: “Academische taal-en vertaalopleidingen in Europa.”

– Elsabe de Beer

TAALWENKE – ELSABE DE BEER

ʼn Paar notas wat ek vir myself gemaak het terwyl ek geleer het vir my proeflees kursus:
1. Grondwet – nie grondwet nie.

2. Goeie Vrydag – Die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae en feesgetye word met ʼn hoofletter geskryf.

3. Komma: – wanneer dit voor wat geplaas word, verander die konteks van die sin:

Die studente wat geslaag het, gaan universiteit toe. ( Slegs dié wat geslaag het.)

Die studente, wat geslaag het, gaan universiteit toe. ( al die studente het geslaag.)

4. Los of vas skryf:

Skeef loop – letterlik
Die man wat skeef loop.

Skeefloop – figuurlik
Planne wat skeefloop.

Wannneer dit nie duidelik is nie, skryf eerder vas.

Voornaamwoorde + self – los of vas
Ekself of ek self is albei korrek.

Ek het my gewas.
Ek het myself ( of my self) gewas. (Iemand anders het my nie gewas nie.)

5. Agtervoegsel van -s

As ʼn woord voorafgegaan word deur ‘iets” kry dit ʼn agtervoegsel -s
Iets moois
Iets ergs
Iets leliks
Iets ouds
Iets nuuts
Iets onbekends
Iets suurs

6. Wisselvorme:

Mexiko – Meksiko
E
Teweegbring – teweeg bring

7. Verlede tyd:
Woorde wat met be-, ge-, er- ont- en ver- begin, kry nie ʼn “ge” in die verlede tyd of die
geboë vorm nie.

NIE: gebegin, ge-ervaar, ge-onteer.

8. Wat ( b. nw.)
Mense, diere, dinge
Die deur wat klap.
Die hond wat blaf.

Wie: Waar besit ter sprake is, of saam met ʼn voorsetsel.

Die man vir (voorsetsel ) wie hy geld skuld.
Die vrou wie ( besit) se hoed afgeval het.
Wie/ oor wie/ deur wie vir mense
Waarvan/ waaroor/ waardeur vir dinge en abstrakke begrippe.

Die insittendes van die motor waarvan die band gebars het, is ernstig beseer.

Waarvoor nie vir wat nie.
Dadelik na s.nw.
“Die man waarvoor ek baklei.”

Werkwoord:
Altyd agter in die sin.
Hulle het alles wat hulle kon kry, gevat.

Was:
Hulle was onderdruk. X
Hulle is onderdruk. ѵ

GOED OM OP TE LET IN SKRYFKUNS – Driekie Grobler

As proefleser kom ek toenemend af op dieselfde foute wat mense oor en oor maak, daarom wil ek graag ‘n paar belangrike punte uitlig en weer onder die aandag van skrywers bring.

  1. Daar word slegs een spasie na ‘n punt gemaak (nie twee soos ons op skool geleer het nie)
  2. Daar is nooit ‘n spasie tussen ‘n woord en ‘n leesteken nie, die leesteken (soos ‘n komma, uitroepteken, vraagteken, aanhanlingsteken ens.) kom teenaan die woord.
  3. ‘n Elips (kolletjies) bestaan altyd uit net drie kolletjie en daar kom ‘n spasie voor en na die kolletjies.
  4. ‘n Nuwe paragraaf begin altyd met ‘n indent, m.a.w. ‘n entjie van die kant af. Net die eerste paragraaf van ‘n hoofstuk begin teen die kant.
  5. Wanneer jy iets wil beklemtoon hoef jy net EEN leesteken te gebruik, dit is sterk genoeg en om meer as een te plaas (soos bv die uitroepteken of vraagteken, wat mense so lief is om ‘n hele paar na die woord te plaas) is onnodig.

Hoop die is van waarde vir die wat nog nie seker hieroor is nie.

Driekie GroblerLogo finaal

 

 

Hoekom proeflees?

Liewe SA Skrywers:
Moet ASSEBLIEF nooit weer die waarde van ‘n goeie proefleser onderskat nie!

Ons is ‘n span van 5 proeflesers wat die afgelope week of twee aaneen sit en proeflees aan die stories wat gewen het in ons laaste kompetisie.

Dit behels spelfoute regmaak, sinsbou regmaak, storielyne aanpas indien nodig, leestekens korrigeer. Dit neem ‘n goeie proefleser ten minste twee weke om ‘n roman of bundel deur te werk en dan is dit elke dag, die hele dag vir daardie tydperk!

Daarna gaan dit. in ons geval, na die volgende proefleser om te kontroleer, sodat julle ‘n foutlose boek in die hande kan hou!

Ek bedank die volgende gekwalifiseerde proeflesers wat aan hierdie projek werk!

Bets Koen
Ronel Marè Dunn
Driekie J Grobler
Johan Jansen Skrywer
Elsabe de Beer

Die prys vir Roem deur Driekie Grobler

Droom ons almal nie maar van kleins af om eendag beroemd en ryk te wees nie? Om geken te wees as iemand wat uitmuntend presteer in dit wat ons doen? Heel bo aan die suksesleer te wees. Met selfvertroue ‘n taak aan te pak en te weet dit gaan suksesvol wees? Te kan doen wat ons wil, wanneer ons wil en te gaan waar ons wil sonder bekommernis oor finansies of té harde werk.

Waar kom daardie begeerte dan vandaan? Meeste van ons behaal nooit daardie status of gemak van kommerlose dae in ons lewe, of selfs daardie roem waarna ons strewe nie.

Die media is die grootste bron van begeerte wek by die mens. Ons koop tydskrifte, kyk na rolprente en sien op TV hoe glansryk die bekendes, vernames en rykes  lewe. Hoe suksesvol mede-skrywers & digters is. Ons sien dus net die eindresultaat (of buitekant) van iets wat dalk lank gelede begin en ‘n groot prys langs die pad gevra het.

Nou onlangs, sien ek ‘n foto op facebook van twee paar voete. Die een paar in sagte sy balletskoene, en die ander sonder die skoene, vol knobbelrige tone en eelte, rooi geskaaf van jare se dans. Die prys wat ‘n ballerina moet betaal vir die glorie en glansryke bewegings en salige voorkoms. Agter daardie droombeeld lê baie ure se bloedsweet, opofferings, pyn en lyding. Seer voete wat mettertyd heeltemal misvorm word.

Nou wonder ek: Sal ons nog so gretig ander se sukses begeer as ons weet wat die prys daarvoor is?

Ek twyfel sterk. Want sien, baie van ons is nie bereid om sulke opofferings te maak nie. Ons is dalk waar ons is in die lewe omdat ons bang is om te waag. Bang om té veel moeite te doen. Bang ons misluk of ons word teleurgestel. Ons bly dus maar aan die veilige kant waar die lewe nie té veel van ons vra of verwag nie.

Vir dié wat wel waag om uit hul “comfort zone” te beweeg, hard te werk, vas te byt en deur te druk, ten spyte van – is die vrug van sukses soet en sappig.

Driekie Grobler

Logo finaal

SKRYFGENRES – Ronél Dunn

Ek het nou die dag probeer uitwerk hoeveel skryfgenres bestaan en ek was nogal verstom hoeveel ek kon opnoem en dan het elkeen ook nog onderafdelings. Kom ons begin by prosa:

Daar is eerstens kortverhale, essays, kort prosa, novella, die roman en selfs die vertaling van prosa.

Maar kyk net wat kom alles voor onder die Fiksiegenre: misdaadfiksie, fantasie, wetenskapfiksie, rillers en grillers, romantiese ontspanningsfiksie (liefdesverhale), chick-lit is seker die babasussie in fiksie se huis, maar is ook nog historiese romans en Christelike romans.

Enige skrywer wat steeds nie tevrede voel met bostaande afdelings nie, wat dan van kinder- en jeugverhale? Selfs kinder- en jeugpoësie. Moenie vergeet dat drama en televisie en film ook skrywers verg nie, sowel as radio wat nog deur baie mense geluister word.

In die Media, wat ook al gedigitaliseer is, kry ons rubrieke, resensies, artikels vir koerante en tydskrifte, reisverhale, blogs – soos die een!

Ons het nog nie eers aan nie-fiksie geraak nie: biografieë, outobiografieë, handboeke, handleidings, kursusse … al ooit daaraan gedink dat kopieskryf, rekenaarspeletjies en die stripkuns ook kreatiewe skrywers nodig het. Daar is selfs iemand gewees wat die aanwysings vir jou nuwe strykyster geskryf het en ook die voubiljet in die hoofpynpillepakkie. Hierdie is nog net ‘n proesel van wat ontdek kan word. Dalk kan ons so mettertyd van hierdie groot skatkis se inhoud van nader beskou.

Ronél

Skryfwenke deur Carla van der Spuy

Wenke vir voornemende skrywers:

Moenie jou manuskrip vir jou ma/beste vriendin/huweliksmaat of kinders gee om te lees nie. Hulle gaan mal daaroor wees want hulle hou van jou.


Uitgewers is baie eerlik en objektief. Hulle moet ‘n bestaan uit die verkoop van boeke maak, onthou. Dus sal hulle nie honderde duisende rande se uitgawes aangaan as die eksemplare gaan stof vergader nie. Niemand het ‘n kristalbal nie, maar hulle kan min of meer voorspel wat gaan verkoop.


Indien jou manuskrip afgekeur word, stuur dit na die volgende uitgewer toe. Die manuskrip vir Gone With the Wind is glo meer as 50 keer afgekeur voor dit uiteindelik gepubliseer is en ‘n trefferfliek gemaak is.


Woon skryfskole en slypskole by waar jy praktiese raad ontvang en jou werk bespreek gaan word. Skrywers wat boeke gepubliseer het word dikwels oorval deur voornemende skrywers om te help, maar dit is uiters tydrowend .


Wees bereid om baie navorsing te doen; selfs al skryf jy fiksie. Gestel jy wil misdaadfiksie skryf, sal dit wys wees om soveel niefiksie boeke as moontlik oor misdaad te lees. Daardie skrywers het jare lank navorsing gedoen en gewoonlik is dit goed genoeg om net die bron te noem en na die skrywer en titel te verwys. Dis egter goed om hulle in die saak te ken.


Wees ook bereid om jou manuskrip oor te skryf tot die uitgewer gelukkig is. Ek weet van bekende krimiskrywers wat 20 jaar lank gespook het voor hulle iets gepubliseer het en ander wat hul manuskripte al 5 keer moes oorskryf.

Skryf ‘n kinderboek – blitskursusse

Kyk net al hierdie keuses: Skryf sommer dadelik in vir een:

Blitskursusse – KINDERBOEKE
Elemente van kinderboeke
Fooi: R200
Studiepakket: 7 bladsye kursusnotas:
· Waarom lees kinders?
· 7 Mites oor kinderboeke
· 3 Noodsaaklike elemente van kinderboeke
· Watter boodskap wil jy oordra?
· 1 praktiese skryfoefening wat deur jou opleier nagesien word

Skep onvergeetlike 3D-karakters vir jou kinderboek
Fooi: R240
Studiepakket: 8 bladsye kursusnotas:
· Watter karakters is gewild?
· Skep só onvergeetlike karakters
· Verskillende soorte karakters
· Name, karaktertrekke, gewoontes
· Handige wenke vir karakterisering
· 1 praktiese skryfoefening wat deur jou opleier nagesien word

Storielyne vir kinderboeke
Fooi: R400
Studiepakket: 12 bladsye kursusnotas:
· Ontleed die mark
· ‘n Basiese storielyntemplaat vir enige kinderboek
· Skep ‘n “storieplan”
· Skryfwenke
· 2 praktiese skryfoefeninge wat deur jou opleier nagesien word

Dialoog en beskrywing in kinderboeke
Fooi: R220
Studiepakket: 7 bladsye kursusnotas
· Leer ken jou karakters deur dialoog
· Wys, moenie vertel nie
· Fisiese beskrywings verklap emosie
· 2 praktiese skryfoefeninge wat deur jou opleier nagesien word

Humor in kinderboeke
Fooi: R220
Studiepakket: 6 bladsye kursusnotas:
· Watter soort humor vir watter ouderdom?
· Hoe ervaar kinders humor?
· Laat jou lesertjie lag
· Humor in prenteboeke
· 2 praktiese skryfoefeninge wat deur jou opleier nagesien word

Bou ‘n onsigbare les in jou kinderboek
Fooi: R180
Studiepakket: 5 bladsye kursusnotas:
· Wat wil jy oordra en hoekom?
· Moenie preek nie
· Hoe dra jy ‘n boodskap oor?
· Idees
· 1 praktiese skryfoefening wat deur jou opleier nagesien word

Skryf ‘n PRENTEBOEK vir kinders
Fooi: R300
Studiepakket: 10 bladsye kursusnotas:
· Kies jou ouderdom en kry ‘n gepaste idee
· Kry ‘n gepaste idee
· Hoe om jou idee te beplan
· Karakters, storielyne, illustrasies
· Spesifikasies van prenteboeke
· 2 praktiese skryfoefeninge wat deur jou opleier nagesien word

Skryf ‘n FANTASIEVERHAAL vir kinders
Fooi: R300
Studiepakket: 10 bladsye kursusnotas:
· Skep ‘n fantasiewêreld
· Begin by die aksie
· Idees om jou aan die gang te kry
· Hou dit eenvoudig
· Hoe om jou leser “te vang”
· Die inleiding, middel en slot
· 2 praktiese skryfoefeninge wat deur jou opleier nagesien word

Skryf ‘n RILLER vir kinders of tieners
Fooi: R300
Studiepakket: 10 bladsye kursusnotas:
· Elemente vir ‘n geslaagde storielyn
· Karakters en dialoog
· Konflik en spanning
· Terugslae en hindernisse in die held/in se pad
· Leidrade en misleiding
· Geslaagde slot
· 2 praktiese skryfoefeninge wat deur jou opleier nagesien word

Skryf ‘n FABEL vir kinders
Fooi: R300
Studiepakket: 10 bladsye kursusnotas:
· Wat is ‘n fabel en wat wil jy met joune bereik?
· Basiese storieplan vir ‘n fabel
· Karakters, ruimte, dialoog
· Konflik en spanning
· 2 praktiese skryfoefeninge wat deur jou opleier nagesien word

Skryf POËSIE vir kinders
Fooi: R300
Studiepakket: 10 bladsye kursusnotas:
· Hoe verskil kinderpoësie van volwasse poësie?
· Stories wat rym
· Soorte poësie: limerieke, haikoe, akrosties, humoristies
· Klank, ritme, rym, herhaling, alliterasie
· 2 praktiese skryfoefeninge wat deur jou opleier nagesien word

Skryf ‘n NIE-FIKSIEBOEK vir kinders
Fooi: R400
Studiepakket: 12 bladsye kursusnotas:
· Doen jou navorsing
· Moontlike temas en onderwerpe
· Nie-fiksieprenteboeke
· Titels verkóóp!
· Skryfstyl, navorsing, illustrasies
· Nuttige skryfwenke
· 2 praktiese skryfoefeninge wat deur jou opleier nagesien word

Skryf ‘n JEUGBOEK
Fooi: R400
Studiepakket: 12 bladsye kursusnotas:
· Moenie soos ‘n volwassene klink nie
· Temas, storielyne, kinkels
· Vertellers en karakters
· Dialoog en ruimte
· 2 praktiese skryfoefeninge wat deur jou opleier nagesien word

Vertellers en perspektief in kinder- en jeugboeke
Fooi: R180
Studiepakket: 5 bladsye kursusnotas:
· Verskillende soorte vertellers en hul funksies
· Skryf uit die kind se perspektief
· Herleef jou eie kindertyd
· Ken jou teikengehoor
· 1 praktiese skryfoefening wat deur jou opleier nagesien word

Spanning, aksie en klimaks in ‘n kinderboek
Fooi: R180
Studiepakket: 5 bladsye kursusnotas:
· Konflik
· Deurlopende spanning
· Moontlike aksie
· Opbou en afwenteling van storieklimaks
· 1 praktiese skryfoefening wat deur jou opleier nagesien word

Publiseer jou kinderboek
Fooi: R200
Studiepakket: 8 bladsye kursusnotas:
· Selfredigering
· Uitgewersmoontlikhede
· Formaat, tipografie
· Selfpublikasie
· 1 praktiese skryfoefening wat deur jou opleier nagesien word

Kortverhale vir tieners
Fooi: R240
Studiepakket: 8 bladsye kursusnotas:
· Elemente
· Karakter met ‘n probleem
· Konflik en innerlike stryd
· Afsluiting met iets wat die tiener geleer het
· 1 praktiese skryfoefening wat deur jou opleier nagesien word

Beginnerspakket vir kinder- en jeugboekskrywers
Fooi: R500
Studiepakket: 10 bladsye kursusnotas:
Die materiaal wat in hierdie spesiale pakket vervat is, is feitlik
gewaarborg om jou aan die skryf te kry
· Voorbeeld: tema vir ‘n kinderboek
· Voorbeeld: dierekarakterbeskrywing
· Voorbeeld: kindergedig
· Voorbeeld: jeugboektema
· Voorbeeld: riller
· Voorbeeld: fabel
· Voorbeeld: fantasiewêreld
· Voorbeeld: begin jou kinderstorie
· Voorbeeld: karakters
· Voorbeeld: storieklimaks
· Voorbeeld: spanning en konflik
· Voorbeeld: eindes
· 3 praktiese skryfoefeninge wat deur jou opleier nagesien word

Skryf in by die volgende skakel : https://bit.ly/2I8rfTT

Enige vrae oor bostaande kursus kan gestuur word aan: debeerelsabe2@gmail.com