REËNBOOGBUNDEL UITDAGING 5

Hier is dit!

Skryf ‘n verhaal waarin die hoofkarakter:
1) Op ‘n lyk afkom
2) Se grootste vrees bewaarheid word
3) ‘n Litteken opgedoen het – kan fisiek of emosioneel wees
4) Na sy/haar broer/suster soek nadat hul paaie om die een of ander rede moes skei.
5) Om die een of ander misverstand ‘n vlugteling is en nou sy onskuld moet probeer bewys
● Aantal woorde: 1500 – 2000
● Sluitingsdatum: 12 Mei 2018
● Dui duidelik aan oor watter onderwerp jy skryf. Plaas jou verhaal op die blad en e-pos vir my by seockhuis@gmail.com.
● Ons sien uit na jul skrywes! Geniet dit.

Blitskursusse – Kinderboeke

GROOT NUUS:
Elsabe en Leoni Benghiat beplan kort blitskursusse oor “Skryf ‘n Kinderboek” wat strek oor twee weke, en ongeveer R250 -R300 sal kos! Dit word saamgestel deur Leoni en Elsabe sal julle kursusleier wees! E-pos vir Elsabe by saskrywers.elsabe@gmail.com indien jy belangstel om deel te neem

BOLMAKIESIE UITDAGING 5

Skryf ń storie van so 800/1000 oor die volgende:
1) Jan en Saartjie gaan sirkus toe.
2) Pollie vlieg weg.
3) Jannie wil nie sy kamer skoonmaak nie.
4) Slang kan nie Ssss maak nie
5) Hendrik die draak voel skaam omdat hy nie kan vuur blaas nie.
Wenners sal 28 April om 13:00 aangekondig word. Plaas asseblief hier en e-pos vir Elsabe.
Lekker skryf.

NUWE BUNDELUITDAGING: Die Judas-Web.

Vir almal wat al onder verbale of fisiese mishandeling deurgeloop het, of so ‘n storie ken, plaas asseblief jou storie van ongeveer 1,500 woorde op die blad, en e-pos vir my by saskrywers.elsabe@gmail.com met die opskrif Die Judas-Web.

Sluitingsdatum 31 Mei. Onderhewig aan keuring en proeflees. Ons wil ‘n bundel van so 30 stories publiseer om mense wat daardeur gaan, te laat weet hulle is nie alleen nie.

NUWE BUNDEL UITDAGING: Die Judas-Web.

Vir almal wat al onder verbale of fisiese mishandeling deurgeloop het, of so ‘n storie ken, plaas asseblief jou storie van ongeveer 1,500 woorde op die blad, en e-pos vir Elsabe de Beer by saskrywers.elsabe@gmail.com met die opskrif Die Judas-Web.

Sluitingsdatum 31 Mei. Onderhewig aan keuring en proeflees. Ons wil ‘n bundel van so 30 stories publiseer om mense wat daardeur gaan, te laat weet hulle is nie alleen nie.

WENKE OM ‘N BLITSVERKOPER-KINDERBOEK TE SKRYF

Daar is sewe belangrike redes waarom daardie kinderboekmanuskrip wat jy met groot entoesiasme geskryf het nou in jou laai lê en vismotkos word. Hierdie sewe sleutels tot sukses as ‘n kinderboekskrywer is eenvoudig en eintlik heeltemal voor die hand liggend, maar baie skrywers vergeet daarvan in hul ywer om ‘n kinderboek te skryf. Plak hierdie paar wenke dus by jou lessenaar op sodat jy dit nooit uit die oog verloor nie.

WENK 1: Skep ‘n held met wie jou leser kan identifiseer.

Ondersoek jou teikenmark baie deeglik. Wie gaan jou boek lees? Net omdat jy dink jou hoofkarakter is snaaks, oulik en briljant, beteken dit nie dat jou leser daardie opinie deel nie. Hulle soek iemand wat soos ‘n ware mens is.

Onthou!

Ons gaan elke Woensdag ‘n skryfwenk hier plaas. Maak seker jy loop dit nie mis nie. En onthou van SA Vryskutskrywer en SA Skrywers se unieke R500/maand-Kinderboekskryfkursus-aanbod wat geldig is tot 31 Mei – en slegs vir lede van SA Skrywers se groepe. Gaan kyk hier vir meer besonderhede en om in te skryf: https://bit.ly/2IJIvie

BOLMAKIESIE Uitdaging 3

Plaas op die blad en e-pos vir Elsabe by saskrywers.elsabe@gmail.com. Merk asseblief duidelik Bomakiesie 3

‘n Storie oor een van die volgende:

  • Superheld
  • Feetjieland
  • Die kabouters hou partytjie.
  • Olifant word kwaad.

Minstens 800 woorde. Saam met ‘n prentjie of skets. Sluitingsdatum: 14 April 2018