Trots SA Skrywer

Met ʼn ondersteunings platvorm soos SA Skrywers, leer jy nie net skryf nie, jy leer ook die skrywer in jouself ken.
Met elke goeie woordjie en al die hulp wat aangebied word, word jy as skrywer gevorm in iemand wat leer om jou foute nie as swakhede raak te sien nie, maar as punte waarop jy kan bou.
Selfvertroue is ʼn groot probleem by menige nuwe skrywers, maar die admin van hierdie groep wys jou hoe om in jouself te glo.
Jy leer ook op die groep hoe om ander skrywers te ondersteun, en saam met hulle te werk.
Op hierdie groep probeer jy nie beter wees as iemand anders nie, jy kry ʼn skryf familie wat jou deur alles ondersteun, jy kry hoop in jouself, en jy word aangemoedig om te skryf.
In SA Skrywers groep word jy gewys: Jy is ʼn skrywer.
Dankie aan elkeen wat daagliks hard werk vir die groep. Julle kan trots wees op ʼn groep soos hierdie.
# Eenmaal ʼn SA Skrywer, altyd ʼn SA Skrywer. ( met trots)

Jeannetta Swanepoel

Hannes laat ons dink

Hoe voel julle hieroor?
Skryf is harde werk. Dit word gebore soos ‘n nuut gebraakte land. Dan kom die saadbed voorbereiding (Sonder die regte voorbereiding kan geen saad tot sy volle reg kom nie), planttyd en daarna water, kunsmis, onkruidbeheer ens
Dan eers oestyd!
Nou ja so gesê, moet ons ook die punt verstaan dat 95% van ons as skrywers nooit die eer sal hê om finansieel onafhanklik met skryf alleen sal word nie.
Die groot vraag dan nou is die volgende: Behalwe vir die lekker van skryf moet daar tog ‘n vreugdevolle uiteinde wees… dan nie?
Skielik tol die vraag, of jy nie tyd mors en tyd wat so kosbaar is op die verkeerde manier spandeer nie.
In ons lewens is die pynlike waarheid soos ‘n voorhamer vir ‘n vark op slag dag.
Kennelik bring elke dag die woorde van ou skrywers, dat ‘n mens jou skryfwerk net as ‘n liefde moet sien, ‘n stokperdjie as ek dit so mag noem.
Tyd is egter ‘n vieslike ding en elke dag se ploeg om te oorleef maak die stil tye amper onbereikbaar. Nou moet ek myself die vraag af vra: Gaan ek my tyd spandeer aan iets wat nooit my maag sal vul nie of moet ek iets kry wat die tong benat en maag vol maak?

So gesels ons

Sluit aan by ons Facebook groep en kom gesels saam oor taaltoffies en dinge oor ons taal wat jou brein kielie.

Goeie môre, ek het die afgelope tyd iets opgetel in twee bekende skrywers se werk waaroor ek wonder. Die eerste een is die gebruik van “dis”. Ek is geleer daar is nie so ‘n woord nie en die korrekte Afrikaans is “dit is”, maar sien deesdae dat “dis” baie gebruik word, selfs in groot skrywers se werk. Het dit reël intussen verander?
Die volgende is die begin van ‘n sin met “En” of selfs “Maar”. Is dit deesdae toelaatbaar, want ek is verstom in hoeveel keer ek dit sien. Mag ‘n sin met “En” begin?

Elsabe de BeerGroup Admin Dit is ‘n taalmeletjie, Martelize. Dit lyk vir my dit word nou al hoe meer gedoen, Vir my lyk dit ook verkeerd, maar lyk vir my mense skryf deesdae so.

 · Reply · 

2

 · 23 hrs

Manage

Martelize Faber
Martelize Faber Ek weet daar het ‘n klomp veranderinge in Afrikaans gebeur vandat ek op skool was, Elsabe, maar dit bly vir my moeilik om iets wat ek as ‘n reël geleer het net te ignoreer. Soos ek sê ek sien dit in GROOT skrywers se werk. Dit maak dat ek my rooipen wil uithaal en self begin redigeer…

 · Reply · 

1

 · 23 hrs · Edited

Manage

Elsabe de Beer

 · Reply · 

2

 · 23 hrs

Manage

Elsabe de Beer

 · Reply · 

2

 · 23 hrs

Manage

Elsabe de Beer
Elsabe de BeerGroup Admin Ek is jammer, sulke boeke lees ek nie graag nie!
Elsabe de BeerGroup Admin Kyk wat se die HAT: dis1 sametrekking
dit is: Dis byna vakansie. • Dis moeilik om te glo. • Dis nou vir jou te sê!
dis2 s.nw. [~se] (kookkuns, deftig)
1 gedeelte van ’n maaltyd; gereg: ’n eksotiese dis • pastadisse • Dis ’n heerlike dis!
2 (verouderd) maaltyd.
3 (verouderd) eettafel; etenstafel, veral ’n Nagmaalstafel: By die dis aansit.
dis3 s.nw. (musiek)
halftoon tussen D en E; D-kruis.

 · Reply · 

2

 · 22 hrs

Manage

Christo Younis du Plessis
Christo Younis du Plessis Die HAT kan nou maar ‘dit is’ saamtrek tot dis, vir bly ‘dis’ ‘n gereg.

 · Reply · 20 hrs

Martelize Faber Nou sien jy!

 · Reply · 

1

 · 22 hrs

Manage

Elsabe de Beer
Elsabe de BeerGroup Admin Ek gaan jou vraag vir Leoni Benghiat stuur, hoor?

 · Reply · 

1

 · 22 hrs

Manage

Martelize Faber
Martelize Faber Baie dankie

 · Reply · 

1

 · 22 hrs

Manage

Elsabe van der Westhuizen
Elsabe van der Westhuizen Dit is nie vir my so erg om die woord dis te gebruik as die feit dat mense dit dan nog verkeerd spel of met die woord dus vervang iets wat dan iets heeltemal anders beteken as dis.

 · Reply · 

6

 · 22 hrs

Manage

Antoinette Venter
Antoinette VenterGroup Admin Soos wat ek dit verstaan kan mens dis vrylik in dialoog gebruik omdat dit meer informeel is en dit eintlik is hoe mense praat. Ek dink dit is nie altyd verkieslik om en en maar aan die begin van ń sin te gebruik nie, maar soms, veral in dialoog is dit amper vir my, asof ń mens met geen ander keuse gelaat word as om dit te gebruik nie. Sal leersaam wees om te hoor wat Leonie se antwoord is.

 · Reply · 

5

 · 22 hrs

Manage

Martelize Faber
Martelize Faber Wat as jou verteller in die eerste persoon is, Antoinette Venter?

 · Reply · 22 hrs

Manage

Elsabe de Beer
Elsabe de BeerGroup Admin Nog iets wat my pla is: “In die tyd wat iemand neem om dit te doen.” Ek voel dit moet “dat” wees.

 · Reply · 

1

 · 22 hrs

Manage

Cecile Vermaak Dorfling
Cecile Vermaak Dorfling 😨 Nog nooit daarvan gehoor nie. Ek sal beslis “dit” gebruik.

 · Reply · 16 hrs

Wat Ben gesels

Jip! SA Stories skep ‘n nodige nis! Al ons wannabe’s kan nou laat waai sodat die toetse op ons ratelaars so kloppitie klop soos ‘n perd wat galop.

Ek, persoonlik, skryf, want met skryf dwing ek my gedagtes tot ordelikheid. Gedagtes is slordige goed, hoe slordig hulle is kom jy eers agter as jy hulle op wit en swart te siene kry.

Selfs dit wat nou so oulik vir jou klink, lyk bra vaal in môre se herlees.

As jy dan nog lus kry om hulle te verbeter, het die skryfgogga jou gebyt en wil jy jou skryfsels aan ander se oordeel blootstel … wees gewaarsku. Menings op jou ‘meesterstuk’ gaan uiteenlopend wees.

Hier is voorbeelde van hoe ander my skryfsels ervaar het:
‘n Storie wat ek geskryf het, word vir publikasie aanvaar hoewel hy vir my maar bra onafgerond lyk.

In die eerste verwysing daarna word dit as ‘n semi-spookstorie beskou.

Dit dui vir my daarop dat die storie verder verwerk moet word en na ek dit gedoen het, stuur ek dit aan verskeie persone wat ek as bekwaam vir die taak beskou of wat as sulks aan my voorgehou word.

Persoon nommer een, ‘n joernalis se mening: Jy kom te sterk deur en maak jouself aan herhaling skuldig. “Dankie”, ek luister en skaaf verder.

Die volgende dame spog met ‘n M graad in Afrikaans en het ook ‘n idee van my motiverings agter dié skryfsel:

Dit is ongelooflik mooi geskryf. En slim. Die parallelle trek met die murasiehuis en jou eie lewe… en die skep van ‘n alter-ego. Pragtige bekrywende taalgebruik en beeldspraak.
Jy maak kop skoon. Oor jou vrou en kinders. Moenie te hard op jouself wees nie. Jy was vir hulle goed, met foute en al.

Raai, ek het Juliemaand in die Willistonomgewing voor so ‘n murasie gestaan. Dis op die plaas waar ons gekuier het, baie ver van die huis af by ‘n waterbron

‘n Vriend wys my storie aan ‘n kollega, ‘n Afrikaans-taal onderwyser en ook amateurskrywer: Ek het dit baie geniet! Die man dink nes ek.

Die volgende persoon se mening: Ek mis die storie agter die storie. Ek sien baie wroeging. Miskien was dit iets wat jy uit jou sisteem moes uitskryf?

Iemand wat my blog volg: Die VERLEDE- Boer se erkenning van sy mislukking, Die HEDE- egosentriese denke van die karakter in die verhaal en geslote hek TOEKOMS, dui vir my daarop dat: Deur selfgesprek en afsondering kan mens nie probleme oplos nie. Sal graag terug voer op my siening wil hê.

Die mening van ‘n afgetrde prof in letterkunde en iemand met ‘n paar kortverhaal bundels op sy kerfstok: Jy skryf met ‘n gemaklike pas, dit lees lekker.
Jy wil dit in ‘n manuskrip inwerk, bring hom vir my as jy klaar is.

Die punt wat ek wil maak is: Luister na mense soos my joernalis vriendin wat die klem op tegniek laat val. Die inhoud van jou storie sal nie deur almal verstaan word of by almal byval vind nie!

Vertel hom net duidelik.

Ben Le Roux

Wat beteken die groep vir ons lede?

images.jpg

SA Skrywers en Digters bestaan uit ‘n unieke groep mense wat gun dat die son oor mede-lede skyn, bly is vir almal se prestasies, deel in mekaar se stories, GEEN negatiewe kommentaar gee nie, tyd maak om ander se skeppings te lees, en al is daar nie altyd kommentaar nie, wys hulle dat hulle daar was deur ‘n duimpie of meer te lig. Ons is skrywer-vriende, gebind deur letters en woorde, en gedagtes wat neergepen word. Elkeen het ‘n unieke skryfstyl, en ALMAL van ons sien onsself as skrywers/digters. Hier kan jy uiting gee aan jou talent sonder om bedreig te voel.

Sonja Brown

My Eden

As onbekende en swak taalkundige loop ek eendag ʼn dig en storie groep raak. Ek was en is maar altyd skepties want meeste groepe is net dit… groepe. ʼn Plek waar jy vir almal kan wys wat jy skryf.

Hier was en is dit nie die geval nie. Voor ek my kom kry beland ek in die middel van ʼn uitdaging. (As ek vandag daarna terug kyk, kan ek net glimlag) Komas en punte op skoon verkeerde plekke. Hoofletters heel verkeerd gebruik. Verwarrende woorde verkragte anglisismes. Patetiese sin ordes (Nie dat ek dit nou reg doen nie, maar daar is darem ʼn verbetering)

Ek was nie ʼn week tussen hierdie hulpvaardige mense nie of ek begin voel of ek my tweede familie ontdek het. Pragtige mense… Hans nie so nie, maar so klink dalk ʼn bietjie beter. Spel liewer hierdie woord so of so. Liewe ouers!!!! Ek het my kop in skaamte laat sak toe ek sien hoe swak my Moedertaal oor my lippe en tussen my sleutelbord vingers deur getrek word.

Glo my, ek wou ophou. Ek het dadelik besef dat ek nie eers ʼn miljoenste van die kwaliteit kennis het wat ek nodig het om woorde te kan oordra nie. Toe kom die uitdagings en ek as leek duik in by die diepkant tussen die Stephen Kings en Dalene Mathee’s in die groep. Met ʼn sagte woord en professionele benadering word my foute reg geskaaf.

Vandag, net ʼn paar maande van my toetrede of aansluiting of wat ook al die regte woord daarvoor mag wees, staan ek in nederigheid en dankbaarheid. In ʼn baie kort tydperk verskyn my naam in drie verskillende bundels. Eerstens ʼn groot dank aan onse Hemelse Vader en tweedens baie dankie aan pragtige mense wat my so wonderlik ondersteun.

Hannes Snyman

Wat sê ‘n mens oor ‘n groep as dit jou menswees radikaal begin verander het. Ek is ‘n mens wat my hele lewe nog die agterhoede gedek het. Op hierdie groep het ek kom groei. Nie net in my skryfsels nie want o genade daar is nog ‘n ver pad wat ek moet loop maar my menswees het n hupstoot gekry. Om jou hart op ‘n groep oop te maak was vir my bitter moeilik want mense is genadeloos. Ek doen dit nou sonder skroom. Ek weet niemand oordeel nie. Hier maak mense mekaar nie seer nie. Hier sien niemand my, ken niemand my maar ek word tog aanvaar. Dis die kern. Ek word aanvaar deur ‘n groep mense waar ons mekaar se lief en leed deel. SA SKRYWERS het my so baie dinge kom leer. Ek het vriende al kom ek nooit met ander in aanraking nie. Ek love dit hier.

Riana Barnard Matthee