Rubriek skryf – Madre verduidelik

Vir al ons rubriekskrywers en voornemende skrywers in besonder Mantiewat hieroor navraag gedoen het. In ‘n rubriek skryf jy die waarheid. Punt.

Dit mag ‘n persoonlike ervaring wees wat jy met lesers wil deel, of jou mening oor ‘n situasie wat tans nuuswaardig is. Jy sê wat jy wil sê en stop.

Jy is beperk met woordtelling. Die algemene norm is sowat 400 woorde. As jy dus iets wil vertel wat die publiek aangryp moet elke woord tel. Dit kan frustrerend raak, want jy wil nog soveel sê!

Dit in ‘n neutedop is die verskil tussen fiksie en rubrieke skryf. En trek jou krokodil-pakkie aan, want lesers gaan jou werk soms uitmekaar skeur.

Maar skryf!, want dit is waarom ons rubriekskrywers is.

SA Courant

Het jy ‘n storie om te vertel? Iets wat jy dink bewusmaking verdien? Dit kan komies wees, iets wat jou pla of selfs ‘n verlange na dinge wat was. Skryf dit vir ons in ‘n rubriek van ongeveer 400 woorde” Of iets dergelik, dit moet egter Simon Riekert se goedkeuring ook wegdra.Sluit dadelik aan by SA Courant.

SA Courant

‘n Nuwe blad sien die lig: SA Courant

25674470_10155955244768523_632207605_n

‘n Nuwe baba is gebore vir eg Afrikaans- ʼn kleinboet vir SA Digters en SA skrywers op die 7de Desember 2017 te Bakkiesblad: SA Courant onder leiding van Simon Riekert en mede-stigters wat belowende digters en skrywers gaan skoei om rubrieke te skryf. Hierdie inisiatief streef om verder te bou en uit te brei op wat SA Digters en SA Skrywers alreeds behaal het. Hierdie splinternuwe blad beoog om ʼn platform te skep vir aspirant joernaliste om nuusgebeure wat elkeen raak objektief en feitelik deur te gee soos dit voorgeskryf word deur die raamwerk van joernalistiek in Suid-Afrika. — Salome Opperman.

Vir die wat meer wil weet sluit gerus aan by ons.

Facebook groep

Madre van Tonder by madre@vodamail.co.za

Simon Riekert by fulminiculus@gmail.com