NUWE BUNDELUITDAGING: Die Judas-Web.

Vir almal wat al onder verbale of fisiese mishandeling deurgeloop het, of so ‘n storie ken, plaas asseblief jou storie van ongeveer 1,500 woorde op die blad, en e-pos vir my by saskrywers.elsabe@gmail.com met die opskrif Die Judas-Web.

Sluitingsdatum 31 Mei. Onderhewig aan keuring en proeflees. Ons wil ‘n bundel van so 30 stories publiseer om mense wat daardeur gaan, te laat weet hulle is nie alleen nie.

EIE BUNDELKOMPETISIE 2018

Hier is die reëls en datums weer!!

1. Slegs lede wat nog nie voorheen gepubliseer het nie (selfpublikasie ingesluit) mag deelneem.
2. Lede sal slegs op uitnodiging van die stigters en admin genader word.
3. Slegs lede wat gereeld aktief op die blaaie deelneem, sal oorweeg word.
4. Twintig lede sal aanvanklik uitgenooi word en mag die uitnodiging aanvaar of
van die hand wys.
5. Vyf lede sal op ‘n waglys geplaas word om lede wat die uitnodiging van die hand wys te vervang. Daarna sal slegs die lede wat betyds hul stories voorlê, oorweeg word.
6. Drie kortverhale of drie hoofstukke van ‘n roman, moet voor 30 Junie 2018 voorgelê word, wat deur ‘n paneel van vier beoordelaars gekeur sal word.
7. Een wenner en een naaswenner sal voortaan aangekondig word.
8. Die wenner wen 50 gratis bundels en die naaswenner 10 bundels.
9. Alle proeflesing, bladuitleg en drukkostes sal deur SA Skrywers en Groep 7 Uitgewers gedra word.
10. ‘n Inskrywingsfooi van R100 moet jou inskrywing van jou 3 stories vergesel asb.( Bankbesonderhede sal later verskaf word)
11. 15 Kortverhale of ‘n roman van plus/minus 30000 woorde mag gebruik word.
12. Drie hoofstukke van ‘n roman moet voorgelê word.
13. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
14. Die wenners se bundels sal voortaan bekendgestel word saam met die res van ons blaaie se bundels by ons boekbekendstelling in Sept/Okt.
15. Deelnemers moet hul inskrywings tussen 1 en 30 Junie per e-pos stuur na Elsabe de Beer – saskrywers.elsabe@gmail.com
16. Die wenners sal voor 31 Julie 2018 aangekondig word.
17. Alle deelnemers moet teen 31 Julie hul 15 kortverhale of hele roman reg hê vir publikasie.

Die lys van die twintig gekose lede sal binnekort geplaas word.
Baie dankie vir julle deelname en belangstelling in ons blaaie en in hierdie wonderlike kompetisie. Ons glo dat die nuwe reëls almal se goedkeuring sal wegdra.

Elsabe de Beer, Riana le Roux en Admin

Judas Web bundel

Elsabe se baie, baie dankie aan Bets Koen en Driekie J Grobler wat haar help met die saamstel van die bundel.

Driekie is ‘n berader en sy se dit sal baie help vir haar as berader om iemand so ‘n boek in die hand te stop. Sy is ook ‘n gekwalifiseerde proefleser van SAV en gaan help keur en poleer aan die stories. Baie, baie dankie Driekie.

Bets is ook ‘n SAV proefleser, sy gaan vir julle die stories proeflees en die bladuitleg doen, Baie baie dankie Bets, jy help Elsabe vreeslik baie, sy moet nog die Kaleidsokoopbundel en die Bolmakiesie bundel doen, so jy neem ‘n groot las van Elsabe se skouers af.

Driekie beveel aan dat die skrywers dalk anoniem of onder skuilname plaas.

Baie dankie julle twee vir die hulp!

NUWE BUNDEL UITDAGING: Die Judas-Web.

Vir almal wat al onder verbale of fisiese mishandeling deurgeloop het, of so ‘n storie ken, plaas asseblief jou storie van ongeveer 1,500 woorde op die blad, en e-pos vir Elsabe de Beer by saskrywers.elsabe@gmail.com met die opskrif Die Judas-Web.

Sluitingsdatum 31 Mei. Onderhewig aan keuring en proeflees. Ons wil ‘n bundel van so 30 stories publiseer om mense wat daardeur gaan, te laat weet hulle is nie alleen nie.

Bolmakiesie Uitdaging 2 Wenners

Die volgende skrywers het die uitdaging gewen:

  • Evanthe Schurinck – Willem word ‘n Wildbewaarder
  • Riana Barnard Matthee – Pornoster

    Ria Laubscher – Wilmar se Vreemde Reis.

    Baie, baie geluk aan die wenners, julle stories word in ons eerste Kinderboek bundel opgeneem, mits dit geproefleees is.

Reenboogbundel Uitdaging wenners

A man using a bullhorn to make an announcementAANDAG!!

Wenner van: 🏆🎖🏆

REËNBOOGBUNDEL UITDAGING 1 🌈

Baie dankie aan al die digters wat deelgeneem het!! ‘n Rekordgetal van 45 gedigte is voorgelê en almal was van hoogstaande gehalte! Die wenner, wie se gedig dus heel voor in ons nuwe bundel sal verskyn is:

Uitverkoop – Simon Riekert

Baie geluk Simon! Tweede keer in ‘n ry!

Die volgende gedigte is ook reeds gekeur vir opname in die bundel:

Erna Van der Merwe – Reënboog v emosies
Werner Wehmeyer – Reënboog van emosies
Elsabe van der Westhuizen – Jy, vyand van liefde
Linda du Plessis – Kleurbalonne
Driekie Grobler – Reënboog v emosies
Jacolien Odendaal – Tot in jou oë
Tharina Schnetler Dippenaar – Reënboog v emosies
Riana Barnard Matthee – Ek wens v jou ‘n klerespel
Beatrix Hooman – ‘n Kleuredag ontwaking
Christo Visser – Reënboog van klank
Stephan Uys – (Reënboog v emosies 1)
Sy aan sy

Onthou asb dat jy steeds die gedigte wat jy ingestuur het later kan voorlê vir keuring wanneer die tyd daarvoor aangekondig word!!

Uitdaging 2 = Vrees – is reeds oop vir plasing op die blad.

Riller-bundel uitdaging

‘n Ruk gelede het ons met die riller uitdaging begin en heelwat belangstelling gekry. Na baie navrae het ons besluit om nog stories by te voeg en dit weer oopgegooi aan ons skrywers op die Facebook blad en die 6 beste stories is gekies deur ons paneel wat saam die ander gevoeg sal word. Die bekendstelling sal later bekend gemaak word.

Hulle name is as volg:
Martelize Faber
Zetwee Hattingh
Stephan Uys
Lynelle Clark
Jeannetta Swanepoel
Piet Saayman

Boekbekendstelling vir einde Februarie 2018

Books-kib-stk

Na ons reuse sukses met ons boekbekendstelling hierdie jaar in Pretoria en die Kaap wil ons dit graag weer doen. Omdat die ruimte by die Haphuis beperk is moet ons ‘n nuwe plek oorweeg en om dit te doen moet ons weet wie sal belangstel om te kom.

Ons beplan groot dinge en daar is heelwat nuwe boeke wat ook die lig gaan sien.

Julle ondersteuning word hoop op prys gestel.

Dui asseblief aan of julle sal kan bywoon.

Die groot nuus is ook dat Francois Stemmet die seremoniemeester sal wees, waaroor ons baie opgewonde is!