Pretoria Boekbekendstelling

Een Saterdag in Pretoria.
Sertifikate is gedruk en geraam, skilderye geskilder en
Verpak. Reelings by die HAP Huis, Carla van der Spuy
Wat kom praat, gaste, skrywers en digters almal op pad
Alle paaie lei na die HAP Huis.
My stem was die hele week weg, en ek moet praat!
Daar gekom, soos by familie. Ons almal op SA’s is mos maar so!
Ria, Ansie,Driekie, Juanita my vennote.
Ilette Strydom ons uitgewer by groep 7. Liewe, liewe mens!
Ses wenners wotd aangewys.
Carla vertel van haar navorsing vir haar boeke in tronke.
Karin doen saam met Driekie ons gedigte in gebaretaal.
Almal kuier heerlik saam. SA’s ek lief julle almal!

Kaap boekbekendstelling

Die Pretoria bekendstelling is verby en was suksesvol het ek gehoor. Nou is dit ons Kapenaars se beurt. Die tyd is om die draai. Dit is nou jou kans om te deel wees van die Skrywersfamilie. Kom kuier lekker saam met ons 20 Oktober van 12-3 by die Taalmonument in die Paarl. As jy nog nie jou kaartjie aangekoop het nie doen dit sommer gou. Bring ook van jou boeke om te koop aan te bied.

Koste van kaartjie R120. Sluit ‘n ligte middagete in asook die diensfooi en toegangsgeld.Drankies opsioneel.

Bankbesonderhede.

HS vd Westhuizen
Capitec
Spaarrek
Rekno 1593803441
Takkode 470010

Naam en van as verwysing asseblief.

Ps. Bring gerus ‘n vriend/vriendin saam . Hoop ek sien julle daar.

Judasweb bundel is ‘n groot treffer!

SA Skrywers doen dit weer!
Kyk na die hierdie resensie oor ons Judasweb bundel, en kry jou weergawe by ons aanlynwinkel 
Een van ons Sielkundiges het dié grootste LOF vir ons boek: JudasWeb!
Sy werk met sulke mense en vra of jul daaraan sal dink om dit óók in Engels te vertaal. Sy sê hierdie boek moet wêreldwyd versprei word en ook daarna in amder tale! Dit is ñ Boek van Hoop!
Dankie, ook aan Groep7 vir die druk, die uitleg is puik gedoen, en daar’s geen spelfoute in nie. Dankie vir almal wat saamgewerk en hul verhale vertel het.

TAALWENKE – ELSABE DE BEER

ʼn Paar notas wat ek vir myself gemaak het terwyl ek geleer het vir my proeflees kursus:
1. Grondwet – nie grondwet nie.

2. Goeie Vrydag – Die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae en feesgetye word met ʼn hoofletter geskryf.

3. Komma: – wanneer dit voor wat geplaas word, verander die konteks van die sin:

Die studente wat geslaag het, gaan universiteit toe. ( Slegs dié wat geslaag het.)

Die studente, wat geslaag het, gaan universiteit toe. ( al die studente het geslaag.)

4. Los of vas skryf:

Skeef loop – letterlik
Die man wat skeef loop.

Skeefloop – figuurlik
Planne wat skeefloop.

Wannneer dit nie duidelik is nie, skryf eerder vas.

Voornaamwoorde + self – los of vas
Ekself of ek self is albei korrek.

Ek het my gewas.
Ek het myself ( of my self) gewas. (Iemand anders het my nie gewas nie.)

5. Agtervoegsel van -s

As ʼn woord voorafgegaan word deur ‘iets” kry dit ʼn agtervoegsel -s
Iets moois
Iets ergs
Iets leliks
Iets ouds
Iets nuuts
Iets onbekends
Iets suurs

6. Wisselvorme:

Mexiko – Meksiko
E
Teweegbring – teweeg bring

7. Verlede tyd:
Woorde wat met be-, ge-, er- ont- en ver- begin, kry nie ʼn “ge” in die verlede tyd of die
geboë vorm nie.

NIE: gebegin, ge-ervaar, ge-onteer.

8. Wat ( b. nw.)
Mense, diere, dinge
Die deur wat klap.
Die hond wat blaf.

Wie: Waar besit ter sprake is, of saam met ʼn voorsetsel.

Die man vir (voorsetsel ) wie hy geld skuld.
Die vrou wie ( besit) se hoed afgeval het.
Wie/ oor wie/ deur wie vir mense
Waarvan/ waaroor/ waardeur vir dinge en abstrakke begrippe.

Die insittendes van die motor waarvan die band gebars het, is ernstig beseer.

Waarvoor nie vir wat nie.
Dadelik na s.nw.
“Die man waarvoor ek baklei.”

Werkwoord:
Altyd agter in die sin.
Hulle het alles wat hulle kon kry, gevat.

Was:
Hulle was onderdruk. X
Hulle is onderdruk. ѵ

Ons groei

Ons groei voort! Ons ledetal op die blaaie op 25 Julie 2018 is as volg:

SA Skrywers 1457

SA Kinderboekskrywers 314

SA Digters 1232

Skrywers boekeblad 322

SA Skrywers afrondingsblad 271

Elke lid kan gerus wees in die wete dat jul nou deel is van die wenspan.