REËNBOOGBUNDEL UITDAGING 9

Tema: HARTSEER

Skryf ‘n gedig van maksimum 16 versreëls met HARTSEER as tema. Plaas dit op die blad onder bg opskrif en saam met foto asb.

Sluitingsdatum: 22 April om 5 uur

Die wenners van UITDAGING 8: Haat en PRETUITDAGING 3 word môre aangekondig.

Foto geleen van www.pxhere.com

 

hartseer

KALEIDOSKOOP UITDAGING 4

Skryf ‘n kortverhaal van 1500 – 2000 woorde en gebruik een van dié temas:

1) Uiteindelik ‘n erfgenaam vir…

2) Dit was die laaste keer wat ek hom/haar gesien het…

3) Bloed is toe NIE dikker as water nie…

Plaas dit op die blad en e-pos dit ook na aan Riana by:  rianaleroux111@gmail.com

Sluitingsdatum: 14 April om 5 uur

Eie Bundelkompetisie – deelnemers

Baie geluk aan die volgende 20 lede wat uitgenooi is om aan die Eie Bundelkompetisie deel te neem.

Lede moet asseblief voor 31 Maart 2018 bevestig of hulle die uitnodiging aanvaar of van die hand wys ? Stuur asseblief ‘n e-pos aan Riana of Elsabe

Louisa van Vliet
Ria Fourie
Salome Oppermann
Liezl Blacquiere
Frikkie Dippenaar
Edna Tolmay
Werner Wehmeyer
Jeannetta Swanepoel
Riana Barnard Matthee
Christina Bergh
Marika Swart Giani
Zareth Ciska Geyser
Elsabe van der Westhuizen
Erna Van der Merwe
Hannes Snyman
Florien Deysel
Rosalee Meyer
Bets Koen
Berdine Henstock
Moekie Mouton

Baie geluk!

Indien enige van hulle nie kans sien om deel te neem nie, is daar vyf name op die waglys  Daarna sal geen ander persone vir hierdie rondte oorweeg word nie.

EIE BUNDELKOMPETISIE 2018 – Reëls

Ons herroep hiermee die vorige lys en reëls van die Eie-Bundelkompetisie soos aangekondig op 15 Desember 2017.

Nadat ons lank hieroor gedink en na vele insette en klagtes geluister het in verband met hierdie groot kompetisie wat ons op albei ons blaaie jaarliks loods, het ons as volg besluit:

1. Slegs lede wat nog nie voorheen gepubliseer het nie (selfpublikasie ingesluit) mag deelneem.
2. Lede sal slegs op uitnodiging van die stigters en admin genader word.
3. Slegs lede wat gereeld aktief op die blaaie deelneem, sal oorweeg word.
4. Twintig lede sal aanvanklik uitgenooi word en mag die uitnodiging aanvaar of
van die hand wys.
5. Vyf lede sal op ‘n waglys geplaas word om lede wat die uitnodiging van die hand wys te vervang. Daarna sal slegs die lede wat betyds hul stories voorlê, oorweeg word.
6. Drie kortverhale of drie hoofstukke van ‘n roman, moet voor 30 Junie 2018 voorgelê word, wat deur ‘n paneel van vier beoordelaars gekeur sal word.
7. Een wenner en een naaswenner sal voortaan aangekondig word.
8. Die wenner wen 50 gratis bundels en die naaswenner 10 bundels.
9. Alle proeflesing, bladuitleg en drukkostes sal deur SA Skrywers en Groep 7 Uitgewers gedra word.
10. ‘n Inskrywingsfooi van R100 moet jou inskrywing van jou 3 stories vergesel asb.( Bankbesonderhede sal later verskaf word)
11. 15 Kortverhale of ‘n roman van plus/minus 30000 woorde mag gebruik word.
12. Drie hoofstukke van ‘n roman moet voorgelê word.
13. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
14. Die wenners se bundels sal voortaan bekendgestel word saam met die res van ons blaaie se bundels by ons boekbekendstelling in Sept/Okt.
15. Deelnemers moet hul inskrywings tussen 1 en 30 Junie per e-pos stuur na Elsabe de Beer – saskrywers.elsabe@gmail.com
16. Die wenners sal voor 31 Julie 2018 aangekondig word.
17. Alle deelnemers moet teen 31 Julie hul 15 kortverhale of hele roman reg hê vir publikasie.

Die lys van die twintig gekose lede sal binnekort geplaas word.
Baie dankie vir julle deelname en belangstelling in ons blaaie en in hierdie wonderlike kompetisie. Ons glo dat die nuwe reëls almal se goedkeuring sal wegdra.

REËNBOOGBUNDEL UITDAGING 7:

Neem deel aan ons uitdaging op SA Digters se blad.

Tema: LIEFDE ❤️

Skryf ‘n gedig van enige lengte met LIEFDE as tema. Dit kan romantiese, ouerliefde of enige ander tipe liefde wees.

Plaas dit onder die uitdaging opskrif en plaas dit op die SA Digtersblad blad. Heg die foto hieronder by jou plasing

Sluitingsd29136412_1800880913285120_3114570696622080000_natum: 25 Maart om 5 uur

Skryfkompetisies om aan deel te neem.

canstockphoto7383805

Lekker skryfkompetisies !!!

Skryfkompetisies is ‘n uitstekende manier om blootstelling as skrywer te kry, selfvertroue te ontwikkel en dalk selfs ‘n prys of twee los te slaan.
* Bly by met skryfkompetisies, publikasiekanse en skryfwenke, en teken in op ons gratis nuusbriefwat een keer per maand verskyn en skryfwenke, skryfkanse en nuus oor skryfkompetisies bevat.
* Weet jy van enige ander skryfwedstryde? Deel dit met ons in die comment-blokkie heel onder.

Montagu Boekfees: Skryfkompetisie 2018

Die 2018-Montagu-Boekefees in samewerking met die ATKV Suurbraak en die Amateur Skrywers Bond bied ‘n groot skryfkompetisie aan met lekker prysgeld en die moontlikheid van opname in die bundel Sprankel!
Sluitingsdatum: 30 Junie 2018
Oop vir enige skrywer op enige plek en in enige tipe Afrikaans.
* Kortverhale nie meer as 2 000 woorde nie.
* Gedigte nie langer as 40 reëls nie.
Ouderdomsgroepe van deelnemers: 12 – 16 jaar; 17 – 25 en bo 26.
📷Pamflet 1.jpgJPG Image 397.3 KBDOWNLOAD📷Pamflet 2.jpgJPG Image 428.1 KBDOWNLOAD

Ken jou storie – Kinderboek-kompetisie 2018

Kinderboek-skryfkompetisie. Inskrywings open 12 Maart 2018 en sluit op 31 Oktober 2018.
Skryf ‘n kinderboek vir een van hierdie ouderdomsgroepe: 4-6 jaar, 7-9 jaar, 10-12 jaar.
Groot kontantpryse.
Kry meer inligting HIER

Poort-skryfkompetisie – 2018

Die Poort-skryfkompetisie vind jaarliks plaas, dis ’n projek van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en het ten doel om skeppende skryftalent in Afrikaans onder hoërskoolleerders te ontdek en aan ’n groter gehoor bekend te stel.
Sluitingsdatum: 20 Februarie 2018
Nasionale Prosa- en Poësiewenners: R5 000,00 elk as prysgeld.
Tien beste skrywers landwyd word na ‘n Skrywer-Slypskool by die Universiteit van die Vrystaat in die Julievakansie genooi (geborg deur die SA Akademie vir verblyf en Slypskoolkoste asook ‘n persentasie van die reiskoste). ‘n Groot aantal leerders se skryfwerk word na keuring in die POORT-publikasie 2018 opgeneem. KLIK vir meer inligting.
📷Poort-inskrywingsvorm – 2018.pdfAdobe Acrobat Document 518.1 KBDOWNLOAD

Bloemfonteinse Skrywersvereniging – 2018 – temas nog nie gefinaliseer nie

Die NASIONALE BSV-SKRYFWEDSTRYD 2018 met prysgeld van R18 000, vir die 9de keer geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat, se onderwerpe vir 2018 is (amper) bekend. Op die spel is ‘n gratis slypskool vir alle wenners in Augustus 2018 by ‘n bekende en geliefde skrywer, wisseltrofeë en publikasie van wenverhale in Inkvars 2018 , asook prysgeld van R18 000.
Die wedstryd sluit op 14 Mei 2018
Die wedstrydpamflet en die twee inskrywingsvorms (Hoërskole, gr. 8-12 en Ope-afdeling) is binnekort op die BSV-webwerf beskikbaar.

NB UITGEWERS se Groot Afrikaanse Romanwedstryd

📷
Die Groot Afrikaanse Romanwedstryd word elke drie jaar deur NB Uitgewers aangebied. In 2012 was Ingrid Winterbach die wenner met Die aanspraak van lewende wesens en in 2015 Dan Sleigh, met sy roman 1795. Die debuutwenner was Anneli Groenewald met Die skaalmodel.
Prysgeld van altesaam R350 000 is op die spel. Die wenner ontvang R200 000, terwyl die tweede en derde prys onderskeidelik R70 000 en R40 000 beloop. Daar is ook ’n debuutprys ter waarde van R40 000.
Vind die inskrywingsvorm en reëls hier:

RomanzaLiefde: Skryfkans

📷RomanzaLiefde – Riglyne.pdfAdobe Acrobat Document 213.8 KBDOWNLOADKlik hier om jou RomanzaLiefde-storie in te stuur

Woordfees-kortverhaalwedstryd – jaarliks

Skrywers van kortverhale skuif nader. Lapa se nuwe tydskrif, RomanzaLiefde, verskyn kwartaalliks by sekere takke van Clicks, Checkers, Spar en CNA. Vind hieronder uit wat die riglyne is.
Lekker pryse! Twintig kortverhale sal gekeur word vir plasing in die Woordfees-bundel. Suksesvolle verhale kan R4 000 wen. Boonop word een van die gepubliseerde verhale met die komplimente van kykNET vir die Silwerskermfees ontwikkel.
Sluitingsdatum: 30 September jaarliks
HOU HIERDIE BLAD DOP.

Poetry in McGregor bied aan …

Lapa se jeugroman-kompetisie

Sanlam-kompetisie vir jeugverhale

Afri-fiksie: Jaarliks

Hierdie jaarlikse Afrikaanse wetenskapfiksie/fantasiekompetisie word deur Thompson Boekdrukkery geborg, onderskryf en geadministreer.
Sluitingsdatum: 1 Julie elke jaar.

Maskew Miller Longman – jaarliks

RSG se radiodrama-kompetisie: Jaarliks

RSG en Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie. Slegs oorspronklike en nuwe radiodramas word aanvaar. Buiten die drie hoofpryse is daar soms ook ‘n spesiale prys vir skrywers jonger as 30.
Sluitingsdatum: Donderdag 30 Junie.
Vir meer inligting oor die skryf van radiodramas en hoe om in te skryf, klik HIER
KLIK HIER en luister na Skryfgeheime-student, Fred Charly, se 2014-RSG-wen-inskrywing.

City Press & Tafelberg Uitgewers, nie-fiksie: Jaarliks

City Press en Tafelberg, ‘n druknaam van NB-Uitgewers, belê in niefiksie-outeurs deur middel van ‘n jaarlikse prys. Die prys van R60 000 word jaarliks toegeken aan ‘n skrywer om navorsing te befonds vir ‘n niefiksie-boek oor ‘n onderwerp wat belangrik is binne die Suid-Afrikaanse konteks. Klik hier.

The Maskew Miller Longman Awards announces the genre for 2018 – Youth Fiction

About the Competition

The Maskew Miller Longman Awards announces the genre for 2018 – Youth Fiction
Pearson South Africa invites experienced, new and aspiring writers to submit their unpublished and original Youth Fiction for teenagers aged 16 to 18 years.
Youth novels submitted should be between 25 000 and 45 000 words.
Manuscripts submitted can explore the following themes but are not limited to: comedy, romance, fantasy, sport and adventure.
A prize of R 10 000.00 will be awarded to each winner and the winning entries will be considered for publication by Pearson. A prize of R3 500 will be awarded to each finalist.
Closing date for entries is 4 May 2018.
Give South African youth the gift of reading in their mother tongue and download your entry form to enter.
To find out more and receive competition updates, like us on Facebook MMLLitAwards or send your queries to us at mmlliteratureawards@pearson.com

Riller-bundel uitdaging

‘n Ruk gelede het ons met die riller uitdaging begin en heelwat belangstelling gekry. Na baie navrae het ons besluit om nog stories by te voeg en dit weer oopgegooi aan ons skrywers op die Facebook blad en die 6 beste stories is gekies deur ons paneel wat saam die ander gevoeg sal word. Die bekendstelling sal later bekend gemaak word.

Hulle name is as volg:
Martelize Faber
Zetwee Hattingh
Stephan Uys
Lynelle Clark
Jeannetta Swanepoel
Piet Saayman

Diguitdaging deur SA Skrywers eb Digters

f2b3a74da798c1d8fd0786c49dd8fbaf--old-books-vintage-books

SA Digters: “DIGUITDAGING: Skryf ‘n Engelse sonnet oor: Die Kind. Sluitingsdatum 7 Desember om 13:00. Plaas op die blad en stuur vir Louis Krüger by LLSJ Krüger <llsjk@lakruger.za.org> Lekker prys op die spel!”

Sonnet:
Liefde was aanvanklik die onderwerp van die sonnet en die naam het “klein liedjie” beteken. ʼn Digvorm wat uit veertien versreëls bestaan waar daar ʼn tweedeling is, naamlik ʼn oktaaf (agt versreëls bestaande uit twee koeplette) en ʼn sekstet (‘kwatryn en koeplet of twee tersines.)
Daar bestaan twee tipes sonnette – die Engelse sonnet en die Italiaanse sonnet.
Engelse sonnet: Die veertien versreëls word in drie kwatryne en ʼn koeplet verdeel en lyk soos volg:
ABAB CDCD EFEF GG
Voorbeeld van Izak de Villiers:
Saartjie en Santjie
My tweelingklasmaats op laerskool
Hulle het partymaal saam viswinkelstink geruik A
en hul geskaam vir dié tyd van die maand B
kaalvoet in hul geskifte rokkies – gebruik A
meer seep, is soms gespot. Elke Vrydagaand B
het hul op straathoeke die Paarl Post verkoop C
met goiingsakke aan, waaardeur wit armpies steek D
Saartjie kon so mooi sing, die juffrou het gehoop C
haar stem kon haar op Helpmekaarstraat wreek D
Een Nuwejaar was hulle by die Strand se Pawiljoen E
Wikkellyf het Saartjie Hasie se Kort Stert gesing F
Santjie het agter by die Baskitaar gesoen E
Sononder op die sand het mans gelag en bier gedrink F
Saartjie het kort daarna verdwyn, sonder sien of hoor, G
Santjie is later met ʼn tou in Soutrivier vermoor G
Uit: “Afrikaanse Skryfgids” Riana Scheepers & Letti Kleyn