Kaleidoskoopuitdaging 6: 12 Mei – 2 Junie

Skryf ‘n verhaal van 1 500 – 2 000 woorde. Lees jou verhaal minstens drie keer deur voordat jy dit finaal plaas en aanstuur. Verhale moet ons teen Saterdag 2 Junie om 12:00 bereik.

Kies een element / item uit drie van die onderstaande groepe waar om jy jou verhaal bou. Plaas jou drie items / elemente langs jou verhaal se titel.

1. Oggend om 9:00; middag om 15:00; skemer teen 18:30; nag om 2:00
2. Veekraal; parkeerarea; feesterrein; winkelsentrum
3. Motorfiets; valskerm; skaatsplank; trekker
4. Woede; vrolikheid; vergeetagtigheid; droomverlore

Sorg vir ‘n goeie storielyn, behou kontinuïteit, ontgin oorspronklike moontlikhede. Wees kreatief. Lekker skryf.

E-pos julle stories aan roneldunn@gmail.com

Skryf ‘n kinderstorie

GROOT UITDAGING VIR ONS:
Florien se die mammas en onnies wat by haar verkope was, is almal moeg vir vertaalde Afrikaanse kinderstories. Skryf asseblief vir ons ‘n bundel met so 10 kinderstories, ons borg die bestes vir publikasie by groep 7!
E-pos aan saskrywers.elsabe@gmail.com

Laerskool werkboekie uitdaging

Ontwerp ‘n werkboek van ongeveer 8-10 bladsye vir graad R en/of graad een met ‘n oulike swart en wit buiteblad . Stuur vir Florien, ons druk dit sommer op ons drukkers en sy verkoop dit vir jou by die skole.

REËNBOOGBUNDEL UITDAGING 5

Hier is dit!

Skryf ‘n verhaal waarin die hoofkarakter:
1) Op ‘n lyk afkom
2) Se grootste vrees bewaarheid word
3) ‘n Litteken opgedoen het – kan fisiek of emosioneel wees
4) Na sy/haar broer/suster soek nadat hul paaie om die een of ander rede moes skei.
5) Om die een of ander misverstand ‘n vlugteling is en nou sy onskuld moet probeer bewys
● Aantal woorde: 1500 – 2000
● Sluitingsdatum: 12 Mei 2018
● Dui duidelik aan oor watter onderwerp jy skryf. Plaas jou verhaal op die blad en e-pos vir my by seockhuis@gmail.com.
● Ons sien uit na jul skrywes! Geniet dit.

NUWE BUNDEL UITDAGING: Die Judas-Web.

Vir almal wat al onder verbale of fisiese mishandeling deurgeloop het, of so ‘n storie ken, plaas asseblief jou storie van ongeveer 1,500 woorde op die blad, en e-pos vir Elsabe de Beer by saskrywers.elsabe@gmail.com met die opskrif Die Judas-Web.

Sluitingsdatum 31 Mei. Onderhewig aan keuring en proeflees. Ons wil ‘n bundel van so 30 stories publiseer om mense wat daardeur gaan, te laat weet hulle is nie alleen nie.

Kompetisie – BSV 2018

Die nuwe BSV-jaar beloof om in 2018 weer vele hoogtepunte op te lewer, met die Nasionale BSV-Skryfwedstryd 2018 wat weer geborg word deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat, hierdie keer met ’n hele R18 000 prysgeld.

Die nodige dokumente is hier beskikbaar:

Skrywers 2018 : Skryfwedstryd pamflet 2018

Inskrywingsvorm : Skole Inskrywingsvorm 2018 Jnr & Snr

Inskrywingsvorm: Ope afdelings Inskrywingsvorm 2018 ope afdelings

Hier onder volg die temas vir dié wedstryd:

SKOLE: Junior Afdeling (AJ)

Sien jou pouse…
Die fietsdief.
Die jaar 2552.
Alleen verby die begraafplaas…
Towertapyt.
Stokkiesdraai.
SKOLE: Senior Afdeling (AS)

As ‘n ou en jong siel ontmoet.
Brugjaar na Matriek.
Tafelberg vertel…
Toegegooi onder tegnologie.
Ek word dopgehou.
Wonderwêreld onder die see.
OPE: Afdeling B – Ongepubliseerd

Geheim van die seegrot.
Geveg met die “Groot K”.
Skriknag.
Die Boggom van Boggomsbaai…
Bruid op ‘n donkie.
Besoekers.
OPE: Afdeling C – Gepubliseerd

Geheueverlies…Of nie?
‘n Karoodorp met oemf!
‘n Suksesvolle egskeiding.
Petrus by die Poort.
Kuierkombuis.
My kind, die krimineel
OPE & SKOLE: Afdeling D & DS – Poësie

Eie keuse.
Ode aan Afrika
Die wonder van die lewe.
Vlammehel.
Gestolde tyd.
Vissermansgebed

Kompetisie (Maskew Miller Longman)

Maskew Miller Longman Literature Awards

The Maskew Miller Longman Awards announces the genre for 2018 – Youth Fiction

Pearson South Africa invites experienced, new and aspiring writers to submit their unpublished and original Youth Fiction for teenagers aged 16 to 18 years.

Youth novels submitted should be between 25 000 and 45 000 words.

Manuscripts submitted can explore the following themes but are not limited to: comedy, romance, fantasy, sport and adventure.

A prize of R 10 000.00 will be awarded to each winner and the winning entries will be considered for publication by Pearson. A prize of R3 500 will be awarded to each finalist.

Closing date for entries is 4 May 2018.

Give South African youth the gift of reading in their mother tongue and download your entry form to enter.

To find out more and receive competition updates, like us on Facebook MMLLitAwards
or send your queries to us at mmlliteratureawards@pearson.com

BOLMAKIESIE Uitdaging 3

Plaas op die blad en e-pos vir Elsabe by saskrywers.elsabe@gmail.com. Merk asseblief duidelik Bomakiesie 3

‘n Storie oor een van die volgende:

  • Superheld
  • Feetjieland
  • Die kabouters hou partytjie.
  • Olifant word kwaad.

Minstens 800 woorde. Saam met ‘n prentjie of skets. Sluitingsdatum: 14 April 2018