Kinderstorie bundel wenner

Baie, baie geluk!
Wenner van 10 storie-bundel vir kinders:

Elsabe van der Westhuizen. Gertjie gaan Wildtuin toe.

Jou boek sal geborg word deur SA Skrywers en gepubliseer word by groep 7, onderhewig aan

Proeflees.

Redes:

Prente is kleurvol en interessant vir kinders.

Stories sal kinders leer van die Wildtuin en die diere laat waardeer.

Daar is dialoog in die stories. Dit is baie belangrik in enige storie, veral in kinderstories!

Baie geluk en dankie aan almal wat gehelp keur het

Wenner – skreeuende vrou uitdaging

Sjoe, maar daar was skreeuende stories! Baie dankie aan almal wat deelgeneem het. Hansie Lategan, jou verhaal slaan vir jou ‘n blitskursus by Leoni Benghiat van SA Vryskutskrywers los. Baie geluk🎉 Kontak haar asb: leoni@savryskutskrywers.co.za

Kaleidoskoop Wenners (nr 6)

Baie dankie aan elkeen wat deelgeneem het aan Kaleidoskoop Uitdaging nr. 6.
Die keuse was moeilik en daarom het admin besluit om nie ‘n spesifieke wenner te kies nie, maar vyf.
Weereens baie geluk aan almal.

EN DIE WENNERS IS:
Magda Brink

Jaco Groenewald

Madelein Klopper

Bets Koen

Petrus Visser

Wenners: KALEIDOSKOOP UITDAGING 4

Baie dankie vir al die inskrywings – ek was aangenaam verras deur die kwaliteit van die verhale. Die volgende stories sal opgeneem word in ons bundel:

Magda Brink – Erfgenaam
Helena van Heerden – Erfposie
Charmaine Cloete – Instink
Don Coetzee – Die laaste keer(Sy was te
fyntjies vir hierdie daad)
André Schönfeldt – Die laaste keer wat ek
hom gesien het
Bets Koen – Bloed is toe nie dikker as water
nie

Baie geluk aan julle almal. R50 per storie moet asb betaal word aan Elsabe de Beer vir die proeflees daarvan. Sy sal die bankdetails weer hier plaas.

Wenners REËNBOOGBUNDEL UITDAGING 8

Tema: HAAT

Ons moet die 32 lede wat aan hierdie uitdaging deelgeneem het van harte gelukwens!!

Julle digvernuf laat enige leser sprakeloos en dit was weereens moeilik om uit meer as 50 gedigte te kies!!

Die wenners van die uitdaging is:

Rosalee Meyer – Nagvers
Stephan Uys – Die wrok
Evanthe Schurink – Al wat oorbly

Die volgende gedigte word ook opgeneem in ons bundel:

Bernadette Y Pretorius – Odium
Lindie van Gass – Ek haat jou
Werner Wehmeyer – Weer begin
Mariaan Taljaard – Geen vergifnis
Wena Terblanche – Ek wil jou haat
Christo Visser – Vry gevange spook
Dirkie Burmeister – Grond onaangeraak
Riana Barnard Matthee – Haat/Nyd
Emmse Burger – Wegbreek
Henli Soloms Barnard – Spieëls
Ruiter Malan – Haat

Baie geluk aan julle almal!!

Bolmakiesie Uitdaging 2 Wenners

Die volgende skrywers het die uitdaging gewen:

  • Evanthe Schurinck – Willem word ‘n Wildbewaarder
  • Riana Barnard Matthee – Pornoster

    Ria Laubscher – Wilmar se Vreemde Reis.

    Baie, baie geluk aan die wenners, julle stories word in ons eerste Kinderboek bundel opgeneem, mits dit geproefleees is.

Wenners van REËNBOOGBUNDEL UITDAGING 7: Liefde

Ons het 74 ongelooflike inskrywings ontvang!! Baie dankie – julle kan self dink hoe moeilik dit moet wees om net ‘n paar te kies!!

LIEFDE blyk steeds maar die gewildste emosie te wees…

Die wenners is:

Evanthe Schurink – Liefdeshart
Rosalee Meyer – Kindjielief

Baie geluk julle!!

Die volgende gedigte word ook opgeneem in die bundel:

Johan van der Merwe – Ek stuur vir jou meer as ‘n rooiborsduif
Christa Roux – Liefde
Floris Van Zyl – 72 uur
Cliff van Dyk – ‘n Lelie vir Lynette
Christo Visser – Ribbelritme
Mariaan Taljaard – Liefde gee vlerke
Tharina Schnetler Dippenaar – Album vd liefde
Werner Wehmeyer – Nuwe liefde
Driekie J Grobler – Liefde is…
Jenny Broodryk – ‘n Wens
Bernadette Yvain Pretorius – Prentjie
Riana Barnard Matthee – Ware moederliefde
Ansie Van Der Merwe – Liefde

Baie geluk! Die ander van julle – hou asb julle gedigte om later in te stuur vir verdere keuring.

Kaleidoskoop 3 wenners

Ons het ongelooflik baie inskrywings ontvang en dit was besonders moeilik om die wenners te kies. Die van julle wie s’n nie gekies is nie, moet asseblief nie mismoedig voel nie en hou aan plaas en instuur asseblief. Dit was werklik vir ons baie moeilik om te kies en volgende keer is dit dalk joune wat inkom.
Hierdie week is daar tien lede wie se stories in ons Kaleidoskoopbundel opgeneem gaan word.
Hier volg ons 10 wenners in geen spesifieke volgorde nie:

• Moekie Mouton – Magriet Verwey
• Rosalee Meyer – Thando
• Tharina Schetner Dippenaar – Ek sal nie alleen wees nie.
• Vaness von Mollendorf – Splitsing
• Ronel Mare Dunn – Besoeker
• Isabel van der Merwe – Besoeker
• Jeanetta Swanepoel – Blomme vir ’n deurmekaar kop
• Okkie Oosthuizen – ’n Wit roos
• Riana Barnard Matthee – Die Wit Roos
• Salvia Ockuis – Haar laaste selfie.

Julle moet asseblief onthou dat Elsabe en Riana die gekose verhale moet proeflees voordat ons die bundel kan laat druk. Ons wil immers trots wees op ons bundel en dit so foutloos as moontlik kry. Daar is ‘n koste aan die proeflees verbonde, kontak asb vir Elsabe of Riana om meer uit te vind.

Let asseblief daarop dat hierdie uitdaging deel uitmaak van ’n verskeidenheid Kaleidoskoop-uitdagings wat nog geplaas gaan word.