Diguitdaging deur SA Skrywers eb Digters

f2b3a74da798c1d8fd0786c49dd8fbaf--old-books-vintage-books

SA Digters: “DIGUITDAGING: Skryf ‘n Engelse sonnet oor: Die Kind. Sluitingsdatum 7 Desember om 13:00. Plaas op die blad en stuur vir Louis Krüger by LLSJ Krüger <llsjk@lakruger.za.org> Lekker prys op die spel!”

Sonnet:
Liefde was aanvanklik die onderwerp van die sonnet en die naam het “klein liedjie” beteken. ʼn Digvorm wat uit veertien versreëls bestaan waar daar ʼn tweedeling is, naamlik ʼn oktaaf (agt versreëls bestaande uit twee koeplette) en ʼn sekstet (‘kwatryn en koeplet of twee tersines.)
Daar bestaan twee tipes sonnette – die Engelse sonnet en die Italiaanse sonnet.
Engelse sonnet: Die veertien versreëls word in drie kwatryne en ʼn koeplet verdeel en lyk soos volg:
ABAB CDCD EFEF GG
Voorbeeld van Izak de Villiers:
Saartjie en Santjie
My tweelingklasmaats op laerskool
Hulle het partymaal saam viswinkelstink geruik A
en hul geskaam vir dié tyd van die maand B
kaalvoet in hul geskifte rokkies – gebruik A
meer seep, is soms gespot. Elke Vrydagaand B
het hul op straathoeke die Paarl Post verkoop C
met goiingsakke aan, waaardeur wit armpies steek D
Saartjie kon so mooi sing, die juffrou het gehoop C
haar stem kon haar op Helpmekaarstraat wreek D
Een Nuwejaar was hulle by die Strand se Pawiljoen E
Wikkellyf het Saartjie Hasie se Kort Stert gesing F
Santjie het agter by die Baskitaar gesoen E
Sononder op die sand het mans gelag en bier gedrink F
Saartjie het kort daarna verdwyn, sonder sien of hoor, G
Santjie is later met ʼn tou in Soutrivier vermoor G
Uit: “Afrikaanse Skryfgids” Riana Scheepers & Letti Kleyn

“Wat maak jy hier? Moet jy nie eintlik ‘n dig nie?”

f24808cdfb48270c2cb3827c55853872SA Digters se “Eie bundel kompetisie” vir 2018 is nou in volle swang. Elsabe de Beer het die volgende uitdaging gestel op die groep:

“Die eerste 20 lede wat hulle name opsit, mag deelneem aan ons eie-bundel kompetisie. Jy skryf 100 gedigte op jou eie tyd. …”

Dit het nie lank geneem nie toe was dit reeds oorvol geskryf! Daar is nou twintig mense wat aktief aan hul bundels werk. Dis eintlik nogal erg, elkeen moet ongeveer een gedig elke 1,8 dae skryf! Daar is ook ses mense wat gereed staan as enige van die twintig mense vir enige rede nie end uit met die kompetisie sou kan voortgaan nie.

Op 30 Mei 2018, stuur hulle elkeen vyf van hul beste gedigte in vir keuring deur onafhanklike keurders.

Vir die wenner word vyftig gratis bundels gedruk deur Groep 7! Die mense in die tweede en derde plek wen elk tien gratis bundels van Groep 7.

Sterkte vir al die deelnemers! Of eerder: “Wat maak jy hier? Moet jy nie eintlik skryf nie?”. Vir die wat nie aan die uitdaging deelneem nie, is dit geen rede om op te hou dig nie, daar sal ander uitdagings of kompetisies wees waaraan julle kan deelneem.

Jy – Simon Riekert

jy

jy’s my lalie
my ounooi
my dromerige
volroom
knuppeldik vreet
boepens suip
drupsel se

selfbehaaglikheid

jy’s my loeloe
my lam
my uitspattige
bokspring
in hoela-hoeps
suikerbek korrels
lekkerbek se

selftevredenheid

©Simon 1107

Wenner van Diguitdaging 12

Wenner Uitdaging 12: Liriek🎉🎼🎧

Baie geluk aan:

Werner Wehmeyer

Dankie vir pragtige inskrywings! Almal verstaan liedjie-lirieke baie goed.

Liefde lê die melkweg vol – liriek

Die volmaan hang oor die karoo
Tussen duisend miljoen sterre daar bo
Met aandwind wat sag oor ons draai
Dan verder oor die veld wegwaai

Ons liefde lê die melkweg vol
As ons lywe teen mekaar rol
Uit n wingerd vol in elk se glas
Drink ons liefde in ons harte vas
Ons liefde dans al om die maan
Ons liefde wat vir ewig bly staan

Die volmaan kruip oor die kambro
Waar teleskoop loer na sterre daar bo
Met aandblom wat blom uit ons lyf
Word liefde met ink vasgeskryf

Ons liefde lê die melkweg vol
As ons lywe teen mekaar rol
Uit n wingerd vol in elk se glas
Drink ons liefde in ons harte vas
Ons liefde dans al om die maan
Ons liefde wat vir ewig bly staan

Die volmaan sak oor die karoo
Waar son sy rooikop vlammend lig na bo
Met oggend dou blink in ons oog
Word liefde die mooiste reënboog

Ons liefde lê die melkweg vol
As ons lywe teen mekaar rol
Uit n wingerd vol in elk se glas
Drink ons liefde in ons harte vas
Ons liefde dans al om die maan
Ons liefde wat vir ewig bly staan

Dig wenk vir die week

Rym en gedigte gaan hand aan hand. Deesdae beweer die vrydigters dat dit nie meer nodig is om gedigte te laat rym nie en dat alle voorgeskrewe reëls nie meer geld nie. Wenk vir die week: Lees gereeld ander digters se werk. Jy sal gou agterkom waarmee jy gemaklik voel en waarmee nie. Skep dan jou eie basis vir jou skryfwerk. Onthou net, hoe vry jy ookal verkies om te skryf, reëls geld nog in sekere instansies.

Eindelose Ruimte

Eindelose ruimte

 

Die wereld sluk my in, die aarde word stil.
En ek voel…Al wat ek wil doen is gil en gil en gil!
Hoe kom ek hier uit? Wat gaan ek maak?
Is dit my gedagtes, my woede of my manier van spraak?
Almal kyk weg en niemand wil verstaan, die pyn ,die seer, alles waardeur ek gaan.
Ek wentel om dieselfde plek sonder einde, want ek is stoksiel alleen in die gevulde ruimte.

Lillian Jonker

‘n Gedig vir die radio

Hi digmaters…die program vir Dinsdag oor Boemelaars is reg vir uitsaai. EK gooi solank die nuwe tema: Skryf vir my n gedig oor die reuk/geur/aroma wat jou na jou goedvoelplaneet toe vat…jy kan n kort verduidelinkie gee. Ek wil asb alles teen Donderdag 16h00 inkry. EPos na woordennoot@gmail.com

Dis Dinsdag 12:00 luister tyd ..kom geniet jou werke saam hier op Rainbow Gospel Radio in Woord en Noot aangebied deur Ria Fourie
Lees meer:
http://www.rainbowgr.com/

Digwenk

Om ‘n gedig te skryf, is om die vensters van jou siel oop te maak. Jou sintuie word ingespan om alles wat om jou gebeur te memoriseer. ‘n Goeie digter bemeester die kuns om daardie “opgegaarde kennis” so treffend moontlik te verwoord, dat ander ‘n (duidelike) beeld kan vorm en ‘n indiepte kyk kan kry in sy/haar siel. Daar is ‘n magdom woorde waarin jy jou belewenisse kan beskryf, maar om die “regte” woorde te kies, kos oefening, nabetragting en goeie navorsing. Wenk: Hou altyd ‘n boek en pen naby sodat jy woorde wat in jou opkom kan neerskryf. Skryf ook oulike sêgoed wat jy hoor neer, mooi uitdrukkings en beskrywings. Maak dus jou eie woordeboek van woorde wat jy in jou gedigte kan gebruik. Die nuwe tendens is ook om so kreatief moontlik te wees en nuwe “beskrywende” woorde te skep. Ons taal verleen hom beslis aan nuutskeppende woorde.

#myAfrikaans

Ek is ‘n Ambasadeur vir Afrikaans.com en ons promofeer ons taal op hierdie wyse. Baie dankie en heerlike naweek (ek sal probeer om elke Vrydag ‘n wenk te kom plaas. Driekie Grobler

Digwenk vir die week

Skryf- en veral digkuns is ‘n proses. ‘n Ontdekkingsreis waar mens begin met ‘n gedagte of woorde wat in jou denke ontwaak. Wanneer jy begin herkou aan die woorde (dit oor en oor herhaal) begin dit soos suurdeeg ontwikkel. Dit neem toe in volume en daar kom woorde en gedagtes toenemend by. Skryf al hierdie woorde en gedagtes soos dit opkom in jou neer (die kans dat jy alles gaan onthou, is uiters skraal). Wanneer jy genoeg gedagtes neergeskryf het, begin jou gedig rofwerk gestalte aanneem. Skryf eers alles neer soos dit in jou kop kom, al maak dit nie sin of rym dit nie. Sodra jy alles neergeskryf het, kan jy begin vorm gee aan jou gedig.
Wenk: Skryf elke oggend alles neer wat in jou kop kom, jy weet nooit wanneer jy dit kan gebruik of iets skeppend daarvan kan maak nie. Dit is ook goed om skryffiks te bly.