Striksvye deur Hendie Grobbelaar

striksvye buitebladfinaal

Synopsis

Striksvye is die tweede bundel kortverhale uit Hendie se pen.

Dit is ‘n versameling van 18 stories met ‘n variasie van lewenstemas en sosiale kwessies wat maar deurlopend in ons komplekse samelewing opduik.

Daar is stories van vergelding, moord, selfmoord, hartseer en wroeging, maar nes ‘n stekelrige turksvybos met die soetste vrugte, is daar ook stories van hoop, vergifnis, aanvaarding van wie ons is, oorwinning en sukses.

Kom ontmoet vir Santa, ‘n lugwaardin wat bewonder word deur haar kollegas, maar wat is haar donker geheim? Klim saam met Janpiet op die dak waar sy projek gestalte kry sonder dat die mense van Protea-huis iets vermoed. Dan is daar die rillerstorie van Antissa en die seerkry van Anina met haar lappieskombers. Hoogmoedigheid het sy prys wanneer Sannie oplaas huis toe kom en watse invloed het die Griekse mitologie in Antropos en Lenie se melkweg? Watter sinister magte omring die Kliphuis?

Ingesluit in hierdie bundel is ook Die Geleentheid wat in die US Woordfeesbundel 2017 opgeneem is.

Prys: R120 plus posgeld (Poskantoor tariewe)

Striksvye is beskikbaar vanaf die skrywer en navrae kan gerig word deur middel van e-pos: hendie.grobbelaar@gmail.com of selfoon: 0834553291.

Vir meer stories van die skrywer, gaan “duimpie-op” die Facebook blad: Potskerwe en Striksvye woordstories waar die skrywer poog om haar flits se liggie op die veelkantigheid van ons bestaan te gooi.

Metamorfose deur Melinda du Plessis

Melinda du Plessis METAMORFOSE v2

Synopsis

Metamorfose strek oor ’n tydperk van tien jaar in Anna se lewe. Dit begin waar sy op 27, swanger en platsak terugkeer na haar geboortedorp, smagtend om oor te begin en soekend na antwoorde oor haar herkoms. Stadig maar seker tel sy die stukkies van haar lewe op en ontdek wie sy is. In die proses trek sy die hele gemeenskap teen wil en dank saam in ’n nuwe rigting.

Koop links:

Groep 7

Soos die dobbelsteen val deur Antoinette Venter

Voorblad

Synopsis.

Soos die dobbelsteen val is ‘n kortverhaalbundel met sestien stories in.

Dit handel oor die lief en leed van gewone mense en wat hulle gedoen het met die dobbelsteen wat soms geval het soos wat hy moet – en soms nie.

In ‘Om ‘n skoenlapper te steel.’ ontmoet ons ‘n man wat omtrent enige iets sal doen vir sy sterwende dogtertjie. In ‘Haar verlore seun’ lees ons van ‘n ma wat se hart gebreek is wanneer haar enigste seun verdwyn. Daar is ook meer positiewe verhale. In ‘Van brulpaddas en toiletpapier’ hoor ons hoe ‘n rol toiletpapier die koers van jou lewe kan verander. Verder is daar ook liefdesverhale vir die romantiese siele onder ons.

Koop links:

Die boek is beskikbaar teen R120 excluding VAT by Groep 7

Amazon 

 

Kry Leo by Groep 7

Hiermee ’n advertensie van my eerste boek, ’n wetenskapsfiksie-verhaal met ’n godsdienstige inslag.

Die boekindruk lui soos volg:

Wetenskapsfiksie met godsdienstige boodskap

Wat doen jy as jy een aand op ’n verlate plaaspad ’n vreemde wese in die pad sien staan? Jy sien dat hierdie wese beseer is en hulp nodig het – hulp wat jy kan gee omdat jy ‘n dokter is …

Só begin die verhaal van LEO, ’n ruimtewese wat deur sy eie nuuskierigheid en goedhartigheid te naby aan die aarde gekom het. As gevolg van sy “ongehoorsaamheid” moes hy sy tuig vernietig en is hy nou op die bose aarde gestrand. Waar hy vandaan kom bestaan wreedheid en “sonde” nie. Gaan hy hier op die aarde aanpas?
Anna van der Walt kry dit reg om met goeie woordgebruik en dialoog die verhaal van LEO aan ons te vertel. Die karakters word oortuigend geteken en die menslike gedrag – goed én sleg – word voortdurend uitgelig.

Alles wat dus met LEO en sy aardse vriende gebeur, is eg menslik. Veral vir hom is dit aanvanklik moeilik om aan te pas in hierdie “sondige” wêreld waarin hy hom nou bevind: “Omdat ek nie … mag teruggaan nie, moet ek … soos die aardmense word … een van julle.”

Ook moet sy nuwe aardse vriende aanpassings in hulle eie lewens maak.

Die verhaal word chronologies aangebied en bou op tot spanningsvolle gebeurtenisse wat die leser noop om aan te hou lees. Omdat hierdie gebeure in ’n doodgewone Suid-Afrikaanse stad en omgewing plaasvind, is alles geloofwaardig ten spyte van die psigiese kragte wat die ruimtewese kan gebruik om geregtigheid te laat seëvier.
Die skryfstyl is vloeiend en die aandag word behou deurdat hoofstukke só eindig dat die leser dadelik met die volgende hoofstuk wil begin. Die spanning bou voortdurend op, en deur slim van ander karakters gebruik te maak (die “gang” wat vir LEO moet beskerm) word hy ingelei in die aarde se lewenswyse.

Alhoewel die verhaal christelik godsdienstige temas bevat, kom dit nie soetsappig en dweperig voor nie. Dit is bloot gewoon-menslike lesse wat aan die leser oorgedra word – soos dat oortredings gevolge het. En: “Is dit nie die oerbron van al … die pyn en lyding op die aarde nie? Die begeerte om self te besluit wat goed is en wat kwaad?” (p.118)

Leo is ’n boek wat deur aanhangers van wetenskapsfiksie geniet sal word, maar ook deur almal wat graag vir ontspanning lees. Al speel verbeelding ’n baie groot rol, soos wat dit ook in wetenskapsfiksie tuishoort, en ruimtewesens (dalk) nie bestaan nie, is die gebeure geloofwaardig en menslik. Leo wys ons wat deernis en betrokkenheid kán beteken.

En wie sê dat dit nie tóg kan plaasvind nie – daar is deesdae al hoe meer berigte dat ons reeds met buiteaardse wesens kontak gemaak het …
©Martiens Fourie

Die is verkrygbaar by Groep7 en enige boekhandelaar kan ook verosek word om dit aan te koop vir enigiemand wat mag belangstel,

 21740484_488148474884950_2788225017058293886_n.jpg

Stellamarie is nou beskikbaar

Die boek wat op Leo volg, is Stellamarie. Dis ook verkrygbaar by Groep 7.

Nadat Leo, die buiteaardse wese op planeet aarde beland het, het hy en sy redder (‘n mediese dokter) verlief geraak en is later getroud. Alhoewel dit ‘n logiese uitvloeisel in die storielyn is, wag daar op hulle ‘n hele aantal buitengewone avonture. En natuurlik, met die geboorte van hulle dogter, Stellamarie, wat ook buitengewone kragte van haar pa erf, kan dit net lei tot verdere spanningsvolle situasies waar die aarde se soms wrede en sondige natuur blootgelê en beveg moet word …
Die goeie woordgebruik en dialoog van Leo word hier voortgesit. Al die gebeure volg logies op mekaar en is baie na aan die werklikheid soos ons dit ken – al is dit wetenskapsfiksie. Die storie spring nie onnodig rond tussen verlede hede nie. Uit die aard van die saak word sekere gebeure uit Leo soms kortliks herhaal om die leser net weer op die spoor te bring.
Weer eens word spanning knap opgebou sodat die leser altyd wil weet wat uiteindelik gaan gebeur en of Leo en Stellamarie in hierdie wêreld sal en kan oorleef. Soos reeds gesê word die verhaal in keurige Afrikaans vertel. Christelike waardes word subtiel sonder oordrewe melodrama aangebied. Dit wat in die samelewing verkeerd en wreed en onmenslik plaasvind word sonder pretensie aangespreek. Die leser leer gaandeweg ‘n paar lesse rakende menseverhoudings. Waarom al hierdie dinge gebeur weet ons nie, maar sekerlik is die manier waarop ons dit hanteer uiters belangrik vir medemenslike saambestaan. Enkele aanhalings ter ondersteuning is die volgende: “Die aardbewoners het hulle verset teen die gedagte van verskeidenheid, weer besluit om self te bepaal wat goed is en wat kwaad en gaan saamtrek by Babel, selfs met die doel om die woonplek van die Skepper te bestorm.”
“Mense praat dikwels dieselfde taal en verstaan mekaar steeds nie. Dit lei tot vervreemding, misverstand, oorlog en geweld, wat nooit die oorspronklike doel van verskeidenheid was nie.”
Die temas is aktueel, ons lees en hoor daagliks daarvan in die pers. Ons kan nie verstaan waarom hierdie dinge gebeur nie, maar tog is daar die hoop dat wreedheid en onchristelike aksies uitgeroei sal kan word – veral as die mens werklik kan ontwikkel soos wat buiteaardse wesens moontlik al in ‘n positiewe rigting ontwikkel het.
Stellamarie is ‘n baie leesbare boek met baie spanning en intriges wat die leser voortdurend aan die wonder het. Die ontknoping is vars en laat die leser dink oor ons doel op hierdie sondige aarde. “Ons word letterlik gebore met ’n soort skild teen die aarde se gebrokenheid en, soos ons groter word, word dit dikker en sterker, by party mense so dik dat hulle naderhand heeltemal gevoelloos raak.”
Die leser sal ook na die lees van die boek wonder: Hoe het Stellamarie se lewe op aarde verder verloop …?
©Martiens Fourie

Image may contain: 1 person, text

Gaan koop hierdie boek

51tehWTGgPL._SY346_.jpg

In “Afgehandel” vertel ek Belinda se storie. Sy is ‘n maatskaplike werker in Pretoria, wat daarin spesialiseer om molesteerders en verkragters te ontmasker deur hul jong slagoffers te ondervra en, terselfdertyd, te ondersteun. Maar Belinda self was ‘n jong slagoffer, en is nog self nie klaar geveg teen haar innerlike demone nie. Haar haat teenoor kindermolesteerders word versterk deur haar persoonlike ervarings, en sy projekteer haarself in so ‘n mate dat sy uiteindelik die reg in eie hande begin neem. Deel in Belinda se storie deur dit aan te koop by
Kindle lesers: https://www.amazon.com/dp/B075NPBLKM
Rekenaars, selfone, tablette ens : https://www.smashwords.com/books/view/687967

Juanita Swart

SA Bundels en waar om hulle te kry

Hartswoorde is SA Digters se eerste bundel. Verdiep jou in die digters se woorde deur dit aan te koop by
Kindle lesers: https://www.amazon.com/dp/B0755CH864
Rekenaars, selfone, tablette ens : https://www.smashwords.com/books/view/744784

Nostalgie is SA Skrywers se eerste kortverhaal bundel. Lees lekker saam deur dit aan te koop by
Kindle lesers: https://www.amazon.com/dp/B074RFXJWZ
Rekenaars, selfone, tablette ens : https://www.smashwords.com/books/view/741889

Sluit ook aan by ons Boekeblad Facebook groep SA Skrywers Boekeblad

https://www.facebook.com/groups/1820798241530539/?ref=group_header

En ons eie boeke blog

https://selfpublikasie.blogspot.co.za/