Verf my vergifnis – Emmse Burger

Verf my Vergifnis -’n Christelike Roman. Wenner van SA Skrywers se 2018 slypskool kursus! Die perfekte Kersgeskenk. Beskikbaar teen net R120. Plaas jou bestelling deur ‘n e-pos te stuur aan emmseburger@gmail.com of ’n WhatsApp/SMS aan 083-749-5793. Ook beskikbaar as e-boek op Amazon. Lana Smit, ’n jong kunstenaar, se donker verlede dwing haar om te vlug na die onbekende see-dorpie Rietjiesvlei. Lana leef in vrees totdat sy vir Jacques en oom Ian ontmoet. Hulle leer haar van God en Sy onvoorwaardelike liefde. Lana is skepties, maar oom Ian gee nie bes nie. Hy maak dit sy lewensdoel om haar na God te lei. Lana moet uiteindelik kies tussen God se vergifnis en die verterende haat wat sy koester teenoor haar moorddadige stiefpa.EMS B

Aardwolf – Zetwee Hattingh

Op die spoor van die vermeende reeksmoordenaar, die sogenaamde Aardwolf, veg speurder Faber verwoed om die monster vas te trek. Die Karoo kan nooit weer dieselfde wees met die Aardwolf in die omtrek nie. Met sy goeie assistent Fredericks ontvou Faber die tonele en plaas hy stuk vir stuk die legkaart aanmekaar. Jy sal nie hierdie boek neersit nie! Aardwolf is nou te koop teen R140 by groep7. Volg die skakel en koop joune vandag. http://groep7-selfpublish-books.co.za/…/758-aardwolf-zetwee…

Tipe verhaal: Misdaad/ Speur
Geskik vir: Tieners/ volwassenes
Bladsye: 140

Orania Avonture – Zetwee Hattingh

Ontmoet vir Lara, Pietman en Kerneels. Hierdie drie is beste maats en het baie avonture in Orania. Maar wanneer hulle n stowwerige ou boek oor kabouters ontdek begin n avontuur waarvan hulle nooit sou kon droom nie. N baie lekker leesboek vir kinders wat hou van avontuur. Koop jou kopie nou by groep7 teen R60. Volg die skakel en kom wees deel van die avontuur.http://groep7-selfpublish-books.co.za/…/756-orania-avonture…

Tipe verhaal: Avontuur
Geskik vir: Kinders 10+
Bladsye: 88

OPTIMISTIESE KIND.  Yvette Aarons

R70 + posgeld.
Liza Bruyns is ‘n weduwee op 24, maar ‘n suksesvolle besigheidsvrou. Na haar man vir 6 jaar in ‘n koma was, word die masjiene afgeskakel wat hom aan die ‘lewe’ gehou het. Sy voel dit is tyd om na ‘n nuwe ideale man in haar lewe te soek. Na twee liefdesteleurstellings ontmoet sy die man van haar drome. Na baie terugslae bly sy steeds optimisties dat hulle saamhoort.

In-box Yvette C Aarons vir enige navrae of bestellings. (sy is ‘n lid van SA Skrywers)

Simfonie van die see – bestelkodes

HIER IS DIE BESTELKODES VIR DIE DIGTERS WIE SE GEDIGTE IN DIE “SIMFONIE VAN DIE SEE” VERSKYN. BESTEL DIREK BY GROEP 7 TEEN R60@ BUNDEL EN GEBRUIK JOU KODE.

epos@groep7.co.za

SD 01 – Simon Riekert
SD 02 – Werner Wehmeyer
SD 03 – Erika Viljoen
SD 04 – Marlize Bezuidenhout Schutte
SD 05 – Linda du Plessis
SD 06 – Hannes Snyman
SD 07 – Riana Barnard Matthee
SD 08 – Driekie Grobler
SD 09 – Ita Froneman
SD 10 – Roeline van Schalkwyk
SD 11 – Riana le Roux
SD 12 – Marike Erasmus
SD 13 – Douwlina du Plessis
SD 14 – Ans Botha
SD 15 – Melinda du Plessis
SD 16 – Salome Opperman
SD 17 – Sureen Riekert
SD 18 – Ria Fourie
SD 19 – Rosalee Meyer
SD 20 – Susan Tiervlei
SD 21 – Adele van Zyl
SD 22 – Esther Scheffer
SD 23 – Tharina Schnetler
SD 24 – Fred Slippers
SD 25 – Marion Philander
SD 26 – Antoinette Venter
SD 27 – Dirkie Burmeister
SD 28 – Kobus Minnie
SD 29 – Digter Rooibaard
SD 30 – Louisa van Vliet
SD 31 – Zetwee Hattingh
SD 32 – Hanlia Dippenaar
SD 33 – Eleen van Deventer Vorster
SD 34 – Pierrie du Preez
SD 35 – Christa Roux
SD 36 – Elsabe de Beer
SD 37 – Emmse Burger
SD 38 – Amelda Senekal
SD 39 – Ronel Dunn
SD 40 – Zareth Ciska Geyser
SD 41 – Simone Schutte
SD 42 – Stephan Uys
SD 43 – Antoinette Lourens
SD 44 – Johan Roodt
SD 45 – Lia Kilian
SD 46 – Johnél Ras
SD 47 – Bc Hooman
SD 48 – Hantie de Beer
SD 49 – Lindie van Gass
SD 50 – Pieter van Loggerenberg

Inbox Riana le Roux indien daar enige vrae of probleem is
Ps: lede wat graag wil bestel wie se gedigte nie in die bundel verskyn nie, kan dit deur een van die digters bestel, of self by Groep 7 teen R130 elk. Digters mag ook die bundels dan self verkoop teen R130 elk (vir hul eie wins)

Die laaste dag – Elaine Broekman

 

Elaine Broekman se eerste Afrikaanse boek is beskikbaar vir bestelling.

 

Hier is die inligting indien iemand wil bestel:
• skakel 083 290 8863, of
• stuur ‘n e-pos na elaine.broekman@gmail.com (sy sal jou kontak en kwoteer)
• of bestel direk by Groep 7 aanlyn http://groep7-selfpublish-books.co.za/…/750-die-laaste-dag-… (posgeld is R60 – selfs al bestel jy ‘n klomp boeke)

Hulle lewer ‘n uitstekende diens en jou bestelling sal spoedig by jou wees.

Boekwinkels kan direk by Groep 7 Drukkers en Uitgewers bestel (epos@groep7.co.za) .

Image may contain: 1 person, smiling, ocean and text

Die Hoenderdiewe deur Pieter Saayman

die-hoenderdiewe-pieter-saayman (1)

Boekomslag geillustreer deur Tagen Koekemoer

Vir die ouderdom 8-10 jaar

Die Hoenderdiewe. Wie is die hoenderdiewe? Avonture wag op Ruben en Hester wanneer hulle ontvoer word deur Eig, kaptein van n ruimteskip wat een aand by die hoenderhokke land en hoenders steel. Op die Eierplaneet, Eggiedop, raak hulle bevriend met Kapokkie. Sal hy hulle red en help om terug te keer na die Aarde?

Verkrygbaar by Groep7 Prys R80