Waaroor gaan dit?

Waar en hoe het SA Stories en SA Digters begin?

Ek was op ‘n ander blad op admin en het gevoel ek kan meer beteken vir onbekende skrywers op my eie. Daar was ‘n blad wat beskikbaar was en ek het dit dadelik oorgeneem as admin en begin advertensies plaas vir die blad. Baie mense het aangesluit, ek was verbaas. Duidelik was daar ‘n behoefte onder skrywers om iewers hulle stories te plaas. Na ‘n rukkie het ek besef ek het hulp nodig en het vir Riana gevra om my te help. Ek dink nie daar was al ooit op ‘n blad so ‘n wonderlike samewerking soos tussen my en Riana nie! Ons vul mekaar aan en voel dieselfde oor alles wat ons aanpak. Ons het nog baie groot drome vir SA Stories en SA Gedigte. Ons gaan groot of ons gaan huistoe! Ons het natuurlik ook die samewerking van Leoni Benghiat va SA Vryskutskrywers, Janie Oosthuisen van Skryfgeheime, Hannelie Pretorius proefleser en Ria Fourie van Rainbow Gospel Radio. Ons is aan almal dank verskuldig vir ons sukses!

Elsabe de Beer

Sommer net want hier is dit lekker 🤗

Kom sluit aan op hierdie blad
Op SA digters en stories kan jy na hartelus plak
Admin is hier vir ons met raad en daad
Sowaar ietsie vir n ieder en elk se smaak
Hier word niemand se werk gekritiseer
Ons staan saam en kan elke dag iets nuuts leer
As n bonus maak ons skrywers pelle
Komaan wees n sport en oefen daai breinselle
Die uitdagings is baie opwindend
Elke storie en gedig word verslind
Kom ons beur ons skrywers vriende op
Skryf…skryf…skryf laat niks jou stop

deur Adele van Zyl