Taalwenke 2

1.4. Anglisismes, clichés. Modewoorde en verouderde terme:
Dink mooi voordat jy dié woorde inspan:
Woord Byvoorbeeld Want.. Wat van…

aanspreek Die probleem aanspreek Anglisisme vir ‘address’ – los ‘n probleem op,
meem ‘n saak in oënskou
ondersoek iets
roer/pak ‘n kwessie aan
asook amptenaaraans en ( waar moontlik)

Binne/binne-in Navorsing binne die departement Navorsing in die departement
daarstel ‘n eenheid sal daargestel word om dit te bedryf
Modewoord
Verarmde taal skep
ontwikkel
opbou
instel

geskied Hierdie geleentheid geskied by Boekwoord (hang wel af van register) plaasvind
word gehou

opdateer Die stylgids opdateer Kom nie in die HAT (2005) of in die AWS (2009) voor nie, maar wel in die WAT
rondom Besprekings rondom
die probleem/saak/ tema modewoord bespreking oor/aangaande die probleem/saak/tema

1.5. Lastige-belangrike-detail:
1.5.1. Tyd word as volg aangedui:
06:30 (NIE: 6:30 of 6-30)
14:50 ( NIE: 14H50 0f 14-50)
17:00 (NIE: 5nm) (die gebruik van ‘vm’ en ‘nm’ is verouderd.

1.5.2. Punte word nie by titels, graadname en opskrifte gebruik nie:
Mnr van Heerden en prof Strauss het die toekenning gedeel.
Bcomm
BSc
Sy het by verskeie universiteite aansoek gedoen ( bv. UP,UJ en NWU)

1.5.3. Hantering van titels van werke:
1. Kursiveer die volgende soorte titels in enige taal;
Boeke: The Girl with the Dragon, Die Ambassadeur.
CD’s: Automatic for the People, Hot Gates.
Koerante, tydskrifte en radioprogramme: Die Burger, The Big Issue; Tjailatyd.
Televisieprogramme, -reekse en rolprente: 7de Laan; Game of Thrones; The Artist.

1. Plaas die volgende soorte titels in dubbelaanhalingstekens;
Ongepubliseerde werke, hetsy ‘n ongepubliseerde tesis of verhandeling, referaat of akademiese artikel: “Alfa en Omega: ‘n studie van die trinitariese denke van Robert Jenson.”

Berigte in koerante: “Pussy Riot-lede vlug uit Rusland” in Die Burger.

Brosjures en pamflette: “Sterrekunde-inligtingstuk.”

Hoofstukke in handboeke of ander nie-fiksie publikasies: “Taalnorme:’n algemene perspektief” in Norme vir Afrikaans.

Toesprake, lesings en werksessies: “Academische taal-en vertaalopleidingen in Europa.”

– Elsabe de Beer

Pretoria Boekbekendstelling

Een Saterdag in Pretoria.
Sertifikate is gedruk en geraam, skilderye geskilder en
Verpak. Reelings by die HAP Huis, Carla van der Spuy
Wat kom praat, gaste, skrywers en digters almal op pad
Alle paaie lei na die HAP Huis.
My stem was die hele week weg, en ek moet praat!
Daar gekom, soos by familie. Ons almal op SA’s is mos maar so!
Ria, Ansie,Driekie, Juanita my vennote.
Ilette Strydom ons uitgewer by groep 7. Liewe, liewe mens!
Ses wenners wotd aangewys.
Carla vertel van haar navorsing vir haar boeke in tronke.
Karin doen saam met Driekie ons gedigte in gebaretaal.
Almal kuier heerlik saam. SA’s ek lief julle almal!

Kaap boekbekendstelling

Die Pretoria bekendstelling is verby en was suksesvol het ek gehoor. Nou is dit ons Kapenaars se beurt. Die tyd is om die draai. Dit is nou jou kans om te deel wees van die Skrywersfamilie. Kom kuier lekker saam met ons 20 Oktober van 12-3 by die Taalmonument in die Paarl. As jy nog nie jou kaartjie aangekoop het nie doen dit sommer gou. Bring ook van jou boeke om te koop aan te bied.

Koste van kaartjie R120. Sluit ‘n ligte middagete in asook die diensfooi en toegangsgeld.Drankies opsioneel.

Bankbesonderhede.

HS vd Westhuizen
Capitec
Spaarrek
Rekno 1593803441
Takkode 470010

Naam en van as verwysing asseblief.

Ps. Bring gerus ‘n vriend/vriendin saam . Hoop ek sien julle daar.