TAALWENKE – ELSABE DE BEER

ʼn Paar notas wat ek vir myself gemaak het terwyl ek geleer het vir my proeflees kursus:
1. Grondwet – nie grondwet nie.

2. Goeie Vrydag – Die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae en feesgetye word met ʼn hoofletter geskryf.

3. Komma: – wanneer dit voor wat geplaas word, verander die konteks van die sin:

Die studente wat geslaag het, gaan universiteit toe. ( Slegs dié wat geslaag het.)

Die studente, wat geslaag het, gaan universiteit toe. ( al die studente het geslaag.)

4. Los of vas skryf:

Skeef loop – letterlik
Die man wat skeef loop.

Skeefloop – figuurlik
Planne wat skeefloop.

Wannneer dit nie duidelik is nie, skryf eerder vas.

Voornaamwoorde + self – los of vas
Ekself of ek self is albei korrek.

Ek het my gewas.
Ek het myself ( of my self) gewas. (Iemand anders het my nie gewas nie.)

5. Agtervoegsel van -s

As ʼn woord voorafgegaan word deur ‘iets” kry dit ʼn agtervoegsel -s
Iets moois
Iets ergs
Iets leliks
Iets ouds
Iets nuuts
Iets onbekends
Iets suurs

6. Wisselvorme:

Mexiko – Meksiko
E
Teweegbring – teweeg bring

7. Verlede tyd:
Woorde wat met be-, ge-, er- ont- en ver- begin, kry nie ʼn “ge” in die verlede tyd of die
geboë vorm nie.

NIE: gebegin, ge-ervaar, ge-onteer.

8. Wat ( b. nw.)
Mense, diere, dinge
Die deur wat klap.
Die hond wat blaf.

Wie: Waar besit ter sprake is, of saam met ʼn voorsetsel.

Die man vir (voorsetsel ) wie hy geld skuld.
Die vrou wie ( besit) se hoed afgeval het.
Wie/ oor wie/ deur wie vir mense
Waarvan/ waaroor/ waardeur vir dinge en abstrakke begrippe.

Die insittendes van die motor waarvan die band gebars het, is ernstig beseer.

Waarvoor nie vir wat nie.
Dadelik na s.nw.
“Die man waarvoor ek baklei.”

Werkwoord:
Altyd agter in die sin.
Hulle het alles wat hulle kon kry, gevat.

Was:
Hulle was onderdruk. X
Hulle is onderdruk. ѵ

GOED OM OP TE LET IN SKRYFKUNS – Driekie Grobler

As proefleser kom ek toenemend af op dieselfde foute wat mense oor en oor maak, daarom wil ek graag ‘n paar belangrike punte uitlig en weer onder die aandag van skrywers bring.

  1. Daar word slegs een spasie na ‘n punt gemaak (nie twee soos ons op skool geleer het nie)
  2. Daar is nooit ‘n spasie tussen ‘n woord en ‘n leesteken nie, die leesteken (soos ‘n komma, uitroepteken, vraagteken, aanhanlingsteken ens.) kom teenaan die woord.
  3. ‘n Elips (kolletjies) bestaan altyd uit net drie kolletjie en daar kom ‘n spasie voor en na die kolletjies.
  4. ‘n Nuwe paragraaf begin altyd met ‘n indent, m.a.w. ‘n entjie van die kant af. Net die eerste paragraaf van ‘n hoofstuk begin teen die kant.
  5. Wanneer jy iets wil beklemtoon hoef jy net EEN leesteken te gebruik, dit is sterk genoeg en om meer as een te plaas (soos bv die uitroepteken of vraagteken, wat mense so lief is om ‘n hele paar na die woord te plaas) is onnodig.

Hoop die is van waarde vir die wat nog nie seker hieroor is nie.

Driekie GroblerLogo finaal