Judasweb bundel nou beskikbaar!

Die groot dag waarvoor almal gewag het is hier. Die Judasweb bundel is vir die deelnemende skrywers beskikbaar teen R60. Bestel jou kopie by Groep 7 Hulle e-pos adres is epos@groep7.co.za.

Die Judasweb is ook in ons aanlynwinkel beskikbaar. Gaan loer gerus onder “winkel”

Skrywers wie se werk opgeneem is in die bundel is:

 

Rosalee Meyer

Ronel Dunn

Estia Riekert

Adele Benecke

Magda Brink

Ilse Goschus

Bets Koen

Don Coetzee

Ria Fourie

Adele van Zyl

Florien Deysel

Santi Kruger

Antoinette Venter

Petrus Visser

Driekie Grobler

Elsabe van der Westhuizen

Beatrix Hooman

Zelna Swart

Hanlie Jansen van Rensburg

Sonia van Rensburg

Riana Barnard Matthee.

Kaleidoskoop Bundel nou beskikbaar!

Die groot dag waarvoor almal gewag het is hier. Die Kaleidoskoop bundel is vir die deelnemende skrywers beskikbaar teen R60. Bestel jou kopie by Groep 7 met jou unieke bestelkode (hieronder) Hulle e-pos adres is epos@groep7.co.za.

Kaleidoskoop sal eersdaags beskikbaar wees in ons aanlynwinkel ook!

K 1Moekie Mouton

K 2 Pieter Saayman

K 3 Bets Koen

K 4 Santi Kruger

K 6 Ronél Dunn

K 7 Adele Reynders

K 8 Riana Barnard-Mathee

K 9 Douwlina du Plessis

K 10 Jeannetta Swanepoel

K 11 Lynelle Clark

K 12 Okkie Oosthuizen

K 13 Helena van Heerden

K 14 Riana Barnard Matthee

K 15 Riana le Roux

K 16 Petrus Visser

K 17 Antoinette Venter

K 18 Ria Fourie

K 19 Pieter Saayman

K 20 Tharina Schnetler

K 21 Salvia Ockhuis

K 22 Elna van der Merwe

K 14 Riana Barnard Matthee

K 23 Magda Fourie

K 24 Helena van Heerden

K 25Charmaine Cloete

K 26 Elsabe van der Westhuizen

K 27 Pieter van Loggerenberg

K 28 Vanessa von Mollendorf

K 20. Tharina Schnetler

K 28 Vanessa von Mollendorf

K 29 Elsabe de Beer

K 30 Rosalee Meyer

K 31 Don Coetzee

K 32Andre Schofield / Anatoli Rotanev

K 33 Isabel van der Merwe

K 34 Petrus Visser

K 35. Madelein Klopper

K 36 Jaco Groenewald

K 37 Magdel Roets.

Die prys vir Roem deur Driekie Grobler

Droom ons almal nie maar van kleins af om eendag beroemd en ryk te wees nie? Om geken te wees as iemand wat uitmuntend presteer in dit wat ons doen? Heel bo aan die suksesleer te wees. Met selfvertroue ‘n taak aan te pak en te weet dit gaan suksesvol wees? Te kan doen wat ons wil, wanneer ons wil en te gaan waar ons wil sonder bekommernis oor finansies of té harde werk.

Waar kom daardie begeerte dan vandaan? Meeste van ons behaal nooit daardie status of gemak van kommerlose dae in ons lewe, of selfs daardie roem waarna ons strewe nie.

Die media is die grootste bron van begeerte wek by die mens. Ons koop tydskrifte, kyk na rolprente en sien op TV hoe glansryk die bekendes, vernames en rykes  lewe. Hoe suksesvol mede-skrywers & digters is. Ons sien dus net die eindresultaat (of buitekant) van iets wat dalk lank gelede begin en ‘n groot prys langs die pad gevra het.

Nou onlangs, sien ek ‘n foto op facebook van twee paar voete. Die een paar in sagte sy balletskoene, en die ander sonder die skoene, vol knobbelrige tone en eelte, rooi geskaaf van jare se dans. Die prys wat ‘n ballerina moet betaal vir die glorie en glansryke bewegings en salige voorkoms. Agter daardie droombeeld lê baie ure se bloedsweet, opofferings, pyn en lyding. Seer voete wat mettertyd heeltemal misvorm word.

Nou wonder ek: Sal ons nog so gretig ander se sukses begeer as ons weet wat die prys daarvoor is?

Ek twyfel sterk. Want sien, baie van ons is nie bereid om sulke opofferings te maak nie. Ons is dalk waar ons is in die lewe omdat ons bang is om te waag. Bang om té veel moeite te doen. Bang ons misluk of ons word teleurgestel. Ons bly dus maar aan die veilige kant waar die lewe nie té veel van ons vra of verwag nie.

Vir dié wat wel waag om uit hul “comfort zone” te beweeg, hard te werk, vas te byt en deur te druk, ten spyte van – is die vrug van sukses soet en sappig.

Driekie Grobler

Logo finaal

SKRYFGENRES – Ronél Dunn

Ek het nou die dag probeer uitwerk hoeveel skryfgenres bestaan en ek was nogal verstom hoeveel ek kon opnoem en dan het elkeen ook nog onderafdelings. Kom ons begin by prosa:

Daar is eerstens kortverhale, essays, kort prosa, novella, die roman en selfs die vertaling van prosa.

Maar kyk net wat kom alles voor onder die Fiksiegenre: misdaadfiksie, fantasie, wetenskapfiksie, rillers en grillers, romantiese ontspanningsfiksie (liefdesverhale), chick-lit is seker die babasussie in fiksie se huis, maar is ook nog historiese romans en Christelike romans.

Enige skrywer wat steeds nie tevrede voel met bostaande afdelings nie, wat dan van kinder- en jeugverhale? Selfs kinder- en jeugpoësie. Moenie vergeet dat drama en televisie en film ook skrywers verg nie, sowel as radio wat nog deur baie mense geluister word.

In die Media, wat ook al gedigitaliseer is, kry ons rubrieke, resensies, artikels vir koerante en tydskrifte, reisverhale, blogs – soos die een!

Ons het nog nie eers aan nie-fiksie geraak nie: biografieë, outobiografieë, handboeke, handleidings, kursusse … al ooit daaraan gedink dat kopieskryf, rekenaarspeletjies en die stripkuns ook kreatiewe skrywers nodig het. Daar is selfs iemand gewees wat die aanwysings vir jou nuwe strykyster geskryf het en ook die voubiljet in die hoofpynpillepakkie. Hierdie is nog net ‘n proesel van wat ontdek kan word. Dalk kan ons so mettertyd van hierdie groot skatkis se inhoud van nader beskou.

Ronél