Nuwe uitdaging -16 Julie – 3 Augustus

Só maak mens!
Hier gaan ons alweer …
Kruidjie-roer-my-nie
Alles in die Haak

Hierdie is die nuwe onderwerpe. Nou hier kom die regte uidaging:
1 500 – 1 800 woorde
Móét lig en / of humoristies wees
Plaas julle uitdagings op die blad en stuur dit vir my na: roneldunn@gmail.com

Jou hele verhaal mag slegs deur middel van dialoog vertel word

Daar mag niks in jou verhaal voorkom wat nie deur ‘n karakter gesê, geskree, gehuil, gelag, gefluister, ens word nie. Alles moet in aanhalingstekens verskyn.
Jy kan so veel of so min karakters hê as wat jy nodig het om die verhaal te vertel. Ek gee ‘n voorbeeld:

“Dag, Gert. Gaan dit goed?”
“Môre, môre, ja, daar’s nie klagtes nie, behalwe as jy nie nou vir my ‘n bier aangee nie.”
“Lager of wil jy van daai waterige bier hê? Hallo, Kobus, bier vir jou ook?”
“Ja, dankie, gee maar.”
“Pieter, jy het nog nie gesê wat jy wil hê nie.”
“Gee, my ‘n kasteel, wat foeter jy vandag so? Hoe gaan dit Pieter? Is jou laaitie al beter?”
En so aan …

Verhale moet teen Vrydag 3 Augustus om 17:00 in my e-posboksie wees – roneldunn@gmail.com
Ons gee spesifiek drie weke vir hierdie uitdaging omdat dit heelwat moeiliker as gewoonlik is. Ek stel voor dat jy eers die storie wat jy wil vertel neerskryf en jou karakters kies. Laat hulle eienskappe deur middel van manerismes en spreekwyse deurkom. Ideaal om ‘n skinderstorie so te verwoord.
Moenie huiwer om te vra as julle vashaak of nie verstaan nie. Dis om te geniet, nie om te sweet nie, Maar hou by die oorhoofse tema van Afrikaners is Plesierig.
LEKKER SKRYF!

Só Maak Mens!
Hier gaan ons alweer
Kruidjie-roer-my-nie
Alles in die Haak

Lewer kommentaar