Hoe om jou boek op die aanlynwinkel te verkoop

Hier is bietjie meer inligting oor die aanlynwinkel en hoe om jou boeke daarop te verkoop

Die winkel is SA Skrywers en SA Digters se winkel, Juanita Swart administreer dit net namens hulle

Skrywers kan hul goedgekeurde boeke plaas teen R100 ‘n boek

Inbetaling word gemaak by Elsabe de Beer met verwysing “aanlynwinkel en jou naam”

Bankbesonderhede is:
Nedbank
E. S. de Beer:
Rekening nommer: 1156647673
Tipe rekening: Lopende rekening
Tak: Key West
Takkode: 198841

Jy kan dan die bewys van betaling vir Juanita stuur (na juanitaswartskrywer@gmail.com) saam met
1. Jou boeke se voorblaaie
2. Lokteks van elke boek
3. Die prys wat jy wil he vir die boek (ons sit 20%) by die prys – ons sal dan een keer per maand aan die skrywer betalings maak soos verkope geskied

Stuur ‘n e-pos aan Juanita of Elsabe as daar enige verdere vrae is

N.S Die skrywer moet nogsteeds sy boeke bemark / kommunikeer , SA’s sal die aanlynwinkel bemark.

Kinderstorie bundel wenner

Baie, baie geluk!
Wenner van 10 storie-bundel vir kinders:

Elsabe van der Westhuizen. Gertjie gaan Wildtuin toe.

Jou boek sal geborg word deur SA Skrywers en gepubliseer word by groep 7, onderhewig aan

Proeflees.

Redes:

Prente is kleurvol en interessant vir kinders.

Stories sal kinders leer van die Wildtuin en die diere laat waardeer.

Daar is dialoog in die stories. Dit is baie belangrik in enige storie, veral in kinderstories!

Baie geluk en dankie aan almal wat gehelp keur het

Wenner – skreeuende vrou uitdaging

Sjoe, maar daar was skreeuende stories! Baie dankie aan almal wat deelgeneem het. Hansie Lategan, jou verhaal slaan vir jou ‘n blitskursus by Leoni Benghiat van SA Vryskutskrywers los. Baie geluk🎉 Kontak haar asb: leoni@savryskutskrywers.co.za

Kaleidoskoop Wenners (nr 6)

Baie dankie aan elkeen wat deelgeneem het aan Kaleidoskoop Uitdaging nr. 6.
Die keuse was moeilik en daarom het admin besluit om nie ‘n spesifieke wenner te kies nie, maar vyf.
Weereens baie geluk aan almal.

EN DIE WENNERS IS:
Magda Brink

Jaco Groenewald

Madelein Klopper

Bets Koen

Petrus Visser