Skryf ‘n kinderstorie

GROOT UITDAGING VIR ONS:
Florien se die mammas en onnies wat by haar verkope was, is almal moeg vir vertaalde Afrikaanse kinderstories. Skryf asseblief vir ons ‘n bundel met so 10 kinderstories, ons borg die bestes vir publikasie by groep 7!
E-pos aan saskrywers.elsabe@gmail.com

Rubriek skryf – Madre verduidelik

Vir al ons rubriekskrywers en voornemende skrywers in besonder Mantiewat hieroor navraag gedoen het. In ‘n rubriek skryf jy die waarheid. Punt.

Dit mag ‘n persoonlike ervaring wees wat jy met lesers wil deel, of jou mening oor ‘n situasie wat tans nuuswaardig is. Jy sê wat jy wil sê en stop.

Jy is beperk met woordtelling. Die algemene norm is sowat 400 woorde. As jy dus iets wil vertel wat die publiek aangryp moet elke woord tel. Dit kan frustrerend raak, want jy wil nog soveel sê!

Dit in ‘n neutedop is die verskil tussen fiksie en rubrieke skryf. En trek jou krokodil-pakkie aan, want lesers gaan jou werk soms uitmekaar skeur.

Maar skryf!, want dit is waarom ons rubriekskrywers is.

Aardwolf – Zetwee Hattingh

Op die spoor van die vermeende reeksmoordenaar, die sogenaamde Aardwolf, veg speurder Faber verwoed om die monster vas te trek. Die Karoo kan nooit weer dieselfde wees met die Aardwolf in die omtrek nie. Met sy goeie assistent Fredericks ontvou Faber die tonele en plaas hy stuk vir stuk die legkaart aanmekaar. Jy sal nie hierdie boek neersit nie! Aardwolf is nou te koop teen R140 by groep7. Volg die skakel en koop joune vandag. http://groep7-selfpublish-books.co.za/…/758-aardwolf-zetwee…

Tipe verhaal: Misdaad/ Speur
Geskik vir: Tieners/ volwassenes
Bladsye: 140

Orania Avonture – Zetwee Hattingh

Ontmoet vir Lara, Pietman en Kerneels. Hierdie drie is beste maats en het baie avonture in Orania. Maar wanneer hulle n stowwerige ou boek oor kabouters ontdek begin n avontuur waarvan hulle nooit sou kon droom nie. N baie lekker leesboek vir kinders wat hou van avontuur. Koop jou kopie nou by groep7 teen R60. Volg die skakel en kom wees deel van die avontuur.http://groep7-selfpublish-books.co.za/…/756-orania-avonture…

Tipe verhaal: Avontuur
Geskik vir: Kinders 10+
Bladsye: 88

SA’s se erkende proeflesers

Proeflesers wat voortaan op hierdie blad gebruik sal word, het almal ‘n proeflees kwalifikasie van Leoni Benghiat verwerf, en dit is regtig ‘n BAIE moeilike eksamen, glo my!
Dit is:
Elsabe de Beer               saskrywers.elsabe@gmail.com
Bets Koen                        bets.adminco@gmail.com
Driekie Grobler             driekiegrobler@gmail.com
Annette Odendaal         anode10@gmail.com
Ronel Marè Dunn          Roneldunn@gmail.com

SA Courant

Het jy ‘n storie om te vertel? Iets wat jy dink bewusmaking verdien? Dit kan komies wees, iets wat jou pla of selfs ‘n verlange na dinge wat was. Skryf dit vir ons in ‘n rubriek van ongeveer 400 woorde” Of iets dergelik, dit moet egter Simon Riekert se goedkeuring ook wegdra.Sluit dadelik aan by SA Courant.

SA Courant

Advertensie spasie

Mei Nuusbrief
ADVERTENSIE SPASIE:
Ons skep 8 spasies vir advertensies in die Nuusbrief. Proeflesers, Illustreerders, Skrywers en Vertalers kan hier adverteer teen R50 per advertensie wat by Elsabe de Beer inbetaal moet word. Stuur jou advertensie saam met die bewys van betaling na: writeforlifesa@gmail.com

Borge benodig

Ons het ‘n oulike bemarker wat ons boeke oral bemark maar ons het ‘ n Yoco masjien nodig. Baie dringend. Ons vra asseblief vir borge. Elke rand sal help. Of is daar iemand wat een kan skenk wat het en hom nie gebruik nie. Ons verloor baie verkope as gevolg daarvan dat ons nie kan swipe nie. Yoco onkoste is net die goedkoopste. Indien jy kan bydra, e-pos vir Elsabe by saskrywers.elsabe@gmail.com