Kaleidoskoopuitdaging 6: 12 Mei – 2 Junie

Skryf ‘n verhaal van 1 500 – 2 000 woorde. Lees jou verhaal minstens drie keer deur voordat jy dit finaal plaas en aanstuur. Verhale moet ons teen Saterdag 2 Junie om 12:00 bereik.

Kies een element / item uit drie van die onderstaande groepe waar om jy jou verhaal bou. Plaas jou drie items / elemente langs jou verhaal se titel.

1. Oggend om 9:00; middag om 15:00; skemer teen 18:30; nag om 2:00
2. Veekraal; parkeerarea; feesterrein; winkelsentrum
3. Motorfiets; valskerm; skaatsplank; trekker
4. Woede; vrolikheid; vergeetagtigheid; droomverlore

Sorg vir ‘n goeie storielyn, behou kontinuïteit, ontgin oorspronklike moontlikhede. Wees kreatief. Lekker skryf.

E-pos julle stories aan roneldunn@gmail.com

One thought on “Kaleidoskoopuitdaging 6: 12 Mei – 2 Junie

  1. Ronel Dunn says:

    Hallo Juanita,

    Ek het twee goed wat ek vir jou wil gee om op die blog / nuusbrief te plaas. My pogings misluk en nou gaan ek maar vir jou die beskrywings gee:

    1. Daar is ‘n Cindy Kruger wat op SA Skrywers geplaas het dat sy omslae ontwerp en ‘n voorbeeld van haar werk geplaas het. Elsabe het gevra dat ons dit op die blog plaas

    2. Die Amateur Skrywersbond het ‘n kompetisie met prysgeld van R11 500 vir gedigte sowel as kortverhale. Die persoon wat gekontak kan word is Ernie Mellet by erniemellet@gmail.com

    Dankie,

    Ronel

Lewer kommentaar