Leer ons Admin ken – Ria Fourie

Nog een van die vroue wat ons admin span sterk maak is Ria Fourie. Sy het ons vertel wie sy is.

1. Wie is ek?
Ek is Ria Fourie. Ma van 5 en ouma van 7. Bedags werk ek in ‘n oudiologie praktyk en soms help ek met die vervoer van mense na en van OR Tambo. Ek het ook onlangs begin blog, so ek is seker nou ‘n blogger.
2. Wanneer het ek begin skryf?
Ek het nooit geskryf nie. Dink my opstelle op skool het so 8 uit 20 gekry. Verlede jaar (2017) het ek by RGR n gedigte program begin uitsaai en  met Elsabe de Beer te doen gekry. Eendag het ek op die ingewing van die oomblik ‘n kort verhaal geskryf. Die terugvoer was positief en vandaar af het die gogga my gebyt. Ek dink nie ek is ‘n fantastiese skrywer nie. Ek moet nog baie leer, maar ek geniet dit nou baie.
3. Gunsteling genre
Ek is maar besig met kortverhale. Ek het lank terug ‘n roman geskryf maar sal dit van vooraf moet deurgaan en kyk of daar iets van kan kom
4. My droom?
Daar is so paar. Ek wil vreeslik graag nog gaan reis. Ek dink ek moes dalk n gypsey gewees het in ‘n ander lewe. Wil nog op ‘n bootreis gaan op een van die groot riviere. Ek sal vreeslik graag my eie bundel wil publiseer. Dalk nog ‘n boek of twee skryf.
5. Stokperdjies behalwe skryf?
Lees, lees. Ek is tans aan beheer van twee radio programme op Elan Global radio. Die een is Woord vir Woord waar ek gedigte, stories, rubrieke en blogs voorlees. Die ander een is in Engels op Maandae aande. Dit gaan ooor goedvoel, positiewe, ware lewens stories en getuienisse. Ek sal dit maar as my stokperdjies beskryf want dit vat net soveel tyd as wat ‘n stokperdjie sou neem
6.Raad aan ander
Wat skryf aanbetref kan ek nie regtig raad gee nie. Ek leer nog self te veel. Maar as jy dink jy kan skryf, begin net. Moenie te veel daaroor tob of dit uitwerk of bereken nie. Skryf is n hartsding. Doen net!
14915664_10211816495553207_1807311816278657295_n

2 thoughts on “Leer ons Admin ken – Ria Fourie

  1. Elsabe van der Westhuizen says:

    Baie dankie Ria dat jy ook blootstelling gee aan ons stories en gedigte. Dit word regtig waardeer.

Lewer kommentaar