Leer ons Admin ken – Ansie van der Merwe

Wie is die manne en vroue wat so hard agter hulle skerms swoeg en sweet om dinge aan die gang te hou?

Vandag gaan ons vir Ansie van der Merwe beter leer ken

1. Wie is jy ?

Ek is Ansie van der Merwe woonagtig in ‘n klein dorpie Zeerust Noord Wes

Ek is ‘n algemene kantoordame vir ‘n Elektriese maatskappy.

2. Wat is jou stokperdjies (anders as skryf) ?

Die natuur. Ek stap graag in ons pragtige berge. Praat en luister na die natuur, dit is hier waar ek die naaste aan ons Skepper kom en met Hom kan kommunikeer.

Diere, veral perde en honde. Mens kan met die twee spesies komminukeer, hulle gee ‘n rustigheid aan jou en maak jou kalm as jou phsige onrustig is.

Dan is ek lief vir klassieke mussiek. Vivaldi en Mozart is my gunstelinge, omdat ek saam met die musiek kan mediteer vir ure lank, wat my kop weer skoon en helder maak vir dit wat voorlê in die toekoms.

3. Wanneer het jy begin skryf?

Ek was op skool toe ek skelm begin skryf het. Maar het amptelik in 2010 begin skryf, nadat ek ‘n kursus by Leoni se SA Vryskut geloop het.

4. Wat is jou gunsteling genre om in te skryf?

Ek is eintlik ‘n kortverhaal skrywer, maar behaal op die oomblik groot sukses met die digkuns.

5. Wat is die een droom wat jy nog wil bewaarheid?

Behalwe dat ek besig is met my digbundel en hom gepubliseer wil sien, sal ek graag so ver as moontlik wil leer, eerstens in die rigting van proeflesing en redigering. Maar dit is nie waar dit gaan stop nie.

6. As jy vir ‘n ander skrywer of digter raad kan gee, wat sal dit wees.

Moet nooit opgee aan jou droom nie. Werk hard daaraan en as jy jou droom bereik het, onthou drome hou nooit op nie.

Ansie van der Merwe

One thought on “Leer ons Admin ken – Ansie van der Merwe

Lewer kommentaar