Skryfwenke deur Carla van der Spuy

Wenke vir voornemende skrywers:

Moenie jou manuskrip vir jou ma/beste vriendin/huweliksmaat of kinders gee om te lees nie. Hulle gaan mal daaroor wees want hulle hou van jou.


Uitgewers is baie eerlik en objektief. Hulle moet ‘n bestaan uit die verkoop van boeke maak, onthou. Dus sal hulle nie honderde duisende rande se uitgawes aangaan as die eksemplare gaan stof vergader nie. Niemand het ‘n kristalbal nie, maar hulle kan min of meer voorspel wat gaan verkoop.


Indien jou manuskrip afgekeur word, stuur dit na die volgende uitgewer toe. Die manuskrip vir Gone With the Wind is glo meer as 50 keer afgekeur voor dit uiteindelik gepubliseer is en ‘n trefferfliek gemaak is.


Woon skryfskole en slypskole by waar jy praktiese raad ontvang en jou werk bespreek gaan word. Skrywers wat boeke gepubliseer het word dikwels oorval deur voornemende skrywers om te help, maar dit is uiters tydrowend .


Wees bereid om baie navorsing te doen; selfs al skryf jy fiksie. Gestel jy wil misdaadfiksie skryf, sal dit wys wees om soveel niefiksie boeke as moontlik oor misdaad te lees. Daardie skrywers het jare lank navorsing gedoen en gewoonlik is dit goed genoeg om net die bron te noem en na die skrywer en titel te verwys. Dis egter goed om hulle in die saak te ken.


Wees ook bereid om jou manuskrip oor te skryf tot die uitgewer gelukkig is. Ek weet van bekende krimiskrywers wat 20 jaar lank gespook het voor hulle iets gepubliseer het en ander wat hul manuskripte al 5 keer moes oorskryf.

Juanita Swart – Aanlynpublisering en voorblad ontwerp

Hi almBrief Aan skrywer 2018al, gaan kyk gerus na die skrywers wie ek al gehelp het om hulle boeke aanlyn te publiseer. Ek is nie ‘n uitgewer nie, dus bly die regte altyd die skrywer s’n. Ek bied bloot ‘n admin diens teen ‘n minimale fooi aan. Kontak my gerus indien jy meer inligting wil ontvang by juanitaswartskrywer@gmail.com

https://jswart5.wixsite.com/onlinepublishing/books-already-published/page/1

Ek doen ook voorblad ontwerp teen in minimale fooi.

Kontak my gerus!

SA‘s – dienste wat verskaf kan word

Ons is ‘n bedrewe klompie mense hier op SA’s se blaaie.

Kyk gerus na die lys hieronder en kontak die mense op Facebook.

Proeflees:

Ons is nou 6 (ses) proeflesers op SA Skrywers, insluitend Leoni Benghait. Ons het saam besluit op die volgende tariewe, dan word jou werk deur 2 (twee ) gekwalifiseerde proeflesers deurgegaan. Kortverhale: R125 vir eerste deurlees, R75 vir tweede proefleser om seker te maak dat alle foute reggestel is. = R200 Indien dit meer as 1 500 woorde is, ekstra R50. Kinderstories: R100 per storie van 800 woorde en dan R50 vir tweede proefleser. = R150 Roman: R8 per bladsy Gedigte: R20 per gedig, vir die eerste keer en daarna R5 vir die tweede kontoleerder. Bladuitleg: R300

Al die proeflesers het sertifikate verwerf by Leoni Benghiat van SA Vryskutskrywers

Voorbladontwerp:

  • Juanita Swart R250 per voorblad. Jy kry 3 opsies om uit te kies, 3 gratis “edits” daarna R50 per “edit”.
  • Cindy Kruger

Aanlynpublikasie op Amazon: Juanita Swart: R350.

Ilustreerders:

  • Mariaan Taljaard: R50 per illustrasie.
  • Erna van der Merwe R50 per illustasie
  • Almira Luck R50 per illustrasie

Vertaling:

  • Don Percival – vertaling 50c per woord!

Alhoewel SA’s hierdie mense aanbeveel, moet kennis geneem word van die volgende: alle ooreenkomste word tussen die skrywer en persoon / persone hierbo in hulle eie hoedanigheid aangegaan. SA’s kan nie verantwoordelik gehou word vir enige geskille of verliese as gevolg van ooreenkomste wat nie nagekom word nie.

 

Fooie hierbo soos op 28 Mei 2018

Skryf ‘n kinderboek – blitskursusse

Kyk net al hierdie keuses: Skryf sommer dadelik in vir een:

Blitskursusse – KINDERBOEKE
Elemente van kinderboeke
Fooi: R200
Studiepakket: 7 bladsye kursusnotas:
· Waarom lees kinders?
· 7 Mites oor kinderboeke
· 3 Noodsaaklike elemente van kinderboeke
· Watter boodskap wil jy oordra?
· 1 praktiese skryfoefening wat deur jou opleier nagesien word

Skep onvergeetlike 3D-karakters vir jou kinderboek
Fooi: R240
Studiepakket: 8 bladsye kursusnotas:
· Watter karakters is gewild?
· Skep só onvergeetlike karakters
· Verskillende soorte karakters
· Name, karaktertrekke, gewoontes
· Handige wenke vir karakterisering
· 1 praktiese skryfoefening wat deur jou opleier nagesien word

Storielyne vir kinderboeke
Fooi: R400
Studiepakket: 12 bladsye kursusnotas:
· Ontleed die mark
· ‘n Basiese storielyntemplaat vir enige kinderboek
· Skep ‘n “storieplan”
· Skryfwenke
· 2 praktiese skryfoefeninge wat deur jou opleier nagesien word

Dialoog en beskrywing in kinderboeke
Fooi: R220
Studiepakket: 7 bladsye kursusnotas
· Leer ken jou karakters deur dialoog
· Wys, moenie vertel nie
· Fisiese beskrywings verklap emosie
· 2 praktiese skryfoefeninge wat deur jou opleier nagesien word

Humor in kinderboeke
Fooi: R220
Studiepakket: 6 bladsye kursusnotas:
· Watter soort humor vir watter ouderdom?
· Hoe ervaar kinders humor?
· Laat jou lesertjie lag
· Humor in prenteboeke
· 2 praktiese skryfoefeninge wat deur jou opleier nagesien word

Bou ‘n onsigbare les in jou kinderboek
Fooi: R180
Studiepakket: 5 bladsye kursusnotas:
· Wat wil jy oordra en hoekom?
· Moenie preek nie
· Hoe dra jy ‘n boodskap oor?
· Idees
· 1 praktiese skryfoefening wat deur jou opleier nagesien word

Skryf ‘n PRENTEBOEK vir kinders
Fooi: R300
Studiepakket: 10 bladsye kursusnotas:
· Kies jou ouderdom en kry ‘n gepaste idee
· Kry ‘n gepaste idee
· Hoe om jou idee te beplan
· Karakters, storielyne, illustrasies
· Spesifikasies van prenteboeke
· 2 praktiese skryfoefeninge wat deur jou opleier nagesien word

Skryf ‘n FANTASIEVERHAAL vir kinders
Fooi: R300
Studiepakket: 10 bladsye kursusnotas:
· Skep ‘n fantasiewêreld
· Begin by die aksie
· Idees om jou aan die gang te kry
· Hou dit eenvoudig
· Hoe om jou leser “te vang”
· Die inleiding, middel en slot
· 2 praktiese skryfoefeninge wat deur jou opleier nagesien word

Skryf ‘n RILLER vir kinders of tieners
Fooi: R300
Studiepakket: 10 bladsye kursusnotas:
· Elemente vir ‘n geslaagde storielyn
· Karakters en dialoog
· Konflik en spanning
· Terugslae en hindernisse in die held/in se pad
· Leidrade en misleiding
· Geslaagde slot
· 2 praktiese skryfoefeninge wat deur jou opleier nagesien word

Skryf ‘n FABEL vir kinders
Fooi: R300
Studiepakket: 10 bladsye kursusnotas:
· Wat is ‘n fabel en wat wil jy met joune bereik?
· Basiese storieplan vir ‘n fabel
· Karakters, ruimte, dialoog
· Konflik en spanning
· 2 praktiese skryfoefeninge wat deur jou opleier nagesien word

Skryf POËSIE vir kinders
Fooi: R300
Studiepakket: 10 bladsye kursusnotas:
· Hoe verskil kinderpoësie van volwasse poësie?
· Stories wat rym
· Soorte poësie: limerieke, haikoe, akrosties, humoristies
· Klank, ritme, rym, herhaling, alliterasie
· 2 praktiese skryfoefeninge wat deur jou opleier nagesien word

Skryf ‘n NIE-FIKSIEBOEK vir kinders
Fooi: R400
Studiepakket: 12 bladsye kursusnotas:
· Doen jou navorsing
· Moontlike temas en onderwerpe
· Nie-fiksieprenteboeke
· Titels verkóóp!
· Skryfstyl, navorsing, illustrasies
· Nuttige skryfwenke
· 2 praktiese skryfoefeninge wat deur jou opleier nagesien word

Skryf ‘n JEUGBOEK
Fooi: R400
Studiepakket: 12 bladsye kursusnotas:
· Moenie soos ‘n volwassene klink nie
· Temas, storielyne, kinkels
· Vertellers en karakters
· Dialoog en ruimte
· 2 praktiese skryfoefeninge wat deur jou opleier nagesien word

Vertellers en perspektief in kinder- en jeugboeke
Fooi: R180
Studiepakket: 5 bladsye kursusnotas:
· Verskillende soorte vertellers en hul funksies
· Skryf uit die kind se perspektief
· Herleef jou eie kindertyd
· Ken jou teikengehoor
· 1 praktiese skryfoefening wat deur jou opleier nagesien word

Spanning, aksie en klimaks in ‘n kinderboek
Fooi: R180
Studiepakket: 5 bladsye kursusnotas:
· Konflik
· Deurlopende spanning
· Moontlike aksie
· Opbou en afwenteling van storieklimaks
· 1 praktiese skryfoefening wat deur jou opleier nagesien word

Publiseer jou kinderboek
Fooi: R200
Studiepakket: 8 bladsye kursusnotas:
· Selfredigering
· Uitgewersmoontlikhede
· Formaat, tipografie
· Selfpublikasie
· 1 praktiese skryfoefening wat deur jou opleier nagesien word

Kortverhale vir tieners
Fooi: R240
Studiepakket: 8 bladsye kursusnotas:
· Elemente
· Karakter met ‘n probleem
· Konflik en innerlike stryd
· Afsluiting met iets wat die tiener geleer het
· 1 praktiese skryfoefening wat deur jou opleier nagesien word

Beginnerspakket vir kinder- en jeugboekskrywers
Fooi: R500
Studiepakket: 10 bladsye kursusnotas:
Die materiaal wat in hierdie spesiale pakket vervat is, is feitlik
gewaarborg om jou aan die skryf te kry
· Voorbeeld: tema vir ‘n kinderboek
· Voorbeeld: dierekarakterbeskrywing
· Voorbeeld: kindergedig
· Voorbeeld: jeugboektema
· Voorbeeld: riller
· Voorbeeld: fabel
· Voorbeeld: fantasiewêreld
· Voorbeeld: begin jou kinderstorie
· Voorbeeld: karakters
· Voorbeeld: storieklimaks
· Voorbeeld: spanning en konflik
· Voorbeeld: eindes
· 3 praktiese skryfoefeninge wat deur jou opleier nagesien word

Skryf in by die volgende skakel : https://bit.ly/2I8rfTT

Enige vrae oor bostaande kursus kan gestuur word aan: debeerelsabe2@gmail.com

 

Kaleidoskoopuitdaging 6: 12 Mei – 2 Junie

Skryf ‘n verhaal van 1 500 – 2 000 woorde. Lees jou verhaal minstens drie keer deur voordat jy dit finaal plaas en aanstuur. Verhale moet ons teen Saterdag 2 Junie om 12:00 bereik.

Kies een element / item uit drie van die onderstaande groepe waar om jy jou verhaal bou. Plaas jou drie items / elemente langs jou verhaal se titel.

1. Oggend om 9:00; middag om 15:00; skemer teen 18:30; nag om 2:00
2. Veekraal; parkeerarea; feesterrein; winkelsentrum
3. Motorfiets; valskerm; skaatsplank; trekker
4. Woede; vrolikheid; vergeetagtigheid; droomverlore

Sorg vir ‘n goeie storielyn, behou kontinuïteit, ontgin oorspronklike moontlikhede. Wees kreatief. Lekker skryf.

E-pos julle stories aan roneldunn@gmail.com

WOENSDAG 9 MEI 2018 MOEDERSDAG UITSENDING 20H00

Ria Fourie gaan die volgende gedigte op Elan Global Radio lees:-

Salvia Ockhuis – Die Moeder
Bernaas Swanepoel – Moedersdag uitdaging
Elsabe de Beer – Moedersdag uitdaging
Gert Jakobs – My eerste liefde
Werner Wehmeyer – Vir jou Moeder
Rieet Bezuidenhout – Liefde vir mamma
Anna Marie Blaauw – Pure liefde
Ruiter Malan – Mammie
Gert Jakobs – Mama
Petrus Visser – Moedersdag
Mariaan Taljaard – Ode aan alle moeders
Evanthe Schurink – Moedertjie
Jurgens David Christie – Iewers erens
Driekie Grobler – Liefde onbeperk
Evanthe Schurink – Liewe Mamma

Ligte kamer Aksie- Riana Barnard Matthee
6 gedigte van haar waarban sy almal self voorlees

Blogs – Travel 4601 – Vakansie herinneringe met Mams
Toortsie – Die dag toe stiefma ma word

Internet Radio Broadcaster | Elanglobalradio
Elanglobalradio is a global Christian internet radio station with a secular approach broadcasting in English and Afrikaans. We brig you gospel music, talk shows and much more.
ELANGLOBALRADIO.COM

Boekuitstalling – Mall@Reds

Wat n Ongelooflike Dag! Florien het die voorreg gehad om Driekie Grobler, Stephan Uys en Pieter Saayman en sy vrou Lynette te ontmoet. Later die oggend het Florien ook vir Illette van Groep 7 ontmoet. Daar was geweldig baie belangstelling in die boeke.

Boek Verkope:

Adele Benecke – Mari se Avonture x 2

Pieter Saayman – Einstein se huis x 3

Pieter Saayman – Die Hoenderdiewe x 1

H Buys – Riempies en Rampies x 2

Elsabe De Beer – Petro se Klavier x 1

Baie dankie aan al die skrywers vir hulle PUIK boeke en die vertroue wat hul in Florien gestel het.

Ons volgende Boek uitstalling is by die Irene Mark, Smuts Huis Museum, Irene op 12 Mei 2018.