Blitskursusse – Kinderboeke

GROOT NUUS:
Elsabe en Leoni Benghiat beplan kort blitskursusse oor “Skryf ‘n Kinderboek” wat strek oor twee weke, en ongeveer R250 -R300 sal kos! Dit word saamgestel deur Leoni en Elsabe sal julle kursusleier wees! E-pos vir Elsabe by saskrywers.elsabe@gmail.com indien jy belangstel om deel te neem

BOLMAKIESIE UITDAGING 5

Skryf ń storie van so 800/1000 oor die volgende:
1) Jan en Saartjie gaan sirkus toe.
2) Pollie vlieg weg.
3) Jannie wil nie sy kamer skoonmaak nie.
4) Slang kan nie Ssss maak nie
5) Hendrik die draak voel skaam omdat hy nie kan vuur blaas nie.
Wenners sal 28 April om 13:00 aangekondig word. Plaas asseblief hier en e-pos vir Elsabe.
Lekker skryf.

Bolmakiesiebundel -proeflees

Al die stories in die Bolmakiesiebundel moet geproeflees word. Elsabe de Beer en Johan Jansen Skrywer is albei gekwalifiseer by SAV, dus vra ons dat julle R50 per storie inbetaal

Hier is die name van die mense wie se stories tot dusver gekeur is vir die bundel.

Bolmakiesie bundel

1. Diere Avonture – Nerina Smit
2. Hardus die Kulkunstenaar -Jeanetta Swanepoel
3.Mientjie se nuwe maatjie- Tersia van der Westhuizen
4.Nika se wonderlike bredie -Zetwee Hattingh
5.Wimpie en die trokwedren.-Pieter Saayman
6.Die nag toe die maan geval het -Bets Koen
7. Die muispaleis.-Elsabe van der Westhuizen
8. Motortjie genaamd Windlawaai.- Anicia Mc Dermott
9. Rosa en Annabel -Antoinette Venter
10.Agie, die nuuskierige apie- Dirkie Burmeister
11.Apie wil nie was nie-Johan Jansen
12.Die lelike naam-Beatrix Hooman
13.Willem word ‘n Wildbewaarder -Evanthe Schurinck

14.Pornostertjie-Riana Barnard Matthee
15.Wilmar se Vreemde Reis -Ria Laubscer
16. Martjie, die klikbekkie -Elsabe van der Westhuzen

17.Evanthe Schurink – Superheld

18.Ester Byleveldt – Kabouters Hou Partytjie.

19.Tharina Schnetler Dippenaar – Feetjie Ansie en Elfie Pieter.

NUWE BUNDELUITDAGING: Die Judas-Web.

Vir almal wat al onder verbale of fisiese mishandeling deurgeloop het, of so ‘n storie ken, plaas asseblief jou storie van ongeveer 1,500 woorde op die blad, en e-pos vir my by saskrywers.elsabe@gmail.com met die opskrif Die Judas-Web.

Sluitingsdatum 31 Mei. Onderhewig aan keuring en proeflees. Ons wil ‘n bundel van so 30 stories publiseer om mense wat daardeur gaan, te laat weet hulle is nie alleen nie.

Belangrike datums!

Junie – Judas-Web

Julie- wenners van slypskool

September – Kaleidoskoopbundel

September/Oktober: Gala prsuitdelings in Pretoria en die Kaap

Einde Oktober: Kunsmark by Oppihoekie Kunsmark.

Merk dit op jou kalender!

EIE BUNDELKOMPETISIE 2018

Hier is die reëls en datums weer!!

1. Slegs lede wat nog nie voorheen gepubliseer het nie (selfpublikasie ingesluit) mag deelneem.
2. Lede sal slegs op uitnodiging van die stigters en admin genader word.
3. Slegs lede wat gereeld aktief op die blaaie deelneem, sal oorweeg word.
4. Twintig lede sal aanvanklik uitgenooi word en mag die uitnodiging aanvaar of
van die hand wys.
5. Vyf lede sal op ‘n waglys geplaas word om lede wat die uitnodiging van die hand wys te vervang. Daarna sal slegs die lede wat betyds hul stories voorlê, oorweeg word.
6. Drie kortverhale of drie hoofstukke van ‘n roman, moet voor 30 Junie 2018 voorgelê word, wat deur ‘n paneel van vier beoordelaars gekeur sal word.
7. Een wenner en een naaswenner sal voortaan aangekondig word.
8. Die wenner wen 50 gratis bundels en die naaswenner 10 bundels.
9. Alle proeflesing, bladuitleg en drukkostes sal deur SA Skrywers en Groep 7 Uitgewers gedra word.
10. ‘n Inskrywingsfooi van R100 moet jou inskrywing van jou 3 stories vergesel asb.( Bankbesonderhede sal later verskaf word)
11. 15 Kortverhale of ‘n roman van plus/minus 30000 woorde mag gebruik word.
12. Drie hoofstukke van ‘n roman moet voorgelê word.
13. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
14. Die wenners se bundels sal voortaan bekendgestel word saam met die res van ons blaaie se bundels by ons boekbekendstelling in Sept/Okt.
15. Deelnemers moet hul inskrywings tussen 1 en 30 Junie per e-pos stuur na Elsabe de Beer – saskrywers.elsabe@gmail.com
16. Die wenners sal voor 31 Julie 2018 aangekondig word.
17. Alle deelnemers moet teen 31 Julie hul 15 kortverhale of hele roman reg hê vir publikasie.

Die lys van die twintig gekose lede sal binnekort geplaas word.
Baie dankie vir julle deelname en belangstelling in ons blaaie en in hierdie wonderlike kompetisie. Ons glo dat die nuwe reëls almal se goedkeuring sal wegdra.

Elsabe de Beer, Riana le Roux en Admin

Judas Web bundel

Elsabe se baie, baie dankie aan Bets Koen en Driekie J Grobler wat haar help met die saamstel van die bundel.

Driekie is ‘n berader en sy se dit sal baie help vir haar as berader om iemand so ‘n boek in die hand te stop. Sy is ook ‘n gekwalifiseerde proefleser van SAV en gaan help keur en poleer aan die stories. Baie, baie dankie Driekie.

Bets is ook ‘n SAV proefleser, sy gaan vir julle die stories proeflees en die bladuitleg doen, Baie baie dankie Bets, jy help Elsabe vreeslik baie, sy moet nog die Kaleidsokoopbundel en die Bolmakiesie bundel doen, so jy neem ‘n groot las van Elsabe se skouers af.

Driekie beveel aan dat die skrywers dalk anoniem of onder skuilname plaas.

Baie dankie julle twee vir die hulp!