EIE BUNDELKOMPETISIE 2018

Hier is die reëls en datums weer!!

1. Slegs lede wat nog nie voorheen gepubliseer het nie (selfpublikasie ingesluit) mag deelneem.
2. Lede sal slegs op uitnodiging van die stigters en admin genader word.
3. Slegs lede wat gereeld aktief op die blaaie deelneem, sal oorweeg word.
4. Twintig lede sal aanvanklik uitgenooi word en mag die uitnodiging aanvaar of
van die hand wys.
5. Vyf lede sal op ‘n waglys geplaas word om lede wat die uitnodiging van die hand wys te vervang. Daarna sal slegs die lede wat betyds hul stories voorlê, oorweeg word.
6. Drie kortverhale of drie hoofstukke van ‘n roman, moet voor 30 Junie 2018 voorgelê word, wat deur ‘n paneel van vier beoordelaars gekeur sal word.
7. Een wenner en een naaswenner sal voortaan aangekondig word.
8. Die wenner wen 50 gratis bundels en die naaswenner 10 bundels.
9. Alle proeflesing, bladuitleg en drukkostes sal deur SA Skrywers en Groep 7 Uitgewers gedra word.
10. ‘n Inskrywingsfooi van R100 moet jou inskrywing van jou 3 stories vergesel asb.( Bankbesonderhede sal later verskaf word)
11. 15 Kortverhale of ‘n roman van plus/minus 30000 woorde mag gebruik word.
12. Drie hoofstukke van ‘n roman moet voorgelê word.
13. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
14. Die wenners se bundels sal voortaan bekendgestel word saam met die res van ons blaaie se bundels by ons boekbekendstelling in Sept/Okt.
15. Deelnemers moet hul inskrywings tussen 1 en 30 Junie per e-pos stuur na Elsabe de Beer – saskrywers.elsabe@gmail.com
16. Die wenners sal voor 31 Julie 2018 aangekondig word.
17. Alle deelnemers moet teen 31 Julie hul 15 kortverhale of hele roman reg hê vir publikasie.

Die lys van die twintig gekose lede sal binnekort geplaas word.
Baie dankie vir julle deelname en belangstelling in ons blaaie en in hierdie wonderlike kompetisie. Ons glo dat die nuwe reëls almal se goedkeuring sal wegdra.

Elsabe de Beer, Riana le Roux en Admin

Lewer kommentaar