Kaleidoskoop 3 wenners

Ons het ongelooflik baie inskrywings ontvang en dit was besonders moeilik om die wenners te kies. Die van julle wie s’n nie gekies is nie, moet asseblief nie mismoedig voel nie en hou aan plaas en instuur asseblief. Dit was werklik vir ons baie moeilik om te kies en volgende keer is dit dalk joune wat inkom.
Hierdie week is daar tien lede wie se stories in ons Kaleidoskoopbundel opgeneem gaan word.
Hier volg ons 10 wenners in geen spesifieke volgorde nie:

• Moekie Mouton – Magriet Verwey
• Rosalee Meyer – Thando
• Tharina Schetner Dippenaar – Ek sal nie alleen wees nie.
• Vaness von Mollendorf – Splitsing
• Ronel Mare Dunn – Besoeker
• Isabel van der Merwe – Besoeker
• Jeanetta Swanepoel – Blomme vir ’n deurmekaar kop
• Okkie Oosthuizen – ’n Wit roos
• Riana Barnard Matthee – Die Wit Roos
• Salvia Ockuis – Haar laaste selfie.

Julle moet asseblief onthou dat Elsabe en Riana die gekose verhale moet proeflees voordat ons die bundel kan laat druk. Ons wil immers trots wees op ons bundel en dit so foutloos as moontlik kry. Daar is ‘n koste aan die proeflees verbonde, kontak asb vir Elsabe of Riana om meer uit te vind.

Let asseblief daarop dat hierdie uitdaging deel uitmaak van ’n verskeidenheid Kaleidoskoop-uitdagings wat nog geplaas gaan word.

Lewer kommentaar