Reenboogbundel Uitdaging wenners

A man using a bullhorn to make an announcementAANDAG!!

Wenner van: 🏆🎖🏆

REËNBOOGBUNDEL UITDAGING 1 🌈

Baie dankie aan al die digters wat deelgeneem het!! ‘n Rekordgetal van 45 gedigte is voorgelê en almal was van hoogstaande gehalte! Die wenner, wie se gedig dus heel voor in ons nuwe bundel sal verskyn is:

Uitverkoop – Simon Riekert

Baie geluk Simon! Tweede keer in ‘n ry!

Die volgende gedigte is ook reeds gekeur vir opname in die bundel:

Erna Van der Merwe – Reënboog v emosies
Werner Wehmeyer – Reënboog van emosies
Elsabe van der Westhuizen – Jy, vyand van liefde
Linda du Plessis – Kleurbalonne
Driekie Grobler – Reënboog v emosies
Jacolien Odendaal – Tot in jou oë
Tharina Schnetler Dippenaar – Reënboog v emosies
Riana Barnard Matthee – Ek wens v jou ‘n klerespel
Beatrix Hooman – ‘n Kleuredag ontwaking
Christo Visser – Reënboog van klank
Stephan Uys – (Reënboog v emosies 1)
Sy aan sy

Onthou asb dat jy steeds die gedigte wat jy ingestuur het later kan voorlê vir keuring wanneer die tyd daarvoor aangekondig word!!

Uitdaging 2 = Vrees – is reeds oop vir plasing op die blad.

Ons eerste uitdaging se wenners is gekies

Beach TimeAANDAG: 🎉🎉🎉

Die wenners van die Kaleidoskoop Uitdaging: ʼn Tweede Kans is die volgende skrywers:

Pieter Saayman
Moekie Mouton
Douwlina du Plessis
Lynelle Clark
Riana Barnard.

Baie, baie geluk julle. Julle stories word in ons volgende bundel Kaleidoskoop geplaas mits julle dit laat proeflees by Lynelle Clark teen R50.

Kontak haar by lynelleclark@gmail.com.
Geen stories sal geplaas word in die bundel as dit nie geproeflees is nie.

Die tweede uitdaging  van 10 uitdagings vir die Kaleidoskoop bundel is:

Elke dorp, area of distrik het ‘n legende of storie wat al jare saam kom. Of dit nou op fiksie of waarheid gebaseer is maak nie saak nie. Vertel ons van so ‘n storie in jou area of dorp in 2500 woorde. Sluitingsdatum is die 24 Februarie 2018
Stuur aan lynelleclark@gmail.com en plaas op die blad.

Ons se baie, baie dankie vir al die PUIK inskrywings wat ons ontvang het, die beoordelaars se dit was baie moeilik om te besluit. Baie, baie geluk!

Skryfkompetisies om aan deel te neem.

canstockphoto7383805

Lekker skryfkompetisies !!!

Skryfkompetisies is ‘n uitstekende manier om blootstelling as skrywer te kry, selfvertroue te ontwikkel en dalk selfs ‘n prys of twee los te slaan.
* Bly by met skryfkompetisies, publikasiekanse en skryfwenke, en teken in op ons gratis nuusbriefwat een keer per maand verskyn en skryfwenke, skryfkanse en nuus oor skryfkompetisies bevat.
* Weet jy van enige ander skryfwedstryde? Deel dit met ons in die comment-blokkie heel onder.

Montagu Boekfees: Skryfkompetisie 2018

Die 2018-Montagu-Boekefees in samewerking met die ATKV Suurbraak en die Amateur Skrywers Bond bied ‘n groot skryfkompetisie aan met lekker prysgeld en die moontlikheid van opname in die bundel Sprankel!
Sluitingsdatum: 30 Junie 2018
Oop vir enige skrywer op enige plek en in enige tipe Afrikaans.
* Kortverhale nie meer as 2 000 woorde nie.
* Gedigte nie langer as 40 reëls nie.
Ouderdomsgroepe van deelnemers: 12 – 16 jaar; 17 – 25 en bo 26.
📷Pamflet 1.jpgJPG Image 397.3 KBDOWNLOAD📷Pamflet 2.jpgJPG Image 428.1 KBDOWNLOAD

Ken jou storie – Kinderboek-kompetisie 2018

Kinderboek-skryfkompetisie. Inskrywings open 12 Maart 2018 en sluit op 31 Oktober 2018.
Skryf ‘n kinderboek vir een van hierdie ouderdomsgroepe: 4-6 jaar, 7-9 jaar, 10-12 jaar.
Groot kontantpryse.
Kry meer inligting HIER

Poort-skryfkompetisie – 2018

Die Poort-skryfkompetisie vind jaarliks plaas, dis ’n projek van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en het ten doel om skeppende skryftalent in Afrikaans onder hoërskoolleerders te ontdek en aan ’n groter gehoor bekend te stel.
Sluitingsdatum: 20 Februarie 2018
Nasionale Prosa- en Poësiewenners: R5 000,00 elk as prysgeld.
Tien beste skrywers landwyd word na ‘n Skrywer-Slypskool by die Universiteit van die Vrystaat in die Julievakansie genooi (geborg deur die SA Akademie vir verblyf en Slypskoolkoste asook ‘n persentasie van die reiskoste). ‘n Groot aantal leerders se skryfwerk word na keuring in die POORT-publikasie 2018 opgeneem. KLIK vir meer inligting.
📷Poort-inskrywingsvorm – 2018.pdfAdobe Acrobat Document 518.1 KBDOWNLOAD

Bloemfonteinse Skrywersvereniging – 2018 – temas nog nie gefinaliseer nie

Die NASIONALE BSV-SKRYFWEDSTRYD 2018 met prysgeld van R18 000, vir die 9de keer geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat, se onderwerpe vir 2018 is (amper) bekend. Op die spel is ‘n gratis slypskool vir alle wenners in Augustus 2018 by ‘n bekende en geliefde skrywer, wisseltrofeë en publikasie van wenverhale in Inkvars 2018 , asook prysgeld van R18 000.
Die wedstryd sluit op 14 Mei 2018
Die wedstrydpamflet en die twee inskrywingsvorms (Hoërskole, gr. 8-12 en Ope-afdeling) is binnekort op die BSV-webwerf beskikbaar.

NB UITGEWERS se Groot Afrikaanse Romanwedstryd

📷
Die Groot Afrikaanse Romanwedstryd word elke drie jaar deur NB Uitgewers aangebied. In 2012 was Ingrid Winterbach die wenner met Die aanspraak van lewende wesens en in 2015 Dan Sleigh, met sy roman 1795. Die debuutwenner was Anneli Groenewald met Die skaalmodel.
Prysgeld van altesaam R350 000 is op die spel. Die wenner ontvang R200 000, terwyl die tweede en derde prys onderskeidelik R70 000 en R40 000 beloop. Daar is ook ’n debuutprys ter waarde van R40 000.
Vind die inskrywingsvorm en reëls hier:

RomanzaLiefde: Skryfkans

📷RomanzaLiefde – Riglyne.pdfAdobe Acrobat Document 213.8 KBDOWNLOADKlik hier om jou RomanzaLiefde-storie in te stuur

Woordfees-kortverhaalwedstryd – jaarliks

Skrywers van kortverhale skuif nader. Lapa se nuwe tydskrif, RomanzaLiefde, verskyn kwartaalliks by sekere takke van Clicks, Checkers, Spar en CNA. Vind hieronder uit wat die riglyne is.
Lekker pryse! Twintig kortverhale sal gekeur word vir plasing in die Woordfees-bundel. Suksesvolle verhale kan R4 000 wen. Boonop word een van die gepubliseerde verhale met die komplimente van kykNET vir die Silwerskermfees ontwikkel.
Sluitingsdatum: 30 September jaarliks
HOU HIERDIE BLAD DOP.

Poetry in McGregor bied aan …

Lapa se jeugroman-kompetisie

Sanlam-kompetisie vir jeugverhale

Afri-fiksie: Jaarliks

Hierdie jaarlikse Afrikaanse wetenskapfiksie/fantasiekompetisie word deur Thompson Boekdrukkery geborg, onderskryf en geadministreer.
Sluitingsdatum: 1 Julie elke jaar.

Maskew Miller Longman – jaarliks

RSG se radiodrama-kompetisie: Jaarliks

RSG en Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie. Slegs oorspronklike en nuwe radiodramas word aanvaar. Buiten die drie hoofpryse is daar soms ook ‘n spesiale prys vir skrywers jonger as 30.
Sluitingsdatum: Donderdag 30 Junie.
Vir meer inligting oor die skryf van radiodramas en hoe om in te skryf, klik HIER
KLIK HIER en luister na Skryfgeheime-student, Fred Charly, se 2014-RSG-wen-inskrywing.

City Press & Tafelberg Uitgewers, nie-fiksie: Jaarliks

City Press en Tafelberg, ‘n druknaam van NB-Uitgewers, belê in niefiksie-outeurs deur middel van ‘n jaarlikse prys. Die prys van R60 000 word jaarliks toegeken aan ‘n skrywer om navorsing te befonds vir ‘n niefiksie-boek oor ‘n onderwerp wat belangrik is binne die Suid-Afrikaanse konteks. Klik hier.

The Maskew Miller Longman Awards announces the genre for 2018 – Youth Fiction

About the Competition

The Maskew Miller Longman Awards announces the genre for 2018 – Youth Fiction
Pearson South Africa invites experienced, new and aspiring writers to submit their unpublished and original Youth Fiction for teenagers aged 16 to 18 years.
Youth novels submitted should be between 25 000 and 45 000 words.
Manuscripts submitted can explore the following themes but are not limited to: comedy, romance, fantasy, sport and adventure.
A prize of R 10 000.00 will be awarded to each winner and the winning entries will be considered for publication by Pearson. A prize of R3 500 will be awarded to each finalist.
Closing date for entries is 4 May 2018.
Give South African youth the gift of reading in their mother tongue and download your entry form to enter.
To find out more and receive competition updates, like us on Facebook MMLLitAwards or send your queries to us at mmlliteratureawards@pearson.com

Die Hoenderdiewe deur Pieter Saayman

die-hoenderdiewe-pieter-saayman (1)

Boekomslag geillustreer deur Tagen Koekemoer

Vir die ouderdom 8-10 jaar

Die Hoenderdiewe. Wie is die hoenderdiewe? Avonture wag op Ruben en Hester wanneer hulle ontvoer word deur Eig, kaptein van n ruimteskip wat een aand by die hoenderhokke land en hoenders steel. Op die Eierplaneet, Eggiedop, raak hulle bevriend met Kapokkie. Sal hy hulle red en help om terug te keer na die Aarde?

Verkrygbaar by Groep7 Prys R80

Taalwenke 9: Afkortings

Taalwenke 9:
Afkortings
9.1.
Algemeen:
9.1.1. Wanneer dit nodig is om afkortings te gebruik, gebruik dan erkende afkortings wat in byvooerbeeld die AWS aangegee word.
9.1.2. Afkortings moenie aan die einde van ʼn reël geskei word nie.
9.1.3. Koppeltekens word slegs in afkortings gebruik as dit in samestellings voorkom.
BSc-student
9.1.4. Die afkorting van ʼn byvoeglike naamwoord word nie aan die selfstandige naamwoord gekoppel nie.
GM voedsel (geneties gemodifiseerde voedsel) maar die GM-proses ( die genetisemodifikasie-
proses)
NG predikant ( Nederduitse Gereformeerde predikant)
SA leier (Suid-Afrikaanse leier)
9.1.5. Waak teen oortolligheid.
MI-virus (NIE: MIV-virus nie)
9.1.6. Moenie rangtelwoorde by datums gebruik nie, tensy geen maand genoem word nie.
Hulle sal die 16de arrriveer. (NIE: Hulle sal die 16de Maart arriveer nie)
Sy is op 22 Mei 1972 gebore. (NIE: Sy is op die 22ste Mei 1972 gebore nie.)
9.2. Afkortings (lettername en akronieme uitgesluit)
9.2.1. Afkortings sonder punte
9.2.1.1. Universiteitsgrade en ander kwalifikasies
HonsBA
BRekLLB
MB,CHB (Let op: Daar is geen spasie na die komma nie.)
9.2.1.2. Titelafkortings en voorletters
Enkelvoud Meervoud
me mee of mes
mej mejj
mev mevv
mnr mnre
dr drs
prof proff

L.W: LF Ackerman (NIE L.F Ackerman nie)
9.1.1.3. Metrieke simbole
5 kg
45 ml
45*C
205 l
LET OP: Daar is ‘b spasie tussen die syfer en die simbool.

WENKE:
1. Voeg ʼn vaste spasie (nonbreaking of hard space) tussen die syfer en die afkorting of simbool in. Dit verseker dat die eenheid behou word wanneer die sin na die volgende reël oorsvloei. Kyk by reël 12.5. om ʼn vaste spasie te maak.)

2. Die internasionale SI-simbool vir “liter” is ʼn hoofletter- L of ʼn kleinletter-l.

9.2.1.4. Simbole vir chemiese elemente
Na ( LET OP: Geen punte nie)

Bekendstelling van nuwe Jeugblad op SA’s

imageedit_84_7259070523

Ons Missie

Ons missie is om jong skrywers tussen die ouderdom van 12 en 21 te bemagtig om hul eie skryfwerk verniet te publiseer waar hulle nie anders sou kon nie. Dit moet ‘n veilige hawe wees en nie een waar skrywers afbrekende insette lewer nie. Om dit veilig te hou mag daar geen haatspraak teen ras of godsdienstige groep wees nie en godslasterlike uitsprake sal nie geduld word nie. Hier ontdek skrywers hul talent waar hulle voorheen in skool ontmoedig is deur beperkte verbeeldingsvisie van die skoolsisteem en kan skrywers hier hul werk verbeter sonder ontmoediging. Uitdagings sal gestel word om jou skryfspektrum te vergroot.

Ons Visie

Ons visie is om een van die grootste SA Jeug Skrywers en Digtersgroep te word op Facebook. Ons wil ondersteuning bied om skrywers se skryfvernuf te verbeter en die geleentheid bied om ‘n veilige spasie te skep waar skrywers hul talent sonder skaamte kan ontbloot. Ons wil die skrywers van die toekoms ‘n kans gee om hul voete in die water nat te maak! Hier is ook die moontlikheid om te werk vir jou eie gepubliseerde boek of bundel.

Our Mission

Our mission is to empower young writer between the ages of 12 and 21 so that they can publish their writing for free as where it wouldn’t else be possible. It must be a safe haven and not one where writers deliver destructive inputs. To keep it safe there may be no hate speech against race or religious group, and blasphemous pronouncements will not be tolerated. Here, writers can discover their talent where they were previously discouraged in school by limited imaginary vision of the school system. Writers can improve their work here without discouragement. Challenges will be set to increase your writing spectrum.

Our Vision

Our vision is to become one of the largest SA Youth Writers and Poets Group on Facebook. We want to provide support for writers’ writing skills and provide the opportunity to create a safe space where writers can uncover their talent without embarrasment. We want to give the writers of the future a chance to wet their feet in the water! Here also lies the opportunity to work for your own published book or anthology.

Om aan te sluit: Facebook – SA Skrywers en Digters Jeugblad