SA Skrywers en Digters se vooruitsigte vir 2018:

24135185_1476126209101758_559695750_n

Ons wil dankie sê vir die 2017 deelnemers. Ons het in ‘n paar maande gegroei tot oor die 2 500 lede. Saam het ons ‘n paar mylpale bereik, onder andere 2 Bundels wat in Junie vrygestel was: Hartswoorde en Nostalgie.

Hier het ons nuwe vriende gemaak, mense wat dieselfde taal praat en gewillig is om te luister. Hier was ons geslyp en geskool om volwaardig skrywers te word. Hier was almal wenners. Verskeie wenbundels van individue het die lig gesien: Soos die dobbelsteen val deur Antoinette Venter en Metamorfose deur Melinda du Plessis, albei wenners van blitsuitdagings.

In samewerking met Groep 7 Drukkers het ons van krag tot krag gegroei en is ons baie opgewonde oor die nuwe jaar.

Mag 2018 net so genotvol wees en mense se drome waar word.

Elsabe en Lynelle

f2b3a74da798c1d8fd0786c49dd8fbaf--old-books-vintage-booksSA Skrywers.

Die Slypskool van SA Skrywers is reeds aan die gang en Module 2 onder leiding van Salvia Ockuis begin op 8 Januarie.

‘n Eie bundel kompetisie is ook aan die gang waar deelnemers vyftien kortverhale of ‘n roman van dieselfde aantal hoofstukke skryf en inhandig voor of op 31 Mei. Verder gaan daar van die begin van die jaar af uitdagings geplaas word gemik op ‘n nuwe gesamentlike bundel. Lede kan gerus die blad dophou vir verdere inligting.

‘n Verset projek word op die 8ste Januarie geloods. Dit sal ‘n bundel wees van kortverhale en gedigte om verset teen die uitkringende misdaad wat ons land en sy mense knou.

18581636_657837147760512_6576104320300117898_nSA Digters.

Eie Bundel 2018: Die eerste rondte van die ‘Eie Bundel 2018’ sluit op 7 Januarie. Twee-en-dertig mense het ingeskryf en werk hard daaraan om twintig gedigte klaar te maak en dan die beste een te kies vir die eerste rondte. Vyf-en-twintig mense gaan deur na die volgende rondte. Met elke rondte word dit minder en minder tot in die finale rondte daar net tien mense oorbly wat dan hul laaste beste gedig op 31 Mei indien. Die wenner kry vyftig gedrukte bundels en die twee naaswenners elk tien bundels wat vir hulle geborg word. Die gedigte word anoniem beoordeel.

Toerjoernale:

In samewerking met Rainbow Gospel Radio en Ria Fourie:

Die Toerjoernale sal deurlopend op die groep wees. Die eerste joernaal moes eers op ys geplaas word. Dit sal vroeg in 2018 klaar gemaak word. Daarna sal daar met gereelde tussenposes die opvolgende joernale opgebou word uit gedigte oor dorpies in ons land. ‘n Fotokompetisie is ook ingesluit en elke Joernaal wenfoto kan ‘n boekprys ontvang.

Ander projekte: Die digters sal ook hul bydrae kan lewer tot die versetbundel.

Blitsuitdagings:

Elke maand word daar beoog om ‘n blitsuitdaging te stel waaraan lede kan deelneem. Die wenners van die eerste elf uitdagings sal dan in die finale uitdaging kan deelneem en ‘n prys wen.

Jeugverse:- Verse en prosa deur of vir die jeug. Dis ‘n projek wat nog op die tekenbord is soos die ander projekte wat in die aktiwiteitlys vermeld word.

Erkenning vir gereelde bydraes: Die lid met die meeste bydraes vir 2017 is Gert Strydom. So gaan nou gereeld gemeld word wie die mees aktiewe lid vir die afglope maand was.

SA Digters Slypskool: Die projek is in ‘n gevorderde stadium van beplanning. Die idee is om twee skole te hê wat opeenvolgend is: Beginners & Gevorderd. Dit is gemik daarop om deelnemers se digvermoë van rou na ‘n hoër vlak te neem. Op die SA Digters Afrondingsblad word beplan om gereeld oefeninge te plaas waar mense hul vaardighede mee kan verbeter.

25674470_10155955244768523_632207605_nSA Courant:

Die nuutste blad in die groep van blaaie is nou skaars ‘n maand oud. Simon Riekert en Madré van Tonder stel die doel vir die blad so:

“Om bewusmaking te kweek dat wat jy daagliks in koerante en tydskrifte lees, deur IEMAND geskryf was. En dat jy dit dalk net so goed, of selfs beter kon doen. Om jong skrywers te betrek en te leer dat die lewe bestaan uit stories. As iemand nie hierdie stories gaan neerpen nie, gaan dit verlore.”

Kontreistories buitebla (1)Vrystellings:

Ons nuwe bundel, Kontreistories het die lig gesien waarin 29 stories vas gevang is vir lekkerleesgenot. Bestellings kan by die deelnemende skrywers bestel word teen R130 (Posgeld uitgesluit)

Kom sluit gerus by ons aan en kry hulp van ervare skrywers wat die skrywers wêreld leer ken het as ‘n harde pad, selfs oorweldigend in sommige opsigte. Ongeag die hekkies nogsteeds wil uitblink ten spyte van die fel kompetisie. Enige ouderdom is welkom.

24135185_1476126209101758_559695750_nFaceboek groepe: 

SA Skrywers

SA Digters

SA Skrywers Afrondingsblad

SA Digters Afrondingsblad

SA Skrywers boekwinkel

SA Boekeblad

SA Courant

 

One thought on “SA Skrywers en Digters se vooruitsigte vir 2018:

  1. Elsabe says:

    Ek se ook baie dankie aan een en almal wat so ‘n groot sukses maak van al ons blaaie. Ons geniet dit so om julle te sien groei en ontwikkel. Bly by ons, ons het nog groot planne! Elsabe eb Lynelle.

Lewer kommentaar