‘n Geliefde digter: Albert Wee Harmse

23117011_1950645665194766_4642231699434010532_o

Goeie more skrywers en digters vriende,

Dit is met hartseer dat ons vanoggend julle moet meedeel dat Albert Wee Harmse laasnag oorlede is. Hy het sy spore in ons harte gelos met sy pragtige gedigte en ons sal hom baie mis.

Vlerke van ‘n engel

Met die vlerke van ‘n engel
het jy my hart binne gevlieg
so skielik so onverwags 
kruisbeen het jy daar gesit
met jou glimlag het jy my gelok
jou lippe het woordeloos gefluister
“ek het jou lief”

@Albert Wee Harmse

One thought on “‘n Geliefde digter: Albert Wee Harmse

Lewer kommentaar