Boekbekendstelling vir einde Februarie 2018

Books-kib-stk

Na ons reuse sukses met ons boekbekendstelling hierdie jaar in Pretoria en die Kaap wil ons dit graag weer doen. Omdat die ruimte by die Haphuis beperk is moet ons ‘n nuwe plek oorweeg en om dit te doen moet ons weet wie sal belangstel om te kom.

Ons beplan groot dinge en daar is heelwat nuwe boeke wat ook die lig gaan sien.

Julle ondersteuning word hoop op prys gestel.

Dui asseblief aan of julle sal kan bywoon.

Die groot nuus is ook dat Francois Stemmet die seremoniemeester sal wees, waaroor ons baie opgewonde is!

 

SA Skrywers Nuus

WAT GEBEUR OP SA SKRYWERS?

Blitsuitdaging 4
Titel: Die geheim in die houtkas.
Genre: Julle kan een van 3 kies of albei gebruik:
Fantasie / Tydreis (time travel) / Gothic of Paranormal.
Doen bietjie beplanning, pas Elsabe se lesse toe wat sy hierdie maand aan julle gaan voordra – vir die wat in die slypskool is.
Woordtelling: 1500 – 2500
Sluitingsdatum: 29 Nov 9:00AM
============================================================
GOEIE NUUS! Ons gaan voort met die Rillerbundel. Nou soek ons nog so 5 sielkundige rillers. 1500 Woorde. Plaas op die blad onder
SEILKUNDIGE RILLER UITDAGING:
Sluitingsdatum 30 November. E-pos aan saskrywers.elsabe@gmail.com
===========================================================
AARDKLOP TONEELSTUK UITDAGING:ENIGE ONDERWERP WAT JY DINK SAL AANKLANK VIND BY AARDKLOP GEHORE.

Ons het ‘n lid wat se hy het kontakte met kunstenaars. Dankie Johan Jansen.

Daar moet maksimum 3-4 karakters wees.

Onthou 60 + A4 bladsye…

Sluitingsdatum 30 November. e-pos na saskrywers.elsabe@gmail.com
=========================================================
Vir Ria Fourie
Vakansiestories van so 1,500 woorde vir uitsending 13 Desember: e-pos aan Ria by woordennoot@gmail.com

RAINBOWGR.COM

Eie Bundel Wenners

Hierdie dames se boeke is binnekort beskikbaar.

Ek het so pas my proefboek ontvang vir die bundel wat ek deur SA Skrywers gewen het. Baie dankie vir al julle hulp Elsabe de Beer en Riana Le Roux

 

Image may contain: 1 person, smiling, text

Hallo Almal!
Ek was die naaswenner van die eie bundel kompetisie op SA Skrywers se blad! My kortverhaalbundel, Metamorfose, gaan binnekort beskikbaar wees! Bestellings kan direk by my geplaas word!
Prys: R120 posgeld ingesluit
E-pos adres: melindaduplessis18@gmail.com

Gaan Stem op Facebook

Gaan na ons Facebook Groep, SA Skrywers om te stem. Daar is drie lysies om op te stem.

Lys 1
SA Uitgewers se lys van wenners gedurende 2017. Kies jou gunsteling storie om as algemene wenner vir 2017 se jaarlikse toekening te ontvang van Beste storie van die jaar 2017. Skrywers bly anoniem tot wenner aangekondig word.
Voorwaardes:
1. Slegs aktiewe lede van SA Skrywers mag stem
2. Afsluiting vir stemme is 15 November 2017 om 12:00
3. Wenner sal op 25 November 2017 om 18:00 bekend gemaak word.
4. Finale besluit lê by admin van die blad en geen verdere
korrespondensie sal toe gelaat word nie.
5. Wenner moet ‘n aktiewe lid wees van SA Skrywers anders word hul
outomaties gediskwalifiseer.
Ter inligting:
Indien jy nie ‘n storie of gedig kan vind om te lees nie kan Corri Badenhorstgekontak word.
Slegs stories wat uitdagings gedurende 2017 gewen het sal op kies lys verskyn.

https://www.facebook.com/groups/1484012171863079/?ref=group_header

Die Slypskool Begin

Baie dankie vir almal wat so vinnig reageer het. Ons as admin gaan beurte maak om vir julle wenke te gee, en elkeen gaan ‘n beurt kry om vrae te beantwoord. Hierdie maand is dit my beurt. E-pos my by saskrywers.elsabe@gmail.com. My beurt duur tot 10 Desember. Ek hoop julle gaan die slypskool baie geniet! Ek beantwoord slegs vrae nadat ek jou bewys van registrasiegeld ontvang het!

Elsabe de Beer

SA Skrywers Slypskool

GROOT AANKONDIGING!
SA Skrywers bied ʼn slypskool aan in samewerking met SA Vryskutskrywers.
Die eerste 20 wat registreer, mag deelneem.
Skryf ;
– ʼn Roman van 44,000 woorde
Inskrywingsfooi is R100 per persoon, en daarna R100 per maand vir wenke en leiding van ervare skrywers. Die kursus duur 7 maande, waarna jy ʼn sertifikaat sal ontvang en die eerste drie plekke kry gratis bundels by groep 7 gedruk.
Dus kos die kursus jou R700. Vir verdere inligting, kontak enigiemand van die admin!

Boerehulp Kortverhaal skryfkompetisie

Het julle hierdie gesien?
1 November 2017
“Die Boerehulp Kortverhaal Bundel,” 1 bundel vir Afrikaans- and 1 volume for Engels, skryfkompetisie/writers competition.
Hi al my vriende, vriendinne, Skrywers en kennisse in wording. Ek hoop vanaand vind julle rustig in God se arms van Genade toegevou. Dis dan ook met groot genoeë dat ek hierdie Skryfkompetisie, ten bate van ons boere se beveiliging op hulle plase, loods en ek bid dat God dit in Sy grootse Liefde sal seën.
Die tema gaan oor plaasaanvalle en die impak wat dit op jou persoonlik, as mens/slagoffer se lewe en geloof het en moet in die eerste persoon geskryf word. As jy iemand anders se verhaal vertel, moet dit in die tweede persoon geskryf word.
Die rede hiervoor is dat ek dit baie graag die wêreld wil instuur tot bewusmaking van ons nood hier.
Die Terme en reëls vir die kompetisie sal op die bundel blad wees en ek vra mooi asseblief. Lees dit noukeurig deur voor julle oorgaan tot aksie.
Baie dankie,
Lovies Lee Redèl xxx

P.S  Die verhaal mag nie minder as 1500, titel ingesluit, en nie meer as 2500 woorde beslaan nie.

SA Skrywers mik vir die verhoog

GROOT NUUS:
‘n Welbekende akteur en omroeper het ingestem om ons drama vir Aardklop se regie te hanteer, indien dit goedgekeur het. Ons se baie dankie aan Johan Jansen. Onthou op 30 November moet jou storie van 6,000 tot 7,000 woord by ons wees vir keuring.