“Wat maak jy hier? Moet jy nie eintlik ‘n dig nie?”

f24808cdfb48270c2cb3827c55853872SA Digters se “Eie bundel kompetisie” vir 2018 is nou in volle swang. Elsabe de Beer het die volgende uitdaging gestel op die groep:

“Die eerste 20 lede wat hulle name opsit, mag deelneem aan ons eie-bundel kompetisie. Jy skryf 100 gedigte op jou eie tyd. …”

Dit het nie lank geneem nie toe was dit reeds oorvol geskryf! Daar is nou twintig mense wat aktief aan hul bundels werk. Dis eintlik nogal erg, elkeen moet ongeveer een gedig elke 1,8 dae skryf! Daar is ook ses mense wat gereed staan as enige van die twintig mense vir enige rede nie end uit met die kompetisie sou kan voortgaan nie.

Op 30 Mei 2018, stuur hulle elkeen vyf van hul beste gedigte in vir keuring deur onafhanklike keurders.

Vir die wenner word vyftig gratis bundels gedruk deur Groep 7! Die mense in die tweede en derde plek wen elk tien gratis bundels van Groep 7.

Sterkte vir al die deelnemers! Of eerder: “Wat maak jy hier? Moet jy nie eintlik skryf nie?”. Vir die wat nie aan die uitdaging deelneem nie, is dit geen rede om op te hou dig nie, daar sal ander uitdagings of kompetisies wees waaraan julle kan deelneem.

One thought on ““Wat maak jy hier? Moet jy nie eintlik ‘n dig nie?”

  1. Linda du Plessis says:

    Baie dankie vir die voorreg om een van die twintig te kan wees en dit my muse is vir 100 nuwe gedigte waarvan ek gister en vandag al 5 geskryf het, Sterkte aan my mede-digvriende. So … op julle merke … gereed … dig!

Lewer kommentaar