Striksvye deur Hendie Grobbelaar

striksvye buitebladfinaal

Synopsis

Striksvye is die tweede bundel kortverhale uit Hendie se pen.

Dit is ‘n versameling van 18 stories met ‘n variasie van lewenstemas en sosiale kwessies wat maar deurlopend in ons komplekse samelewing opduik.

Daar is stories van vergelding, moord, selfmoord, hartseer en wroeging, maar nes ‘n stekelrige turksvybos met die soetste vrugte, is daar ook stories van hoop, vergifnis, aanvaarding van wie ons is, oorwinning en sukses.

Kom ontmoet vir Santa, ‘n lugwaardin wat bewonder word deur haar kollegas, maar wat is haar donker geheim? Klim saam met Janpiet op die dak waar sy projek gestalte kry sonder dat die mense van Protea-huis iets vermoed. Dan is daar die rillerstorie van Antissa en die seerkry van Anina met haar lappieskombers. Hoogmoedigheid het sy prys wanneer Sannie oplaas huis toe kom en watse invloed het die Griekse mitologie in Antropos en Lenie se melkweg? Watter sinister magte omring die Kliphuis?

Ingesluit in hierdie bundel is ook Die Geleentheid wat in die US Woordfeesbundel 2017 opgeneem is.

Prys: R120 plus posgeld (Poskantoor tariewe)

Striksvye is beskikbaar vanaf die skrywer en navrae kan gerig word deur middel van e-pos: hendie.grobbelaar@gmail.com of selfoon: 0834553291.

Vir meer stories van die skrywer, gaan “duimpie-op” die Facebook blad: Potskerwe en Striksvye woordstories waar die skrywer poog om haar flits se liggie op die veelkantigheid van ons bestaan te gooi.

One thought on “Striksvye deur Hendie Grobbelaar

Lewer kommentaar