Diguitdaging deur SA Skrywers eb Digters

f2b3a74da798c1d8fd0786c49dd8fbaf--old-books-vintage-books

SA Digters: “DIGUITDAGING: Skryf ‘n Engelse sonnet oor: Die Kind. Sluitingsdatum 7 Desember om 13:00. Plaas op die blad en stuur vir Louis Krüger by LLSJ Krüger <llsjk@lakruger.za.org> Lekker prys op die spel!”

Sonnet:
Liefde was aanvanklik die onderwerp van die sonnet en die naam het “klein liedjie” beteken. ʼn Digvorm wat uit veertien versreëls bestaan waar daar ʼn tweedeling is, naamlik ʼn oktaaf (agt versreëls bestaande uit twee koeplette) en ʼn sekstet (‘kwatryn en koeplet of twee tersines.)
Daar bestaan twee tipes sonnette – die Engelse sonnet en die Italiaanse sonnet.
Engelse sonnet: Die veertien versreëls word in drie kwatryne en ʼn koeplet verdeel en lyk soos volg:
ABAB CDCD EFEF GG
Voorbeeld van Izak de Villiers:
Saartjie en Santjie
My tweelingklasmaats op laerskool
Hulle het partymaal saam viswinkelstink geruik A
en hul geskaam vir dié tyd van die maand B
kaalvoet in hul geskifte rokkies – gebruik A
meer seep, is soms gespot. Elke Vrydagaand B
het hul op straathoeke die Paarl Post verkoop C
met goiingsakke aan, waaardeur wit armpies steek D
Saartjie kon so mooi sing, die juffrou het gehoop C
haar stem kon haar op Helpmekaarstraat wreek D
Een Nuwejaar was hulle by die Strand se Pawiljoen E
Wikkellyf het Saartjie Hasie se Kort Stert gesing F
Santjie het agter by die Baskitaar gesoen E
Sononder op die sand het mans gelag en bier gedrink F
Saartjie het kort daarna verdwyn, sonder sien of hoor, G
Santjie is later met ʼn tou in Soutrivier vermoor G
Uit: “Afrikaanse Skryfgids” Riana Scheepers & Letti Kleyn

Striksvye deur Hendie Grobbelaar

striksvye buitebladfinaal

Synopsis

Striksvye is die tweede bundel kortverhale uit Hendie se pen.

Dit is ‘n versameling van 18 stories met ‘n variasie van lewenstemas en sosiale kwessies wat maar deurlopend in ons komplekse samelewing opduik.

Daar is stories van vergelding, moord, selfmoord, hartseer en wroeging, maar nes ‘n stekelrige turksvybos met die soetste vrugte, is daar ook stories van hoop, vergifnis, aanvaarding van wie ons is, oorwinning en sukses.

Kom ontmoet vir Santa, ‘n lugwaardin wat bewonder word deur haar kollegas, maar wat is haar donker geheim? Klim saam met Janpiet op die dak waar sy projek gestalte kry sonder dat die mense van Protea-huis iets vermoed. Dan is daar die rillerstorie van Antissa en die seerkry van Anina met haar lappieskombers. Hoogmoedigheid het sy prys wanneer Sannie oplaas huis toe kom en watse invloed het die Griekse mitologie in Antropos en Lenie se melkweg? Watter sinister magte omring die Kliphuis?

Ingesluit in hierdie bundel is ook Die Geleentheid wat in die US Woordfeesbundel 2017 opgeneem is.

Prys: R120 plus posgeld (Poskantoor tariewe)

Striksvye is beskikbaar vanaf die skrywer en navrae kan gerig word deur middel van e-pos: hendie.grobbelaar@gmail.com of selfoon: 0834553291.

Vir meer stories van die skrywer, gaan “duimpie-op” die Facebook blad: Potskerwe en Striksvye woordstories waar die skrywer poog om haar flits se liggie op die veelkantigheid van ons bestaan te gooi.

“Wat maak jy hier? Moet jy nie eintlik ‘n dig nie?”

f24808cdfb48270c2cb3827c55853872SA Digters se “Eie bundel kompetisie” vir 2018 is nou in volle swang. Elsabe de Beer het die volgende uitdaging gestel op die groep:

“Die eerste 20 lede wat hulle name opsit, mag deelneem aan ons eie-bundel kompetisie. Jy skryf 100 gedigte op jou eie tyd. …”

Dit het nie lank geneem nie toe was dit reeds oorvol geskryf! Daar is nou twintig mense wat aktief aan hul bundels werk. Dis eintlik nogal erg, elkeen moet ongeveer een gedig elke 1,8 dae skryf! Daar is ook ses mense wat gereed staan as enige van die twintig mense vir enige rede nie end uit met die kompetisie sou kan voortgaan nie.

Op 30 Mei 2018, stuur hulle elkeen vyf van hul beste gedigte in vir keuring deur onafhanklike keurders.

Vir die wenner word vyftig gratis bundels gedruk deur Groep 7! Die mense in die tweede en derde plek wen elk tien gratis bundels van Groep 7.

Sterkte vir al die deelnemers! Of eerder: “Wat maak jy hier? Moet jy nie eintlik skryf nie?”. Vir die wat nie aan die uitdaging deelneem nie, is dit geen rede om op te hou dig nie, daar sal ander uitdagings of kompetisies wees waaraan julle kan deelneem.

Metamorfose deur Melinda du Plessis

Melinda du Plessis METAMORFOSE v2

Synopsis

Metamorfose strek oor ’n tydperk van tien jaar in Anna se lewe. Dit begin waar sy op 27, swanger en platsak terugkeer na haar geboortedorp, smagtend om oor te begin en soekend na antwoorde oor haar herkoms. Stadig maar seker tel sy die stukkies van haar lewe op en ontdek wie sy is. In die proses trek sy die hele gemeenskap teen wil en dank saam in ’n nuwe rigting.

Koop links:

Groep 7

Soos die dobbelsteen val deur Antoinette Venter

Voorblad

Synopsis.

Soos die dobbelsteen val is ‘n kortverhaalbundel met sestien stories in.

Dit handel oor die lief en leed van gewone mense en wat hulle gedoen het met die dobbelsteen wat soms geval het soos wat hy moet – en soms nie.

In ‘Om ‘n skoenlapper te steel.’ ontmoet ons ‘n man wat omtrent enige iets sal doen vir sy sterwende dogtertjie. In ‘Haar verlore seun’ lees ons van ‘n ma wat se hart gebreek is wanneer haar enigste seun verdwyn. Daar is ook meer positiewe verhale. In ‘Van brulpaddas en toiletpapier’ hoor ons hoe ‘n rol toiletpapier die koers van jou lewe kan verander. Verder is daar ook liefdesverhale vir die romantiese siele onder ons.

Koop links:

Die boek is beskikbaar teen R120 excluding VAT by Groep 7

Amazon 

 

Taalwenke 8

8.5. Punktuasie:

 

8.5.1 In ʼn sin word die dele van ʼn adres met kommas geskei

Die kantoor is by Birdstraat 28, Stellenbosch.

 

8.5.2.Geen komma kom voor die poskode in ʼn volledige adres in een sin nie.

Stuur aansoeke na: Die Taalsentrum, Privaat sak X1, Matieland 7601

 

8.5.3. Wanneer die adres in blokvorm op ʼn koevert of boaan ʼn brief geskryf word, word daar geen kommas of punte na die reëls ingevoeg nie.

Dr DS Nel

Posbus 576

HATFIELD

0083

 

8.6 Telefoonnommers

 

8.6.1. Die gebiedskode word eerste geplaas, gevolg deur die eerste drie en dan die laaste vier syfers. Selfoonnommers word soortgelyk gespasieer. Geen hakies of koppeltekens word gebruik nie.

021 808 1131

   082 413 3209

 

8.6.2. Tolvrye nommers word anders gegroepeer

0800 40 30

    0800 220 224

8.6.3. Uitbreidings word as volg geskryf ( ‘Uitbreiding’ kan ook uitgeskryf word)

021 423 6635 uib. 456 (na werk)

8.6.4. Wanneer oorsese lesers deel van ʼn dokument se teikengroep is, word die nommer deur Suid-Afrika se kode (+27) voorafgegaan en word die nul met van die gebiedskode weggelaat.

+27 11 967 3455

 

  1. AFKORTINGS:

9.1.

9.1.1. Wanneer dit nodig is om afkortings te gebruik, gebruik dan erkende afkortings wat byvoorbeeld in die nuutste AWS aangegee word.

 

9.1.2. Afkortings moenie aan die einde van ʼn reël geskei word nie.

 

9.1.3. Koppeltekens word slegs in afkortings gebruik as dit in samestellings voorkom.

BSc-student

 

9.1.4. Die afkorting van ʼn selfstandige naamwoord word nie aan die selfstandige naamwoord gekoppel nie.

GM voedsel ( geneties gemodifiseerde voedsel) maar die GM-proses

     (die generiesemodifikasie-proses)

  NG predikant ( Nederduitse Gereformeerde predikant)

  SA leier  ( Suid-Afrikaanse leier)\

 

9.1.5. Waak teen oortolligheid.

  MI-virus (NIE: MIV-virus)

 

9.1.6. Moenie rangtelwoorde by datums gebruik nie, tensy geen maand genoem word nie.

Hulle sal die 16de arriveer. (NIE: Hulle sal die 16de Mei arriveer.)

     Sy is op 22 Mei 1987 gebore. (NIE: Sy is op die 22ste Mei 1987 gebore)