Lokteks vir die Kontreibundel

Baie, geluk, Jeannetta Swanepoel, ek het jou lokteks gekies as lokteks vir ons nuwe Kontreibundel wat ek besig is om in Manuskripformaat te plaas om vir groep 7 te stuur!

Op elke kontrei dorpie is die een of ander bewaarde geheim, staaltjie te vertelle of sommer net ʼn storie wat elke nuweling op die dorp móét hoor. In SA Skrywers se Kontreibundel word jy weggevoer na die lewe van klein Hansie en jy ervaar ʼn begrafnis op Loopspruit. Hierdie bundel se stories beloof om jou volgende keer twee keer te laat dink voordat jy sê: dit is net ʼn scrapyard of dis net ʼn stukkende windpomp.
Durf die reis aan saam met elk van die skrywers en word deel van die lewe in SA Skrywers Kontreibundel se unieke wêreld.

Lewer kommentaar