Blitswenke van Elsabe

e-pos
◙ s.nw. [~(se)]
briefwisseling met behulp van die internet; die stuur en aflewering van dokumente/foto’s/sketse/ens. in elektroniese formaat van een rekenaar na ’n ander of verskeie ander: iets per e-pos aan/vir iemand stuur • Sjoe, ek het vandag baie e-pos gekry. • Ek het twee e-posse van jou ontvang; wat van die derde een geword het, weet ek nie.

e·pos s.nw. [~se of epe]
verhalende gedig waarin heldedade breedvoerig beskryf word; heldedig soos die Ilias en die Odussee van Homeros: ’n Voorbeeld van ’n moderne epos is D.J. Opperman se “Joernaal van Jorik”.
[Grieks epos lied, woord]

Lewer kommentaar