SA Skrywers Jeug Afdeling

AANDAG:
Ons wil ‘n eksperiment doen onder ons skrywers. Daar is heelwat van julle wat se julle hou daarvan om vir die jeug te skryf.
Kom ons probeer ‘n SA Skrywers Jeug afdeling:
Skryf ‘n storie geskik vir;
6-13 jariges- om en by 800 woorde.
Merk duidelik JEUG , plaas op die blad, en stuur vir my by elsabedebeer8@gmail.com voor 31 Oktober 2107. Kom ons kyk of julle belangstel.

As Rooiwyne Mense Was – Hendrik Meyer

Daar was ‘n paar mense wat gevra het hulle wil Hendrik Meyer se wen-storie lees. Hier is dit!

As Rooiwyne Mense Was
As jy ‘n Kanonkop is, was jy voorheen ‘n hoof bestuurder by een van die Krygkorfiliale. Jou terroir is nou jou strandhuis op Jongensfontein, waar jy graag ‘n stukkie beeshaas op jou binnebraai gooi en lank oor die see uitstaar. Die meubels is keurig, die beste kwaliteit, maar so tien jaar uit die mode uit. Oral in jou huis staan aandenkings rond wat modelle is van tenks, vliegtuie en missiele. Jy ry ‘n nuwerige model Mercedes E klas, sal nie dood in ‘n kortbroek gevang word nie en speel van twaalf voorgee af. Jou kinders bly in London en Auckland en jou kleinkinders noem ‘n springbok ‘n kangeroe as hulle hom op ‘n foto sou sien.
As jy ‘n Meerlust is, kom jy uit die privaatsektor. Jy’s bo sewentig, maar dien nog op verskeie maatskappye se direksies. Jy het nog steeds ‘n kantoor en ‘n sekretaresse op die dorp, want as mens eers aan ‘n persoonlike assistent gewoond is… Jy bly in Stellenbosch en een van die raadsale by die universiteit is na jou familie vernoem. Jy’s elke Saterdag in die losie by Nuweland, en dra dan ‘n blou moulose trui met n WP wapen daarop geborduur, al is die hoe warm of koud. Jou huis het vele gewels, maar bitter min mense weet hoe dit binne lyk.
As jy ‘n Rupert en Rothchilds is, is jy wat genoem word ‘n soewereine individu. Jy is nie land gebonde nie. Jy eet ontbyt in New York en aandete in Parys, vlieg eersteklas en jy het ook ‘n sjef by elke huis. Jou huise het ‘n waghuisie by die oprit. Jy kom nie by al jou huise uit nie. Jy bestuur nie self nie, maar besit ‘n vloot duur motors. By hotelle boek jy nie in of uit nie, hierdie dinge word op die agtergrond gereël. Gemaklik aantrek is vir jou sportbaadjies en rooi dasse.
As jy ‘n Alto is, bly jy in Waterkloof. Jou huis het verskeie sekuriteitskameras wat jy enige tyd oor jou selfoon kan oproep. Jy rapporteer direk aan ‘n Meerlust of ‘n toekomstige Kanonkop by die werk. Jy ry met ‘n Land Rover Discovery, wat nog nooit modder gesien het nie. Jy hou vakansie in Portugal of Dubai.
As jy ‘n Laszlo is, is jy jonk en vol energie. Jy gym na werk, eet gesond en ry ‘n Polo. Jou kinders is tussen pasgebore en vyf jaar oud. Jy kan nie glo watse gemors het die vorige generasie vir jou gelos nie, maar as mense net jou raad volg kan dit nog gered word. Jou vrou draf graag, agter n baba waentjie met ekstra groot wiele. Jy oorweeg emigrasie.
As jy ‘n Tin Cup is, weet jy presies wat waarde vir geld is. Jy koop nooit nuwe motors nie, hou vakansie in ‘n woonwa en braai graag vleis. Jou braaitang het ‘n ingeboude LED flitsie. Jou kinders is op hoërskool en die skoolfonds druk jou dat jy knor. Jy wens jy het geëmigreer.
As jy ‘n Allesverloren is, is jy stadig besig om verder in jou oortrokke fasiliteit in te gly. Jou enigste troos was die Blou Bulle, maar dis ook nou hopeloos. Jou kinders ignoreer jou en jou vrou kyk na jou soos ‘n jokkie wat ‘n muil in die “July” moet ry. Jy maak self jou motors reg. Jy sê vir mense die tegnikuste foeter jou motor op, maar eintlik is jy te suinig.
As jy n Fat Bastard is, sien Allesverloren, vervang Blou Bulle met Cheetahs.
As jy Tassenberg is, is jy die sout van die aarde. Mense het stink-ryk geword met jou arbeid, waarvan jy niks gesien het nie. Jy gaan na winkels toe met “pay-day specials”. Jou vrou kan ‘n feesmaal kook met een hoender, ‘n hand vol rys en verlepte groente. Jy kan nie glo sy is so lief vir jóú nie.

Wenners van blitsuitdaging 2: Ek is Marieta

Wenners van blitsuitdaging 2: Ek is Marieta🥂

Ons het ver oor die twintig inskrywings vir die uitdaging ontvang en almal was van uitstaande gehalte, dus was dit baie moeilik vir die beoordelaars om te kies.

Dankie vir al die deelnemers en beoordelaars se harde werk.

Die wenners is as volg:

1. Marlize Venter (Jy wen ń stel sterling silver oorbelle, inbox my asseblief met jou adres. Ek gaan ook vir jou foto’s van vier stelle oorbelle stuur, dan kan jy besluit watter jy graag wil hê.)

2. Stephan Uys, Jy wen ń bundel geskryf deur Werner Whemeyer en Magda de Korte (Inbox asseblief vir my of Werner jou besonderhede.)

3. Jeannetta Swanepoel, jy wen Elsabe de Beer se bundel, inbox asseblief jou besonderhede.

4. Lynelle Engelbrecht Clark en Lee Redèl deel die vierde plek. Lynelle, jy wen Bets Smith se Skrikkelmaan, stuur asb jou besonderhede dat ek kan pos. Lee, jy wen Ilze Beukes se Ondersoek my hart. Stuur asseblief jou besonderhede vir my of ilze .

Die nuus op Facebook

WAT ALLES OP DIE BLAD GEBEUR:
1. Blitsuitdaging 3:
Skryf ń storie op die blad van ten minste 900 woorde oor “My ontdekking op die solder” Dit kan humoristies of ernstig van aard wees. Jy het dalk ñ nuwe huis gekoop of geërf. Jy erf “solder uitsorteer” van jou preutse tannie. Die moontlikhede is oneindig. Lekker skryf.
Sluitingsdatum: 8 November
Plaas jou storie saam met die foto en onder die opskrif, Blitsuitdaging 3.

========================

2. AARDKLOP TONEELSTUK UITDAGING:ENIGE ONDERWERP WAT JY DINK SAL AANKLANK VIND BY AARDKLOP GEHORE.

Ons het ‘n lid wat se hy het kontakte met kunstenaars. Dankie Johan Jansen.
Jy kan net die storie skryf tussen 6,000 tot 7,000 woorde. Johan sal dit verwerk in ʼn toneelstuk.

Daar moet maksimum 3-4 karakters wees.

Onthou 60 + A4 bladsye.

Sluitingsdatum 30 November. e-pos na saskrywers.elsabe@gmail.com
=========================

3. Nuwe Bundel Uitdaging “ Sewe Sakke Sout: l:
Onthou dit gaan oor jou en jou man/vrou se verhaal. Name kan verander word! Sluitingsdatum 10 Januarie 2018.
Jy kan jou storie vir Huisgenoot ook stuur. Hulle wil 3,000 woorde hé,en jou storie kan dalk in ‘n film omsit word. Ons wil net ongeveer 2,000 woorde he.
Die bestes wat ons ontvang word opgeneem in ons volgende bundel! Stuur jou stories vanaf
1 Desember na saskrywers.elsabe@gmail.com

Gaan stem op Facebook

Gaan na ons Facebook groep en stem

https://www.facebook.com/groups/1484012171863079/?ref=group_header

MENINGSPEILING:
Wat sou julle graag wil skryf vir ons volgende eie-bundel uitdaging?
Eerste prys is 50 gratis boeke by groep 7
Tweede en dalk derde prys 10 boeke elk by groep 7

 6 kortverhale van 5,000 woorde
Kortverhaalbundel van 15 stories
‘n Volledige kinderboek

Skryfles

Janie Oosthuysen:

SKRYFLES: Wat is ‘n toneel?
Elke toneelstuk, kortverhaal, film of boek is opgebou uit ’n opeenvolging van tonele, of te wel, eenhede van aksie. ’n Toneel kan lank of kort wees, afhangend van die behoeftes van die verhaal in daardie stadium. Gewoonlik gebeur daar iets dramaties, boeiends of broeiends in elke toneel.
’n Toneel begin waar een of meer karakters binne ’n spesifieke plek/ruimte met iets besig is. Dit eindig óf op ’n hoë noot (soos ’n emosionele uitbarsting), óf wanneer ’n nuwe karakter by die groep aansluit (of dit verlaat), óf wanneer daar van plek verwissel word.

GEDIGTE GEKEUR VIR ONS SAND-EN-SEE BUNDEL

GEDIGTE GEKEUR VIR ONS SAND-EN-SEE BUNDEL.

Dit is vir ons aangenaam om aan te kondig dat die volgende gedigte in ons tweede digbundel opgeneem gaan word:

Bundeluitdaging 1:
Simon Riekert : Die Ligtoring by Doornbaai
34.829389S/ 20.008911E
Werner Wehmeyer: Ligtoringliefde
Erika Viljoen: Baken van Hoop
Marlize Schutte: Vuurtoring van Hoop
Linda du Plessis: Die Naald
Hannes Snyman: Die man met lighuis-smart
Riana Barnard Matthee: Storm

Bundeluitdaging 2:
Linda du Plessis: Getye

Bundeluitdaging 3:
Driekie Grobler: Seile voor die wind
Ita Froneman: Weskus vissersdag

Bundeluitdaging 4:
Hannes Snyman: Angelica
Linda du Plessis: Die storm in my
Werner Wehmeyer: In die kloue van onthou
Riana Barnard Matthee: Skeepswrak

Bundeluitdaging 5:
Werner Wehmeyer: Versgetye
Roeline v Schalkwyk: Franskraal se baai
Ita Froneman: Blouberg-spore

Bundeluitdaging 6:
Riana Barnard Matthee: See-vakansie

ANDER:
Adele van Zyl: Mooiste stranddorpie/
Somer, see en son
Esther Scheffer: Lappiesbaai
Tharina Dippenaar: See-siele/
Sandduin-liefde
Fred Slippers: Droombankie/
Spore in die sand
Marion Philander: Visserman/ Seegrafte
Antoinette Venter: Koue liefde/
Ons plekkie by die see
Zetwee Hatting: Familiebaai/ Mannaskos
Dirkie Baumeister: Nuwe Begin
Sureen Riekert: Weg
Kobus Minnie: See in jou lewe/
Lewensvaart
Digter Rooibaard: Afri-dite
Erika Viljoen: Bitter berou/ My hart se taal
Simon Riekert: Hartsee(r)/ Seenimf
Louisa van Vliet: Skemeraand-liefde/
Verrassende oomblikke
Lindie van Gass: Avontuur saam met jou/
Onstuimigheid in my hart
Hanlia Dippenaar: Die strand lyk anders/
Ligtoring
Eileen Vorster: Rye spore
Pierre du Preez: Ligtoring op die strand
Christa Roux: Seelied/ Seedroom
Elsabe de Beer: Familie vakansie
Die see
Emmse Burger: Vakansie romanse
Driekie Grobler: Sandkasteel
Linda du Plessis: Die liedjie van die see
Amelda Senekal: Die sand en see sal verstaan
Ronel Dunn: Pret by die see/
Seedanser
Zareth Ciska Geyser: Geanker in Jesus
Sewe Oseane
Marlize Schutte: Eb en vloed/ Spore in die sand
Simoné Schutte: Jou strand se spore
Stephan Uys: ‘n See vakansie
Desember vakansie
Antoinette Lourens: Pret-tyd
Hannes Snyman: Swarthaai
Riana Barnard Matthee: My huisie by die see
Son en see
Johan Roodt: Druppel rooi
Corri Badenhorst: Beminde/ Sielsrotse
Johnel Ras: See-uitstalling
Riana le Roux: Bottelbrief/ Ligtoring
Werner Wehmeyer: Blou-lug-see-dag
Bekend
Ria Fourie: Skepe in die nag
Susan Tiervlei: Hier/ Die waarskuwing
Rosalee Meyer: Magiese minnelied
Marietjie Uys: Op ‘n sandduin
Die snoek loop
Salome Opperman: Seesand/ Seestorms in my
Melinda du Plessis: Skulpies piepklein
Vreugde vind sy
Hantie de Beer: Ons twee en die see
Die see praat
Beatrix Hooman: Gestrand op ‘n eiland
Waters van die see

Baie geluk aan almal! Dit is lekker om die tweede keer hierdie opwindende paadjie saam met julle te stap.
LW: Onthou dat ‘n proefleesfooi van R20@ gedig betaalbaar is voor 10 Nov.
Bankdetails:
Capitec Spaarrek
1518582182
M.A. Le Roux
Takkode 470010
Stuur asb bevestiging van inbetaling na rianaleroux111@gmail.com