NUWE UITDAGING: BUNDEL UITDAGING 11: KONTREISTORIES

NUWE UITDAGING: BUNDEL UITDAGING 11: KONTREISTORIES

Skryf ‘n storie oor “Die moles voor die keffie.”
Inligting: Dalk is die keffie langs die drankwinkel en direk oorkant die kerk. Dalk is daar ‘n damestee of ‘n biduur aan die gang in die kerk?

Maksimum 2,000 woorde. E-pos na elsabedebeer8@gmail.com.

Sluitingsdatum 19 Augustus. Merk jou inskrywing: MOLES INSKRYWING 11.

Wenner van Stukkende Windpomp Uitdaging

En die wenner van ons Stukkende Windpomp Uitdaging is:

CORRI BADEHORST. Baie geluk, Corri!!

Dit was haar eerste kortverhaal en so treffend!!! Baie geluk, Corri!!
Dit was ‘n baie moeilike besluit, glo my, ek het twee vriendinne gevra om te help kies.
Baie dankie aan Ansie van der Merwe en Marietjie Mostert. Ek waardeer julle hulp!
Onthou, ons soek Kontreistories, skryf ‘n tipiese kontreistorie!!

Digwenk

Driekie se Digwenk vir die week:

Belê in ‘n goeie verklarende woordeboek in die taal waarin jy skryf. So kan jy nuwe woorde ontdek en woorde waarvan jy onseker is oor die spelling en betekenis, self gaan naslaan. Woorde is die stene waarmee ons skryfmure kan bou. Bemagtig jouself met goeie kwaliteit stene om ‘n goeie digter te word.

Kontreibundel Sluitingsdatum

AANDAG!!
KONTREIBUNDEL
Die sluitingsdatum vir hierdie bundel word verleng na 30 September 2017. Stories vir keuring kan gestuur word na elsabe.debeer8@gmail.com tussen 25 en 30 Sept.
Ons wil die skrywers wat deelneem aan die bundelkompetisie ook genoeg geleentheid gee om deel te neem.
Dankie vir julle samewerking!!

Kaap Boekbekendstelling

KAAP BOEKBEKENDSTELLING!!📚📚
Daar is al oor die 30 plekke bespreek! Kapenaars, julle moet wikkel en bespreek! Dit gaan ‘n FANTASTIESE geleentheid wees!! 📚🍷☕️🍰🍲
Bespreek nou by Alma Swart by almaenanderstories@gmail.com!
Ek en Elsabe kan nie wag om julle te ontmoet nie!!

SA Stories en Digters boekbekendstelling

,

29 Julie 2017 – Hap Huis, Pretoria

Deel 1

Deur die besige strate van Pretoria ry ons al dieper en dieper, na wat lyk een van die oudste buurte in die stad kan wees. My ouma bevestig dit. Ek vermoed sy was daar toe dit gebou is, maar ek hou hierdie idee vir myself net ingeval dit nie so is. Ons stop voor ‘n plek wat lyk soos ‘n vervalle kunstenaarshuis, in ‘n area wat so stil is dat jy vergewe sal word as jy sou dink dis op die platteland. Ek stap in en soek na ‘n bekende gesig. Besef dat die klein foto’s op Facebook nie veel hier help nie. Dan gryp iemand my in ‘n stywe druk en stel haarself voor as Ria. Ek voel so verlig dat iemand my herken het dat ek haar nie wil los nie. Jy voel sommer dadelik welkom tussen vriende, al het meeste van ons mekaar nog nooit buite die kuberruim gesien nie. Die Hap-huis is enige kunssinnige siel se droom, met ‘n pragtige tuin en honderde versteekte hoekies om in te sit en kuier of skryf. Dit gons op die stoep waar ons vandag die boekbekendstelling bywoon.

DSCN3135.JPG 
Lekker kuier op die stoep
DSCN3174.JPG
Jy kan hier iets eet omring deur kuns
DSCN3175
DSCN3130.JPG
Die tafels was mooi opgemaak met 'n welkompakkie vir elkeen.
Nee, jy mag nie die boeke vat nie. Dis deel van die dekor.

 

DSCN3179.JPG
DSCN3181.JPG
DSCN3182.JPG
In hierdie gebou, heel agter in die tuin, het ek my hart verloor. 
'n Droom vir enige skrywer.
DSCN3183.JPG

DSCN3185.JPGDSCN3184.JPG

Skrywers en digters het die geleentheid gekry om hulle stories en gedigte (wat in die bundels verskyn) voor te lees. Ek het eerlikwaar nie besef hoeveel talent op ons groepe is nie. Ek het veral Kombuisluis van Elsabe Welman geniet en Simon Riekert het ‘n stem vir radio. Ons gaan verseker iets omtrent dit moet doen.

DSCN3156.JPG

DSCN3166.JPG
Al lyk Simon baie ernstig hier het hy ons almal laat lag. 
Hy kan mooi gedigte skryf en 'n gehoor laat lekker lag.

Kom loer gerus later in vir deel 2 van ons Hap-Huis kuier en nog baie foto’s.

S. du Plessis Brits

 

 

 

 

Ons naam gaan verander

Later hierdie maand gaan ons blog ‘n nuwe hoed kry, in die vorm van ‘n naamsverandering. Alles gaan dieselfde bly, so geen kommer daaroor nie, maar julle gaan die blog nie meer kan kry onder sastoriesblog nie. Vanaf 9 Augustus sal ons bekend staan as SA Skrywers & Digters.

Die SA Stories-groep op Facebook sal ook verander na SA Skrywers. Ons e-pos adres bly egter dieselfde (sastoriesblog@gmail.com) indien julle verdwaal en hulp nodig het om by ons uit te kom. Ons gaan die verandering so probeer doen dat dit niemand verontrief nie.

Van kruip na loop, ons groep word groot. Ons bedank elkeen wat die pad saam met ons stap. SA S&D Admin

name_change.jpg

Elsabe se e-pos bly elsabedebeer8@gmail.com
En Riana s’n bly rianaleroux111@gmail.com.

‘n Volle 100

Stil-stil het die blog sy 100ste lid vandag bygekry. Dis niks as mens dit met ons byna 1000 lede op Facebook vergelyk nie. Tog is 100 so mooi getal en uiteindelik het die blog van kruip opgestaan en begin loop. Die baba word nou groot. So vir elkeen wat ons getrou volg, elke dag kom inloer en vir ander vertel van ons… baie dankie. Groot dinge is net ‘n klipgooi weg so kom lees gereeld waarmee ons besig is.

SA Stories & Digters span

images.jpg