SA Stories en Digters boekbekendstelling

,

29 Julie 2017 – Hap Huis, Pretoria

Deel 1

Deur die besige strate van Pretoria ry ons al dieper en dieper, na wat lyk een van die oudste buurte in die stad kan wees. My ouma bevestig dit. Ek vermoed sy was daar toe dit gebou is, maar ek hou hierdie idee vir myself net ingeval dit nie so is. Ons stop voor ‘n plek wat lyk soos ‘n vervalle kunstenaarshuis, in ‘n area wat so stil is dat jy vergewe sal word as jy sou dink dis op die platteland. Ek stap in en soek na ‘n bekende gesig. Besef dat die klein foto’s op Facebook nie veel hier help nie. Dan gryp iemand my in ‘n stywe druk en stel haarself voor as Ria. Ek voel so verlig dat iemand my herken het dat ek haar nie wil los nie. Jy voel sommer dadelik welkom tussen vriende, al het meeste van ons mekaar nog nooit buite die kuberruim gesien nie. Die Hap-huis is enige kunssinnige siel se droom, met ‘n pragtige tuin en honderde versteekte hoekies om in te sit en kuier of skryf. Dit gons op die stoep waar ons vandag die boekbekendstelling bywoon.

DSCN3135.JPG 
Lekker kuier op die stoep
DSCN3174.JPG
Jy kan hier iets eet omring deur kuns
DSCN3175
DSCN3130.JPG
Die tafels was mooi opgemaak met 'n welkompakkie vir elkeen.
Nee, jy mag nie die boeke vat nie. Dis deel van die dekor.

 

DSCN3179.JPG
DSCN3181.JPG
DSCN3182.JPG
In hierdie gebou, heel agter in die tuin, het ek my hart verloor. 
'n Droom vir enige skrywer.
DSCN3183.JPG

DSCN3185.JPGDSCN3184.JPG

Skrywers en digters het die geleentheid gekry om hulle stories en gedigte (wat in die bundels verskyn) voor te lees. Ek het eerlikwaar nie besef hoeveel talent op ons groepe is nie. Ek het veral Kombuisluis van Elsabe Welman geniet en Simon Riekert het ‘n stem vir radio. Ons gaan verseker iets omtrent dit moet doen.

DSCN3156.JPG

DSCN3166.JPG
Al lyk Simon baie ernstig hier het hy ons almal laat lag. 
Hy kan mooi gedigte skryf en 'n gehoor laat lekker lag.

Kom loer gerus later in vir deel 2 van ons Hap-Huis kuier en nog baie foto’s.

S. du Plessis Brits

 

 

 

 

2 thoughts on “SA Stories en Digters boekbekendstelling

  1. Ronel says:

    Dit klink regtig wonderlik! Ek sien geweldig baie uit na die Kaapstad-byeenkoms!
    Ek het familie wat in Malherbestraat, Capital Park gewoon het, maar dit is baaaaie jare gelede!

Lewer kommentaar