Nuweling Wenner

AANDAG!!
Die wenner van ons nuweling-uitdaging is:
Hendrik Meyer met sy storie :

Geen oogkontak nie. As hy verstaan, sal hy dít verstaan. Ferm hande. Dominerend maar nie brutaal nie. Hy verstaan. Geen rondvroetel nie, maak jouself tuis. Hy verstaan. Vreemdelinge verstaan beter. Hoekom? Sy lyf soos ‘n masjien, pasgemaak vir haar.
Dan gebeur dit. ‘n Klippie in ‘n kalm poel. Dan ‘n baksteen, heilige ontploffing.
Vinnig omdraai. Wens die wêreld stop net hier agter my rug. Hulle soek altyd meer, die opvolg kan nie opweeg nie. Kry hom hier uit! Wat het hierdie wyfiekat huis toe aangedra? Nog ‘n vrot akkedis? Watse dier lewe in my wat net so gevoer kan word?

Geluk, Hendrik, jy wen een van ons Nostalgie-bundels wat Saterdag bekendgestel is. Inboks asb. vir my jou posadres!

Lewer kommentaar