Dryfsand

Dryfsand
vandag hier
môre daar
die lewe is tog so
onvoorspelbaar
onverklaar
dié labirint
‘n ewige soeke
na ontwykende vind
met geen vaste grond
leef ons riskant
die vraag bly waar
om menswees te plant
en wanneer jy wel vastrapplek kry
verbete klou aan hoop se rant
ontdek jy alte gou
dit was ook maar net
d
r
y
f
s a n d
©Driekie Grobler
(4/7/2017)

One thought on “Dryfsand

Lewer kommentaar