Afguns

Afguns

Waarom wil sommige
sogenaamde
self-aangestelde
slimjanne
ander altyd uitkryt?
Wat makeer so ‘n mens?

Aandag-soek
of grootheidswaan
hits die woede aan.
Spoel jou mond uit
oor ander
jy is mos koning.

Almal moet
lees en glo wat jy sê.
Jy, meneer alwetend
maak nie ‘n verskil
aan die vrede
en liefde
onder normale mense.

Besef jy of julle
dat julle
julle eie name
skade aandoen.
of maak dit nie saak
wat ander van julle dink?

Ons sal nie toelaat
dat elke slimjan
wat almal slegsê
ons vreugde
steel nie!!!

@ Elsabe de Beer 1 Julie 2017

Lewer kommentaar