SA Digters Wenners

AANDAG!!

WENNER BLINDWEES – UITDAGING 9

Daar is nou twee wenners in hierdie uitdaging!! Meer as twintig persone het ingeskryf! Almal puik gedigte. Al die gedigte sal volg Dinsdag gelees word op Rainbow Gospel Radio en oorweeg word vir ‘n moontlike bundel. Baie dankie aan almal!

Vallei Arts En Crafts – aka Hannes Snyman deel dus die eerste plek met

Salvia Ockhuis

Baie Geluk Sonja Brown

WENNER VAN PG Du Plessis uitdaging.

Baie geluk Sonja Brown, jou gedig sou selfs vir PG impress het.!!

Pieter Georg du Plessis,
Kameelpan se begin-kind
met jou taal-liefde en woord-eer
word lektor, leermeester vir ore
wat wil hoor, joernaal towenaar,
die ink in jou are gooi die nag
van Legio drama in ons skote,
en veroorsaak siel-diep denke by
verstandiges én onverstandiges,
aan-die-lippe-hang-lekkerlag
stories, regte, egte homo sapiens
ervaringe, realiteite, gevoelens.
groetnis, Plaston Seder…

©Sonja Brown

Lekker lees vir ‘n koue naweek

SKATKIS

in die hoek van my hart
net links van die waterval
kronkel ʼn grot vol skatte
en as jy mooi kyk, nee
as jy lank aanmekaar staar
sal jy sien, in werklikheid
is dit alles net –
JY

© Werner Die WoordSkilder – 16 Junie 2017

VERLANGE
hoe verlang ek vanaand na jou
ek ruik nog die shampoo in jou hare
die manier hoe jy snags lê en slaap
hoor hoe jy asemhaal

skielik tref dit my
jy is vir ewig weg
die geskree is verby

verlange speel sy eie wysie
wat binne seermaak
hoe wens ek om jou nog één keer te kan sien
selfs net aan jou arm te kan raak
Kopiereg voorbehou
16/6/2017
©Cassandra

Vir die Digters: Uitdaging 9

UITDAGING 9

Skryf ‘n gedig van maksimum 20 reëls met “Blindwees” as tema. Enige rympatroon welkom.

Die volgende woorde MOET in jou gedig voorkom:

vreugde
kleur /kleure
donker
prisma
vergeet/vergete
alleen
straf
seën

Sluitingsdatum: 17 Junie 5 uur

Riana se tip 4

TIP 4: WAT EK GEKRY HET BY SLYPSKOOL

Maniere om skrywersblok teë te werk en AAN TE HOU met skryf:

1) Neem enige voorwerp in jou onmiddellike omgewing – en skryf ‘n paar woorde neer van wat jy SIEN. Brei dan op daardie woorde uit waaraan daardie woorde jou laat dink/herinner en skryf ‘n paragraaf daaroor

2) Slaan ‘n padkaart/areakaart oop, maak jou oë toe en druk met jou pen op enige plek. Gebruik daardie pleknaam en skryf ‘n kort verhaaltjie daaroor.

3) Gefokusde vloeiskryf – kies lukraak ‘n klomp woorde uit die woordeboek en skryf ‘n saamgestelde paragraaf met die woorde as tema.

4) Kies enige tien woorde – skryf 5 aan een kant en 5 reg teenoor hulle. Nommer hulle van een tot 10. Kyk weg en kies enige twee getalle tussen een en 10 en verbind hulle. Skryf ‘n kort paragraaf oor elk van die verbinde kombinasies.

5) Soek vir jou ‘n klein houertjie vir op jou skryftafel. Soos wat jy ‘n tydjie het, skryf op klein papiertjies vir jou kort idees – bv. “Skryf ‘n storie oor = weersin, of ‘n pappot, ‘n herontmoeting ens. Wanneer jy dan later voel jy hak vas – neem een van die papiertjies en skryf ‘n kort storie oor die papiertjie wat jy uithaal.

Ons het al hierdie metodes toegepas op die skryfskool en dit was absoluut effektief. Die paragrawe wat na vore gekom het oor bv ‘n stuk geskenkpapier wat ons na moes kyk, was ongelooflik!! DIT WERK!!

Riana se tip nommer 3

TIP 3: WAT GEKRY HET BY SLYPSKOOL.

Daar is basies 8 tipe stories:

1) ‘n Fatale fout lei tot die vernietiging van jou hoofkarakter – Simson & Delila

2) Naiewe/onskuldige karakter se reis na sukses – Forrest Gump

3) Aspoestertjie se storie – Pretty Woman

4) Onskuldige slagoffer word prooi van ‘n monster – Silence of the Lambs

5) Verkoop jou siel aan die duiwel – Devils Advocate

6) Geskenk of iets kosbaars word weggeneem – probeer terugkry – Fiela se kind

7) Ou ontmoet meisie – verloor meisie – kry terug/soms nie

8) Invloed van die noodlot – Magnolia

Tips van Riana

TIP 1: WAT EK GEKRY HET BY DIE SLYPSKOOL:
As jy regtig ernstig oor jou skryfwerk is en graag eendag ‘n boek wil publiseer, MOET jy
“ON WRITING – van Stephen King” lees!!!
Die “BYBEL” vir skrywers. Dit is as PDF op die internet beskikbaar!! Jy hoef dit nie eers te koop nie!!

19113836_671124836431743_3498676457150557018_n

TIP 2: WAT EK GEKRY HET BY DIE SLYPSKOOL.
Die Uitgewers-maatskappye het almal gesê dat hulle al aan die einde van die EERSTE bladsy van ‘n manuskrip besluit of dit gepubliseer sal word – al dan nie!!
Jou eerste paragraaf/bladsy is dus van kardinale belang. Sommige manuskripte beland DAN al in die snippermandjie.
Ons gaan binnekort ‘n paar uitdagings afstaan om te oefen aan die OPENINGSBLADSY VAN ‘N ROMAN!!

Pretuitdaging 6

PRETUITDAGING 6:

‘n Brief aan die Burgemeester van jou dorp

Skryf ‘n brief aan jou plaaslike Burgemeester waarin jy kla oor die toestand van die pad – reg voor jou hek – en verduidelik die probleme wat dit veroorsaak en die stappe wat jy gaan neem indien niks daaraan gedoen word nie. Humoristies of ernstig.

Aantal woorde: 300

Sluitingsdatum: 18 Junie om 1 uur