Riana se tip 4

TIP 4: WAT EK GEKRY HET BY SLYPSKOOL

Maniere om skrywersblok teë te werk en AAN TE HOU met skryf:

1) Neem enige voorwerp in jou onmiddellike omgewing – en skryf ‘n paar woorde neer van wat jy SIEN. Brei dan op daardie woorde uit waaraan daardie woorde jou laat dink/herinner en skryf ‘n paragraaf daaroor

2) Slaan ‘n padkaart/areakaart oop, maak jou oë toe en druk met jou pen op enige plek. Gebruik daardie pleknaam en skryf ‘n kort verhaaltjie daaroor.

3) Gefokusde vloeiskryf – kies lukraak ‘n klomp woorde uit die woordeboek en skryf ‘n saamgestelde paragraaf met die woorde as tema.

4) Kies enige tien woorde – skryf 5 aan een kant en 5 reg teenoor hulle. Nommer hulle van een tot 10. Kyk weg en kies enige twee getalle tussen een en 10 en verbind hulle. Skryf ‘n kort paragraaf oor elk van die verbinde kombinasies.

5) Soek vir jou ‘n klein houertjie vir op jou skryftafel. Soos wat jy ‘n tydjie het, skryf op klein papiertjies vir jou kort idees – bv. “Skryf ‘n storie oor = weersin, of ‘n pappot, ‘n herontmoeting ens. Wanneer jy dan later voel jy hak vas – neem een van die papiertjies en skryf ‘n kort storie oor die papiertjie wat jy uithaal.

Ons het al hierdie metodes toegepas op die skryfskool en dit was absoluut effektief. Die paragrawe wat na vore gekom het oor bv ‘n stuk geskenkpapier wat ons na moes kyk, was ongelooflik!! DIT WERK!!

Lewer kommentaar