Lekker lees vir ‘n koue naweek

SKATKIS

in die hoek van my hart
net links van die waterval
kronkel ʼn grot vol skatte
en as jy mooi kyk, nee
as jy lank aanmekaar staar
sal jy sien, in werklikheid
is dit alles net –
JY

© Werner Die WoordSkilder – 16 Junie 2017

VERLANGE
hoe verlang ek vanaand na jou
ek ruik nog die shampoo in jou hare
die manier hoe jy snags lê en slaap
hoor hoe jy asemhaal

skielik tref dit my
jy is vir ewig weg
die geskree is verby

verlange speel sy eie wysie
wat binne seermaak
hoe wens ek om jou nog één keer te kan sien
selfs net aan jou arm te kan raak
Kopiereg voorbehou
16/6/2017
©Cassandra

Lewer kommentaar