Baie Geluk Annalize

WENNER UITDAGING 8

Baie geluk Annalize Booysen met hierdie pragtige huweliksbelofte. Ek sal jou kontak vir jou prys.

Troubelofte

aan jou sweer ek trou my lief
met my hart aan joune verbind
wil ek die Heer vra asseblief
skenk my hierdie engel bemind

met ons troupande as bewys
dat ek jou my lewensmaat wil maak
sal ons liefde net groter verrys
en met oneindige moontlikhede oopkraak

jy is my son, maan en sterre
sonder jou is my sterrestelsel onvolmaak
my lewe was leeg met jou in die verre
maar jy het my kom red – dis wat saak maak

ek sal jou oppas as jy nie wel voel
ek sal jou dra as jy nie meer kan loop
met knieë gebukkend gee jy my ‘n doel
jou vars briesie daarwees gee my nuwe hoop

ek wil jou koester in die kelders van my hart
en jou dit gee waarna jy smag
ek wil jou seer wegvat, al jou pyn en smart
dit belowe ek op hierdie spesiale dag

so vat vandag my hand
op ons nuwe lewens weë
so kan ek jou wys met hierdie pand
ons is altwee saam gesmee
Annalize Booysen

Lewer kommentaar