Vir P.G du Plessis

Spesiale Uitdaging oor P.G du Plessis.
Skryf ‘n kort storie oor wat P.G se werke vir jou as mens en as skrywer beteken het. Sluitingsdatum 16 Junie 13:00. Slegs 500 woorde.

Skryf ‘n kort gedig van nie meer as 16 reesl oor wat P.G du Plessis se werk vir jou as mens en digter beteken het.

PG du Plessis sterf
Die skrywer en dramaturg dr. PG du Plessis is Woensdagmiddag oorlede, het prof. Marieta Carnelley, sy dogter, gesê.
NETWERK24.COM

3 thoughts on “Vir P.G du Plessis

  1. Ilse Venter says:

    Op die nuuskantoor se muur plak hy ‘n weer
    op die ander muur n “eens” op koerantpapier
    want dis nie een woord – was PG se verweer
    op sy eie, vonkel- in-die-oog manier;

    Ek ken die man, respekteer hom as leermeester
    kyk selfs oor en oor na die skorries van Siener
    wat in hul eenvoud my totaal en al begeester.

    PG se egtheid was blatant op Mietie en Genis se stoep
    wat hy met my gedeel het, in ruil vir ‘n stuk melktert,
    maar later het die diepere letterkunde hom geroep
    gebore, n ongenooide gas – sy heel beste werk.

    Spies en Plessie het ons lekker laat lag,
    veelsydig was hy, tevrede met pen in die hand,
    Hy sou sê te moer met dit als, mens kannie wag
    die dood wag net daar agter rysmierbult se rant.

Lewer kommentaar