Tant Ina se Stampmielie Gereg – Adri Grobbelaar

Tant Ina se Stampmielie Gereg:

My tannie was soos ʼn 2de Ma vir my. Nie net was sy Ma se ewe beeld nie maar het sy nie ʼn dogter van haar eie gehad nie en my dus soort van vir haar toegeëien.
Van klein tyd af het sy vir my en sus goed gemaak. Mooi maak goed vir ons kamers, geskenkies, dekens, hangertjies ens. Sy was baie kreatief en as ek gesukkel het met iets was sy maar daar om te help. Ma het net ʼn rukkie gesukkel en moed op gegee om my te leer maar sy het ure gesukkel tot ek dit self reg gekry het.
Elke naweek as ek en Ma gaan kuier het, het ek en sy ietsie gemaak. Ons het ure gesit en deur haar resepte boeke blaai en gesels oor wat lekker is en gou ʼn resep of 2 afgeskryf.
Een naweek het sy vir my haar stampmielie gereg gemaak. Kyk ek is nie 1 wat baie lief is vir stampmielies nie want dis altyd vir my te droog of te hard of iets, maar daai Saterdag het ek vir my geëet dat ek huil omdat my maag te klein is en ek nog wil hê!
Sy het dit gewoonlik gemaak saam met braai vleis maar het ek dit al gemaak vir ʼn Sondag saam met gebak te hoender en groente.

Bestanddele:
500g Stampmielies (Samp);
250g Spek (Bacon);
250g Sampioene (Mushrooms) fyn opgesny;
1 Groot Ui (Geskil en in blokkies gesny);
1 Groen/Rooi of Geel Soet Rissie (Green/Red or Yellow Pepper);
1 x Pakkie Aartappelgebak sous (Patato bake Jy kan enige geur gebruik ek hou van Sour cream & chives of Bacon & Cheese);
500 ml Melk;
2 Eetlepels Mayonnaise;
Sout & Peper na smaak; en
1 Koppie Kaas. ( Ek meng gewoonlik Mozzarella, Cheddar en Gouda hang maar af hoe lief jy vir kaas is. Indien baie lief gooi meer kaas by ☺!)
Metode:
1. Laat jou stampmielies oornag in warm water week. Kook dan jou stampmielies tot sag. (Om dit te stoom is baie vinnige manier om hom sag te kry veral as jy soos ek bietjie vergeet om dit oornag te week.) Indien dit nog ʼn bietjie “hard” is nie moenie bekommerd wees nie want dit gaan in die oond ook nog bak.
2. Terwyl die Stampmielie kook. Braai die Ui, Spek, Rooi peper en sampioene (Ek gebruik gewoonlik lekker plaas botter of olyfolie maar jy kan gebruik wat ook al vir jou werk.)
3. Wanneer alles gaar is voorverhit ek my oond na 180º.
4. Meng dan die sous. Die aartappelgebak sous met die melk en Mayonnaise sout en peper.
5. Meng die stampmielie, spek, ui, soetrissie en sampioene. Gooi dit in ʼn gesmeer oond bak of pan. Strooi die kaas bo oor en laaste die sous. (indien die sous bietjie dik lyk kan jy nog melk byvoeg.)
6. Bak vir 35-40 min. (ek plaas gewoonlik foelie bo oor vir so 25 min en bak dan sonder foelie vir 10-15 min).

Lekker eet!

2 thoughts on “Tant Ina se Stampmielie Gereg – Adri Grobbelaar

Lewer kommentaar