Spoeg en plak stukkies nuus van die Facebook groep

Oor SA Stories se volgende bundel

Die kontreistories sal eers teen die einde van die jaar gedoen word, vir publikasie in Februarie 2018. Dus, skryf eers lekker aan julle bundels!

AANDAG – TEMA NUWE BUNDEL!!📚
Die tema vir ons volgende bundel is:
Kontrei-, platteland- en Karoostories.
Stories wat afspeel op die klein plekkies in ons land.
Maksimum 2000 woorde.
Sluitingsdatum: 30 September
Stories kan vanaf 1 Sept ge-epos word vir keuring na elsabedebeer8@gmail.com
(NIE VOOR 1 SEPT NIE ASB)
Vir bekendstelling vroeg 2018
Intussen kan julle dit op die blad plaas.
Lekker skryf!!

Baie Geluk Madre

My bundel is 99% gereed. Nou lekker met Dana gepraat hy sal my voorwoord voor einde volgende week skryf! Uiteindelik is ek ‘n skrywer en nie net ‘n “freelance columnist” vir Netwerk24 nie. Ek wil net vir Elsabe bedank dat sy my op hierdie pad gesit het. Toe Dana voorstel ek moet ‘n bundel uitreik het ek skouers opgehaal en gedink “wie gaan dit publiseer?” Maar sy het my voorgestel aan Groep 7 en vandaar het dinge net in plek geval. Dankie Elsabe!

Pretuitdaging 5

Onthou aseblief van die pretuitdaging oor die ou oom se testament. Dit is by die events geplaas!!

Riana terug skool toe

Ons wens vir Riana groot vreugde toe met haar slypskool van die ATKV in Potchefstroom hierdie week. Geniet elke oomblik, Riana, en kom vertel ons ‘n bietjie van wat jy geleer het.

Vir die wat gekies is om deel te neem

Ek verduidelik nou weer hier baie mooi. As jou naam by die kompetisie vir die kortverhaal bundel gekies is, moet jy 15 stories gereed he, en op 1 September vir ons net 3 van die 15 e-pos vir keuring. Ek dink julle moet julle stories heilig bewaar in hierdie proses. Ons wil asseblief indien enigsins moontlik, nuwe werke ontvang wat nog nooit gepubliseer is nie, eintlik ook nog nie op facebook nie, dit is dan gepubliseer. Sterkte en geniet dit!!

SA STORIES/DIGTERS in samewerking met GROEP 7 UITGEWERS en SA VRYSKUTSKRYWERS bied aan:

SELFPUBLIKASIE KOMPETISIE – Junie 2017

Dit is met GROOT opgewondenheid dat ons hierdie, ses–maandelikse kompetisie op ons twee blaaie aankondig!! Die geleentheid vir ons lede om hul eie KORTVERHAAL-/DIGBUNDEL te publiseer!!

REëLS:

1) Die kompetisie sal twee maal per jaar op albei blaaie aangebied word.

2) 1 Wenner en 2 naaswenners op elke blad

3) Wenner word die volgende aangebied:

– Jou eie kortverhaal-/digbundel gepubliseer deur Groep 7 Uitgewers.
– 15 Kortverhale of 80 Gedigte per bundel.
– Onder die titel van jou keuse.
– Gratis voorbladontwerp, bladuitleg, ISBN nr, en ook verspreiding op aanlyn winkel – geborg deur Groep 7 Uitgewers.
– 50 Gratis bundels elk – om te verkoop/versprei vir jou eie winste.
– Gratis proeflees deur Leoni Benghiat– Geborg deur SA Vryskutskrywers en ook advertering van jou bundel op haar relevante aanlyn-bladsye.
– Boekbekendstelling saam met SA Stories/Digters se boekbekendstellings en blootstelling op ons blog en Facebook bladsye.

4) 2 Naaswenners kry presies dieselfde – behalwe elkeen slegs 10 gratis
bundels elk.

5) Enige verdere bestellings kan daarna deur die wenners by Groep 7 gemaak
word teen R50@ bundel, of bepaal soos deur Groep 7.

6) Beoordeling van wenners/naaswenners sal gemaak word deur Riana le
Roux, Elsabe de Beer en Leoni Benghiat.

7) Die EERSTE 20 lede wat in “comments” ‘n JA plaas, kom in aanmerking vir hierdie wonderlike geleentheid. Wees net egter seker dat jy genoeg kortverhale/gedigte sal hê vir jou bundel teen die sluitingsdatum.

8) ‘n Inskrywingsfooi van R100 MOET teen 1 Julie 2017 betaal word deur elk van die 20 lede wat hul name geplaas het – anders verbeur jy jou plek en word ander lede kans gegee. Die bankdetails sal persoonlik aan die betrokke lede verskaf word.

9) Die sluitingsdatum vir die voorlê van 3 Kortverhale en 5 Gedigte vir beoordeling is vanaf 1 September tot 7 September. Dit sal deelnemers na ons e-pos.

10) Die wenner en naaswenners sal aangekondig word op die blaaie op Maandag 17 September 2017

11) Daarna sal die wenner/naaswenners al hul kortverhale en gedigte moet stuur vir proeflesing, bladuitleg ens.- wat deur Groep 7 en SA Vryskutskrywers hanteer sal word.

12) Die bundels word vroeg in 2018 saam met ons volgende SA Stories/Digters bundels by ‘n boekbekendstellingsfunksie bekendgestel.

13) Die beoordeling van die inskrywings gaan streng toegepas word op die kwaliteit van die skryf/digwerk en sal veral ook op taalversorging/spelling gekeur word.

14) Jou inskrywing moet vergesel word van jou bundel se TITEL, asook ‘n lokteks, ‘n foto en beskrywing van jouself.

15) Die wenners en naaswenners mag daarna (vir een rondte), nie weer aan die kompetisie deelneem nie, om so veel moontlik van ons lede ‘n kans te gee.

Hierdie is ‘n fantasiese geleentheid wat julle nie moet misloop nie!
ONS IS BAIE OPGEWONDE OM HIERDIE PAD SAAM MET JULLE TE STAP!

 

 

Lewer kommentaar